Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Polemiek: ’n Smaakmaker sonder smaak vir boeke?
2026-03-03"As ons nie die verskil tussen selfverheerliking en gemeenskapsverryking kan uitwys nie, dan is die krake nie net in die porselein nie – dit is in ons literêre gewete."
Oproep om referate: Inter-Breyten – Breytenbach in Konteks
2026-03-03Die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika nooi met graagte voorleggings uit vir ’n tweedaagse konferensie oor Breytenbach in Konteks, wat op 26–27 November 2026 in Gent sal plaasvind.
Oorreageer ek dalk?
2026-03-03"Daar is organisasies wat baie graag in Suid-Afrika sulke wette sou wou implementeer. Dit sal klein begin met wetgewing soortgelyk aan dit wat nou in Kansas van krag is. Dan brei dit uit en voor jy jou oë uitvee, leef jy in Gilead."
Wyngaard Weekliks: Het die president te veel mag?
2026-03-03In hierdie eerste video-aflewering van Wyngaard Weekliks bespreek Heindrich Wyngaard die oënskynlik toenemende verplasing van ministeriële funksies na die Presidensie. Sy gaste is die politieke kommentators Pieter Duvenhage en Oscar van Heerden.
Adam & Jakes: Wie is vandag hul gespreksgenote in Afrikaans?
2026-03-03"Die oorsprong van hierdie praatjie [soos gelewer by die Adam Small-fees 2026] is ’n onvoltooide manuskrip, getiteld 'In begrypende vriendskap', met die subtitel 'Adam Small & Jakes Gerwel: gespreksgenote in en oor Afrikaans'."
Aan Anderson Cooper: Dit bly ’n betwiste vraag
2026-03-02"As Malema en sy ondersteuners hoop om die 34 000 wit voedselproduserende boere wat nog op Suid-Afrikaanse plase oor is, te intimideer, en hulle slaag daarin, sal alle Suid-Afrikaners ’n mensgemaakte hongersnood moet verduur. Ons sal ons eie Holodomor hê!"
Netwerk24 se Smaakmaker van die Jaar 2026: ’n onderhoud met Anro Schutte
2026-03-02"Vir my is ’n smaakmaker nie net iemand wat sê 'koop hierdie boek' nie. Dis iemand wat konteks gee. Wat gesprek begin. Wat ’n brug bou tussen skrywer en leser. Dis nie oor hype nie, dis oor eerlike aanbeveling en betekenisvolle gesprek."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die mistiese aanskouing van die geheel – oor Jan van Aken se Die ommegang
2026-03-02"Die ommegang speel af in die laat 1300’s en vroeë 1400’s, oftewel in Europa se laat-Middeleeue, wat ’n tyd was waartydens die eerste beroeringe voorkom wat uiteindelik die weg sou baan vir die oorgang vanaf die tradisionele wêreld na die moderniteit – ’n soort samelewing wat vanaf aanvang in die 1500’s tot vandag intens omstrede is."
Met ’n diepe verlange – herinneringe aan ’n vervloë lewe
2026-02-27Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël plaasgevind. Hein Willemse het ’n lesing op Vrydag 20 Februarie gelewer. Hy het die teksweergawe van sy lesing aan LitNet verskaf.
Adam Small en die jeug: "(Hulle) praat oor afstande, jare, drome en die dood heen."
2026-02-27Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël plaasgevind. Vanjaar was dit ’n spesiale viering, aangesien 2026 die jaar is waarin Adam Small 90 jaar oud sou geword het en hy 10 jaar gelede oorlede is. Steward van Wyk het die gedenklesing op Saterdag 21 Februarie gelewer. Hy het die teksweergawe van sy lesing aan LitNet verskaf.
Wat sê Bettina: Is Begroting 2026 rede tot hoop?
2026-02-27"Die grootste verrassing van die begrotingsrede is egter dat meer belasting ingesamel is die afgelope jaar en geprojekteer word vir die komende jaar, met die gevolg dat die beplande R20 miljard belastingvermeerdering (beide persoonlik en besigheid) geskrap kon word."
Aan Anderson Cooper: Insake die verslag oor Afrikaners
2026-02-27"Ongelukkig laat die uitbeelding van die Afrikaners in die verslag egter veel te wense oor, en vind ek dit ietwat stereotiperend. Let asseblief daarop dat die oorgrote meerderheid Afrikaners stedelinge is."
Aan Anderson Cooper: Ons sal lewe, ons sal sterwe
2026-02-26"Die media en die regering sit en kyk met hul verkykers. Maar God is die een wat laaste lag."
KI laat die skeidslyn tussen taal en wiskunde vervaag
2026-02-26"Die debat tussen voorstanders en kritici van KI sal waarskynlik nog lank voortduur, maar een ding is reeds duidelik: Die grens tussen taal en wiskunde is nie meer ondeurdringbaar nie. Uit die skynbaar betekenislose opeenvolging van 0’e en 1’e ontstaan sinne, verhale en denke. Die masjien wat gebou is om te tel, het begin praat. En in daardie stem hoor ons nie net die krag van berekening nie, maar ook iets van onsself."
VVA-Leeskonferensie 2026: "Die wysie van die taal"
2026-02-26"'Want ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind,' verkondig die digter, Antjie Krog, wyd en syd. Dit was die boodskap op die onlangse VVA-Leeskonferensie wat verlede Donderdag tydens die Adam Small-fees by die PC Peterson Primêr in Kylemore vir onderwysers en opvoeders van veral die voorskoolse kind aangebied is." Lees Marzahn Botha se berig oor die opwindende konferensie en kyk ook foto’s van die geleentheid.
Wat wil jy vir Anderson Cooper sê oor die Afrikaner?
2026-02-24LitNet se redaksie sal ’n wenbrief aanwys en die wenner sal R500 ontvang.
Lenige Afrikaans: die saak vir ’n soepel taal
2026-02-23"’n Taal is meer as net abstrakte grammatika, en ontwikkel as literêre taal nie in ’n vakuum nie, maar resoneer met ’n eie ontstaanswêreld."
Jan Bethesda Vermaak: ’n huldeblyk
2026-02-23"Hy het ook ’n merkwaardige geheue gehad. Hy kon elke leerling wat hy onderrig het, se gesig en naam onthou – selfs 20 of 30 jaar later, wanneer hulle hom iewers in die wêreld raakloop."
Elders gesien: Jan Vermaak is oorlede
2026-02-23"Jan, ek sal nooit jou passie vir Afrikaans, wonderlike musiek en vonkel in die oog as jy kom inspeksie doen het, vergeet nie."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die aggressiewe drang om te oortuig – en ’n ander soort oortuiging
2026-02-23"Dieselfde benadering tot oortuiging in die geloof kom voor in die beroemde verhaal van die sogenaamde Blompreek van die Boeddha. Naby die einde van sy lewe het hy, pleks daarvan om soos gewoonlik ’n rede vir sy volgelinge te voer, bloot ’n varsgeplukte lotusblom in die lug gehou."
