Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Praatjie oor Vlam in die sneeu: U3A Hermanus, 21 Augustus 2017

Francis Galloway Boeke en skrywers 2025-12-04

"Wees goedgesind teenoor Jonker en Brink, die jong geliefdes, en bring hulle so terug in die lewe sonder om hulle in te boks in vooroordele of bespiegeling."

Temba en sy Proteas op die wenpad, maar nog werk lê voor

Chris Heymans Menings 2025-12-04

"En daar vee Suid-Afrika se krieket-Proteas nou die dag vir Indië skoon uit die pad met ’n oortuigende oorwinning in die veels te kort reeks van twee vyfdag-toetse, nogal in Indië – een van die moeilikste plekke vir besoekende spanne om in te wen."

Die Lasarus-effek: Deneys Reitz (1882–1944)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-03

"Deneys Reitz se Commando: A journal of the Boer War, wat in 1929 gepubliseer is (in 1930 in Afrikaans), word wêreldwyd as een van die indringendste en lewendigste ooggetuieverslae van die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) beskou."

Audi alteram partem – hoor die ander party

Anschen Conradie, Izak de Vries LitNet25-skrywersberaad 2025-12-03

Anschen Conradie het Saterdag 29 November 2025, as ’n spesiale Koker-toekenning, ’n erepenning van die Afrikaanse Taalraad ontvang. In Julie 2025 het Conradie opgetree by die Etienne van Heerden Veldsoiree as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad, waar Izak de Vries en lede van die gehoor haar uitgevra het oor haar liefde vir boeke en haar enorme bydrae tot die bemarking van lees.

 

Die Lasarus-effek: Thomas Ochse Honiball (1905–1990)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-03

"TO Honiball was ’n baanbreker en ’n reus in die Afrikaanse kultuur en kuns, en was veral bekend vir sy ikoniese strokiesprente. Hy is in Cradock, Oos-Kaap, gebore, en sy liefde vir tekenkuns het reeds toe hy ’n jong seun was, in Stellenbosch begin, waar hy op vaal, plat koshuisgrond met ’n stok sketse gemaak het."

TT Cloete-gedenklesing: Hokkies, hoekies, allerlei brille en paradigmas – TT Cloete en sy lesers

Marius Crous Seminare en essays 2025-12-02

"Die titel van hierdie lesing ontleen ek aan ’n opmerking wat TT Cloete maak in Die ander een is ek (2013), ’n boek wat ek besonder waardeer, omdat dit digters en hulle eksentrieke gewoontes so normaal laat lyk."

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2025-12-01

"Toe Chris Louw 25 jaar gelede in Mei 2000 sy beroemde ope brief 'Boetman is die bliksem in' laat publiseer, het hy waarskynlik nie besef sy woorde sou ’n nasleep hê wat met elke nuwe Afrikaner-identiteitskrisis weer opklink nie."

Brief en repliek: Beeldvorming van (Suid-) Afrikaanse digters in die Lae Lande

Alwyn Roux, Yves T'Sjoen LitNet25-skrywersberaad 2025-11-27

Roux se lesingnotas het die vorm van ’n reeks briewe tussen hom en Yves T’Sjoen aangeneem. Roux sou vrae en probleme opper. T’Sjoen sou daarop antwoord. In hierdie lesing, gelewer tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée, belig Roux die gesprekke wat tussen hom, T’Sjoen, hulle studente en ’n aantal deelnemende digters gevoer is.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: oor verdiepende samewerking in die Afrikaanse wêreld – gedagtes na aanleiding van Kaapse Forum se derde Hoeriekwaggo-beraad

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-11-27

"Daar kan sekerlik talle redes vir hierdie groeiende onderlinge begrip uitgewys word, waarvan onder meer die volgende: die moeite wat die Afrikaanse media doen om die wel en wee van alle Afrikaanstaliges te belig; die rol wat die kunste speel om onderlinge begrip en versoening aan te help; inisiatiewe vir bemagtiging onder bruin Afrikaanstaliges deur tradisioneel oorwegend wit instansies soos AfriForum, Solidariteit en die Dagbreek-trust; en die tallose gesprekke en inisiatiewe oor die afgelope twee dekades en meer onder die vaandel van die ATR en die Afrikaanse Taalmonument."

Die Lasarus-effek: DF Malherbe (1881–1969)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-26

"Daniël François Malherbe was ’n kolos in die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Hy is in 1881 gebore en was as skoolseun al geesdriftig oor Afrikaans, en het toe reeds ’n taalkongres in die Paarl bygewoon. Hy was ook tydgenoot van Totius en AG Visser en hulle het saam gretig vir die poskar gewag om Di Patriot en Ons Klyntji te ontvang."

Die Lasarus-effek: Anna M Louw (1912–2003)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-26

"Anna M Louw is een van Afrikaans se belangrikste prosaïste, ’n 'eenloper' wat geweier het om deel van enige literêre beweging te wees."

Nuwe digitale argief maak kultuurerfenis toeganklik vir almal

Maryke Roberts Menings 2025-11-26

 "Ons wil die grootste digitale argief van Afrikaanse materiaal skep, vir die toekoms bewaar en dit beskikbaar stel vir navorsing, kreatiewe projekte en nuuskieriges. ... Dit sluit in die nuusmedia, uitvoerende kunste, beeldende kunste, televisie- en filmmateriaal, familiestambome, kerkgeskiedenis en landbou." Maandagaand is die bekendstelling van Nuuseum – ’n aanlyn platform sonder winsbejag wat voortdurend bygewerk sal word – op Stellenbosch bekend gestel. Maryke Roberts lewer verslag.

Elders gesien: ’n nuwe gedrukte Afrikaanse koerant in die Noorde

Francois Bekker Menings 2025-11-26

"Barnard Beukman se visie en waagmoed verdien erkenning. Dit gaan nie maklik wees nie. Daar is egter ’n enorme leemte wat gevul kan word. So ja, die potensiaal is daar."

Universiteit of ambag vir skoolverlaters? ’n Onderhoud met Sonja Squires

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-11-26

"Die stigma aan alles wat nie universiteitsgebore is nie, moet ons afskud. Die wêreld is veel groter as akademie. ... Suid-Afrika het ’n tekort van meer as 10 000 ambagspersone en wêreldwyd sit groot lande ook met soortgelyke tekorte – die wêreld is eintlik jou oester as jy in ’n ambag wil kwalifiseer, en boonop kan jy ’n kans kry om oorsee te reis."

Elders gesien: Indrukke van die Afri-Saam-projek

Larry Varrie Menings 2025-11-25

"Ek loop weg met meer hoop. Meer fokus. Meer werk om te doen. Hierdie gesprek gaan aan. En ek is deel van waar Suid-Afrika sy volgende fase begin."

Persverklaring: Freek Robinson tree finaal uit die aktiewe joernalistiek

LitNet Menings 2025-11-24

In die besonder wil hy dankie sê aan derduisende kykers, luisteraars en lesers vir dekades se ondersteuning en bereidwilligheid om hul stories met hom te deel. Selfs nou nog sal mense hom voorkeer om te groet en praatjies te maak.

Wat sê Bettina? Hoe beïnvloed Steenhuisen se persoonlike finansies die DA?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-11-24

"Daar is geen bewyse dat Steenhuisen korrupsie gepleeg het nie, maar die bestuur van sy persoonlike finansies laat vraagtekens ontstaan oor sy bestuur van die party."

AI podcast | KI-kortluister: "Rooibostee, awê en oepsies"

Menán van Heerden Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2025-11-24

Listen to a concise overview of Afrikaans content presented in the form of a podcast-style discussion by (American) AI hosts. | Luister na ’n baie kort oorsig van Afrikaanse inhoud in die vorm van ’n podsendinggesprek deur Amerikaanse KI-aanbieders. 

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Trump, die Weste en "die res van die wêreld"

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-11-24

"Ons staan slegs aan die begin van die katastrofe. Ons nader ’n kantelpunt waarna die uiteindelike gevolge van die nederlaag sal ontvou."

Méér as feestale: denkarbeid in ons moedertale

Hercules Boshoff Universiteitseminaar | University Seminar 2025-11-24

"Die troos wat gegee word dat Afrikaans gedy omdat daar feeste gereël word en letterkunde bestaan, is nie goed genoeg nie, en getuig voorts van ’n verkleutering van moedertale as bron van nostalgie en vermaak, verbruikersitems, en as naelstring wat geknip word sodra die vakansie verby is en die universiteit weer voortgaan met Engels, die taal van die kop (capitas), die taal van die kapitaal."

Top