Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Trick or treat? Besinnings oor Halloween-histerie

Hermione le Roux-Ellis Menings 2025-10-28

"Die vrees vir Halloween het ook saam met die kultuurinvloed gekom uit Amerika. Gruwelfilms en die invloed van Amerikaanse predikers het nie Halloween noodwendig die beste reputasie gegee nie."

Nuwe bywerkings! Volksblad-joernaliste ook outeurs van ’n magdom boeke

Herman le Roux Menings 2025-10-28

"Joernaliste van Volksblad het dalk as ’n stokperdjie of later as beroep, meer boeke geskryf as redaksielede van enige ander koerant in Suid-Afrika – of selfs in die wêreld!" Kyk na hierdie bygewerkte lys van skrywers en boeke.

’n Dag vol hoop en liefde

Hermione le Roux-Ellis Menings 2025-10-27

"'Gaan jy iets vir LitNet skryf oor die troue?' 'Nee. Waarom?' 'Want jou ouers ondersteun jou onvoorwaardelik?'"

Agterstories: Die bababoete: gelykheid het sy prys

Johan Fourie Rubrieke 2025-10-23

"Ek noem dit sommer die bababoete – die ekonomiese prys van ouerskap."

Die juiste betekenis

Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2025-10-23

"Hoe sê mens hierdie dinge in enige ander taal in min of meer dieselfde aantal woorde, en met behoud van metrum en gevoelslading? Nugter alleen weet."

Breyten Breytenbach (1939–2024)

Denis Hirson Books and writers 2025-10-23

"Breyten Breytenbach is of virtually unparalleled stature in South Africa’s contemporary Afrikaans-language literary landscape."

Die Lasarus-effek: Emily Hobhouse

Jannie Pretorius Visueel 2025-10-23

"’n Mens hoef min oor Emily Hobhouse te sê, want sy is bekend genoeg. Die bygaande foto, waarvan die swart-en-wit weergawe in haar Boer War Letters gepubliseer is, is só fantasties deur Gemini getransformeer dat dit byna sonder enige bykomende inligting geplaas kon word."

Uitnodiging: Marianne Thamm lewer PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid

PEN Afrikaans Menings 2025-10-23

Belangstellendes is hartlik welkom. Bywoning is gratis.

Die Lasarus-effek: Frederik L Rothmann

Jannie Pretorius Visueel 2025-10-23

"Rothmann se dagboek, in keurige taal geskryf, bevat heelwat juwele. So vertel hy van vyf burgers sonder perde wat een oggend vroeg die Engelse gaan voorlê om perde te bekom."

Is Ozempic die wonderkuur?

Freek Robinson, Helmuth Reuter LitNetKanaal op YouTube 2025-10-22

Die media gons oor Ozempic, maar werk dit regtig? Waarom is Hollywood so verlief op die middel? Wat is die nadele, indien eniges? Dit is die vrae wat Freek Robinson aan die mediese spesialis Helmuth Reuter stel.

Die eenvoudige verskille tussen goeie en swak munisipaliteite

Eugene Brink Menings 2025-10-21

"Deurlopende werk maak ook ligte werk. Dit is baie makliker en goedkoper om weekliks korterige gras te sny en deurgaans klein slaggate te herstel as om later groot skadebeheer toe te pas. Identifiseer prioriteite, skep ’n roetine van instandhouding en werk en hou dan daarby."

In memoriam: Kevin Athol Ehrenreich

Cecil Morden In memoriam 2025-10-21

"Na ’n suksesvolle en soms opdraande pad as kunstenaar het Kevin die tydelike met die ewige verwissel op 20 September 2025. Hy word oorleef deur twee sibbe, sy vrou, twee seuns, twee dogters en ses kleinkinders, met nog een op pad. Hy het sy droom uitgeleef, sy familie omarm, die gemeenskap gedien en was ’n vriend, voorbeeld en mentor vir baie."

Springmielies: Die entrepreneurskap van werkloses

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2025-10-21

"Wat is die lewensiklus van weggooigoed? Die reïnkarnasie van rommel? Ek het onlangs twee vullisverwerkers sien baklei oor ’n betrokke straat se afval en wie se grondgebied dit is. Dit is nie vuurwapens, geld of dwelms waarmee daar gehandel word nie – dit is herwinbare rommel. En dít bied ’n tragiese blik op ons land se wankelende ekonomie."

A vocal start in the build-up to the 2026 municipal elections: President Ramaphosa and mayor Geordin Hill-Lewis up the ante

Chris Heymans Opinion 2025-10-20

"These issues are not unique to Johannesburg, Cape Town and the other big cities (metros), but are very relevant in all municipalities."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Waar staan ons in die hof? – ’n regstelsel in tweespalt

Jean Oosthuizen Menings 2025-10-17

"Maar dit laat weer eens die vraag ontstaan: Wanneer is pragmatisme geregverdig en wanneer word dit ’n verskoning vir ongelykheid?"

Sal Unite for Change kan saamwerk?

Freek Robinson, Theo Venter Onderhoude 2025-10-16

Unite for Change is ’n nuwe politieke party nadat Good, Rise Mzansi en Build One South Africa (Bosa) besluit het om saam te werk. Tans het die drie partye gesamentlik ongeveer 1% van die kieserstem. Freek Robinson vra vir Theo Venter of die nuwe groep se leiers sal kan saamwerk en dalk selfs hulle steun sal kan laat styg.

Toyota Stellenbosch Woordfees: NGV en die toekoms van private mediese sorg

Jean Oosthuizen Menings 2025-10-16

"In ’n diskoersgesprek aangebied deur Netwerk24 het politieke ontleder Theo Venter, joernalis Fienie Grobler en Mediclinic se uitvoerende hoof Braam Jonker die NGV ontleed met ’n eerlikheid wat selde in parlementêre komitees gehoor word. Die NGV bly ’n voortdurende bron van spanning binne die koalisie in die regering van nasionale eenheid (RNE). Terwyl dit belowe om universele gesondheidsorg te bring, dreig dit om die private sektor te ontwrig. Die vraag is of die NGV die regte voorskrif vir die RNE se langtermyn oorlewing is, of eerder ’n pil wat moeilik is om te sluk? En waar laat dit mediese skemas, versekering en hul bekommerde lede in die tussentyd?"

Dinkskrum: Gedagtes oor skrywers se voedingswaarde vir die siel

Jason Lloyd Rubrieke 2025-10-16

"Skrywers voed hul eie siele deur ervarings soos lees, navorsing, luister en verbinding met die natuur, wat hulle van die roumateriaal vir hul skryfwerk voorsien. Hulle voed ook hul siele deur die skryfwerk self, en gebruik dit as ’n manier om emosies te verwerk, van trauma te genees en met hul intuïsie te skakel."

Op dees aarde: Tylenol en ander aanslae op vroue se besluite oor hul eie liggame

Elsabé Brits Rubrieke 2025-10-16

"Van ál die medikasie op aarde, het Robert Kennedy Jr, die minister van gesondheid in Amerika, besluit om ’n aanslag te voer op Tylenol (asetaminofeen); hier by ons beter bekend as Panado. Maar die gekkigheid is net een van die aanslae op vroue se besluite oor hulle eie liggame."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Wat beteken IK in die tyd van KI?

Jean Oosthuizen Menings 2025-10-16

"Kritiese denke, nie net KI nie, moet die kern van onderwys bly. Só lui die sentrale boodskap van ’n lewendige paneelgesprek ('KI in die klaskamer') van die Netwerk24-gespreksreeks waar kenners en opvoeders die impak van KI op leer en onderrig bespreek het."

Top