
Skets deur FREEPNGSVG van Pixabay
Een van my getroue man cave pelle stuur vir my ’n uitknipsel wat sy pa in sý plekkie teen die muur het: “Two-try Province grinds Blue Bulls into turf”. Dit was na ’n eindstryd op Nuweland in die glorieryke ou Currybekerdae.
En daar is die (Blue) Bulls al weer opeenvolgend in Cro(a)ke Park se turf ingegrind.
Dit is mos bewys dat die vorige coach, wat na ’n opmerking summier gefire is, wragtig reg was.
Wonder of die huidige coach ’n opmerking of twee soortgelyk daaraan gaan waag.
Elkeen van ons man cave garde stem saam: Ons voorkeurspanne is die Bokke, Stormers en alle ander wat teen die Bulls uitdraf, in daardie volgorde.
Ons is dit ook eens: Die (blou) “Bulle” kan, soos kalfies, maar net nie weg van die huis af regkom nie.
G’n wonder ook dat net die “Bulle” se familielede op Loftus opdaag nie.
Boonop kom Rassie-hulle die naweek reg sonder die 11 “Springbokke” wat op Cro(a)ke Park was.
Dit was ’n ongemaklikheid om te aanskou hoe die rugbybal op die Bulle se befaamde nommer 10 se skouers ronddobber. Ai, ai.


Kommentaar
Die groot probleem is die denkwyse oor die spel. Ons SA spanne is nog te veel geneig om alles voor hulle te wil platvee. As dit werk, werk dit goed. Maar teen spanne wat hierdie taktiek in die kiem smoor, is ons spanne verlore. Die Springbokke het die bloudruk nou reg: Kragspel is nie weggegooi nie, inteendeel: Ons vaste fasette is sterker as ooit. Maar dit word gekombineer met die vernuf, kreatiwiteit, spoed en die benutting van spasie agter. Solank as wat spanne egter ook daarop fokus om te verseker dat sommige spelers 'n goeie pensioen kan kom verdien (in plaas daarvan om jonger, talentvolle spelers te identifiseer en te ontwikkel), sal nie net die Bulle nie, maar elke SA span (behalwe die Bokke), altyd 'n bitter slegte kans staan om 'n titel weg van die huis af te wen.
Sal nooit wen as die vaste ses nie domineer nie.