Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Afrikaans: die taal van Afrika en die Afrikaner as ’n "African" – erkenning vanuit ’n onverwagse oord

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-01-30

"Die groot Suid-Afrikaanse tragedie is dat Afrikaans nie as ’n inheemse taal erken word nie. Afrikaans word gekortwiek om sy plek langs ander Afrikatale in te neem. Dit alles is ’n somtotaal van die ideologiese benadering tot die onderwyssisteem. Daarvolgens is Engels die taal van onderwys en die staatsdiens in die algemeen en is ’n groot bydraende faktor tot die swak prestasies in die onderwys."

Ons definisies perk ons in: oor Afrikanerskap, identiteit en politieke lojaliteit

Riku Lätti SêNet-briewe 2026-01-29

"’n Definisie is uiteindelik net ’n baadjie wat jy kan aan- of uittrek, soos dit jou pas, of as dit jou nie pas nie."

Press release: Join us on the 3 February for this year’s FW de Klerk Foundation Annual Conference

LitNet Opinion 2026-01-29

Under the theme "Local Government Elections 2026 – Chances & Challenges for Municipalities to Fulfil their Constitutional Mandate" the event will explore key institutional, administrative and political dimensions of local governance ahead of the 2026 local elections.

Quo vadis, Tweederivier, oftewel: Lourensrivier?

Handré Brand Seminare en essays 2026-01-29

"Die Lourensrivier het aanvanklik as die Tweederivier bekendgestaan. ... Die hoofgevolgtrekking kom daarop neer dat toekomstige holistiese, multidissiplinêre bestuur met betrekking tot die Lourensrivier vanaf oorsprong tot by die monding ’n absoluut noodsaaklike voorvereiste is."

Wat beteken die "nosel" van "onnosel"?

Gert van Jaarsveld Menings 2026-01-29

"Semanties gesien is on- baie interessant. Alhoewel dit meestal geparafraseer kan word met nie, werk dit nie so in onnosel nie. Die on- in onnosel beteken nie 'nie' nie."

Afrikaner

Johann Uys SêNet-briewe 2026-01-28

"Deesdae blyk dit dat ’n klein minderheidsgroep Suid-Afrikaners ter uitsluiting van alle ander vir hulle hierdie naam toegeëien het."

Elders gesien: Waarom versterk die rand teenoor die dollar?

Christo van der Rheede Menings 2026-01-28

"Dit is ’n fundamentele ekonomiese beginsel: Wanneer die Amerikaanse Federale Reserweraad rentekoersverlagings aandui, bevoordeel die rentekoersverskil opkomende markte soos Suid-Afrika."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Verset teen hierdie era – oor Paul Kingsnorth se Against the machine, on the unmaking of humanity

Johann Rossouw Seminare en essays 2026-01-28

"Against the machine is, om die minste te sê, ’n ambisieuse boek waarin geen doekies oor die Westerse moderniteit omgedraai word nie: Kingsnorth beskryf homself byvoorbeeld onbeskroomd as anti-modern en ’n reaksionêre radikaal ..."

Springmielies: Die Kirks – die donker narratiewe van samesweringsteorieë

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2026-01-27

"Ek het geen affiniteit of vooroordeel jeens die Kirks nie, maar wat my interesseer, is die narratief van donkerwordende conspiracy theories wat waarskynlik ’n weerspieëling van die zeitgeist is waarin ons leef – en die skadu wat oor Amerikaanse politiek en globale wêreldgebeure hang."

Kinder- en jeugliteratuurskryfskool 2026 by die Breytenbach Galery: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Anne-Ghrett Erasmus, Mia Oosthuizen Kinderboeke 2026-01-22

"Ek sê altyd: Kinderboeke is nie kinderspeletjies nie, maar met hierdie kursus kan jy jou drome vlerke gee. En boonop is dit vreeslik baie pret!"

Die verskil tussen godsdiens en spiritualiteit

Koos Kombuis Menings 2026-01-21

"Die erkentenis van my eie onkunde en my onvermoë om my geloof eksak te definieer het veral een voordeel: Dit dryf my tot by daardie sfeer waar ek geneig is om te glo soos ’n kind eerder as soos ’n teoloog of ’n siniese grootmens."

Wat sê Bettina? Trump teen die EU – is Groenland se kool die sous werd?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2026-01-21

"Groenland is nominaal onder Deense beheer, alhoewel hulle onafhanklik is en selfbeskikking toepas. Enige aanval teen Groenland moet outomaties ook as ’n aanval teen Denemarke gesien word. Denemarke is een van Amerika se grootste bondgenote en het met elke oorlog sedert die Tweede Wêreldoorlog sy aan sy met Amerika geveg."

Is 2026 the new 1989?

David Willers Opinion 2026-01-20

"The main point is that it is exactly the sort of potential crisis that may explode, as the impression gains ground that the rules-based system under the UN and other bodies is impotent and toothless."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die VSA en Venezuela – wanorde of orde?

Johann Rossouw Seminare en essays 2026-01-16

"Feitlik enigiemand wat hierdie opstel lees, is waarskynlik gewoond aan die sogenaamde reëlgebaseerde wêreldorde. Baie van ons sal graag so ’n orde wil sien. Feit is egter dat so ’n orde afhang van die mate waartoe die grootmoondhede van die wêreld op ’n gegewe tyd mekaar se invloed balanseer al dan nie."

Die Lasarus-effek: Hester Heese (1911–1992)

Jannie Pretorius Visueel 2026-01-15

"Hester Heese (nooiensvan De Swardt) is op 26 Oktober 1911 in Kuilsrivier naby Kaapstad gebore en was een van sewe kinders. Na haar opleiding as kindertuinonderwyseres het sy onderwys gegee op Upington en later in Kaapstad. In 1937 trou sy met Karl Heese en uit die huwelik is vyf kinders gebore. As pastoriemoeder van verskeie NGK-gemeentes het sy aktief aan gemeenskapsaktiwiteite deelgeneem."

Die Lasarus-effek: Tryna du Toit (1910–2005)

Jannie Pretorius Visueel 2026-01-15

"Catherina Charlotte Kotzenberg, wat die skuilnaam Tryna du Toit gebruik het, is op 13 Januarie 1910 op De Aar gebore en het ’n merkwaardige loopbaan as Afrikaanse skrywer gehad. Na haar opleiding as onderwyseres het sy in 1932 met Wilhelm Kotzenberg in die huwelik getree en hulle het drie kinders gehad. Tydens haar huwelik was sy eers voltyds huisvrou voordat sy voltyds begin skryf het."

Robert Sobukwe: die vergete leier van die struggle

Danie van Wyk Seminare en essays 2026-01-15

"Sy teenstanders wou sy stem uitwis, maar kon nie daarin slaag nie."

Dinkskrum: Intellektuele intimiteit in moderne tye

Jason Lloyd Rubrieke 2026-01-14

"Die kernprobleem is nie dat mense bloot 'te sensitief' is nie, of dat intelligente mense onder die aanval is nie, maar dat openbare en private gesprekke toenemend deur vrees gevorm word – vrees vir aanstoot, teenreaksie, waninterpretasie en sosiale straf. Hierdie vrees ondermyn intellektuele intimiteit deur nuuskierigheid, meningsverskil en diepte te ontmoedig."

Wat sê Bettina? Watersekuriteit in 2026

Bettina Wyngaard Rubrieke 2026-01-12

"In 2018 kon Dag Zero vermy word, omdat daar grootskaalse inkoop in waterdissipline was. Ons sal vanjaar dieselfde moet doen as ons hoop om strenger waterbeperkings, of nog erger, leë krane te vermy."

Afrikanerskap teenoor Suid-Afrikanerskap?

Wannie Carstens, Louise du Toit Menings 2026-01-09

"Uiteindelik is die (wit) Afrikaanse gemeenskap intern uiteenlopend: Sommige stel sterk belang in Afrikanerskap as primêre politieke affiliasie; ander vier Afrikanerskap, maar vind hul politieke heil in ’n groter demokratiese land en multikulturele nasie; en nog ander skuif weg van Afrikanerskap juis omdat dit vir hulle eksklusief klink, en kies eerder Afrikaanssprekende Suid-Afrikanerskap."

Top