Uitnodiging: FilosofieKafee – Die enigmatiese verbintenis van die romankuns en die filosofie

  • 0

Die enigmatiese verbintenis van die romankuns en die filosofie
Spreker: Charl-Pierre Naudé

Het die roman enigiets vir die filosofie te sê? Het die filosofie iets vir die roman te sê? Is daar iets soos ’n filosofiese roman? Hoe verskil ’n roman wat ’n filosofiese onderbou het van ’n roman wat filosofiese implikasies het?

So pas het ’n sogenaamde “filosofiese” romansier, László Krasznahorkai, wat in Hongaars skryf, die Nobelprys vir Letterkunde gekry.

Ek wil ’n oorsigtelike blik gee oor hierdie enigmatiese kreatiewe verbintenis. Eintlik gaan dit oor meer as die roman, naamlik die uitbeeldingskunste in die algemeen, waarvan die film en die gedig ook voorbeelde is. Ek gaan enkele kunsprodukte se intense verstrengeling met die filosofie bespreek: JM Coetzee se roman Disgrace, Krasznahorkai se dramafilm The Turin horse (met die ooglopende toespeling op Nietzsche), en die gedig “Die kerk” van Kavafis.

Datum: Vrydag 7 November 2025
Tyd: 18:00–21:00
Plek: ATKV Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington
Bespreek asb by Lamé +27828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
Toegang: R150 pp (sluit ’n verwelkomingsdrankie in)

Betaal asb met die datum W05/09 en jou naam by hierdie portaal: http://pay.yoco.com/filosofiekafee.

Iedereen is welkom!
Besoek https://filosofiekafee.blogspot.com vir nog inligting.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top