
Tema: Watter rol speel erekodes in samelewings?
Spreker: Marthie Momberg
Sosiale gebruike wat eens lank as aanvaarbaar, of selfs eerbaar, beskou is (dink aan slawehandel en Britse tweegevegte) verdwyn soms vinnig – selfs binne een geslag. Sulke praktyke word dan raakgesien as belaglik of as verregaande onregte. In terugskouing vra ’n mens saam met Kwame Anthony Appiah – wat het ons besiel? Hoe kon ons dit vir soveel jare toelaat? Sistemiese onreg verdwyn egter nie omdat dit skielik as onpraktiese, oudmodiese, of immorele praktyke herken word nie. Waarom dan? Kom gesels saam oor erekodes en morele revolusie in die konteks van Israel, die Palestyne en die rol van die wêreldgemeenskap.
Marthie Momberg het nagraadse kwalifikasies in teologie, letterkunde en onderwys, waaronder ’n doktorsgraad in teologie. Een van haar primêre fokusgebiede is die Israel-Palestina kwessie nadat sy in 2011 namens die Wêreldraad van Kerke menseregteskendings in Israel en Palestina gemoniteer het. Sy probeer tans genoeg tyd kry vir vars lug en skilder, maar dien steeds op nasionale en internasionale liggame en lewer gereeld kommentaar in plaaslike en internasionale media. Haar akademiese bydraes asook haar vroeëre professionele bydraes in die korporatiewe sektor is verskeie kere bekroon.
Iedereen is welkom!
Datum: Vrydag 8 Mei 2026
Tyd: 18:00 tot 21:00
Plek: ATKV Bôrdienghuis Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington
Bespreek asb by Lamé: +27828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za
Toegang: R150 pp (sluit ’n verwelkomingsdrankie in)
Betaal asb met die datum W08/05 en jou naam by hierdie portaal: http://pay.yoco.com/filosofiekafee.

