Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Dinge wat ons kan doen om boeke te bemark
2025-11-12"Moderne oorlogvoering span tegnologie in om met die druk van ’n knoppie grootskaalse verwoesting te saai. Die skaam IT-tegnikus word selfs in spesmagte se operasies ingespan om oorwinning te verseker en lewensverlies te beperk. Hoekom nie dieselfde beginsels in die boekwêreld toepas nie?"
Die Lasarus-effek: Solomon Tshekisho (Sol) Plaatje (1876–1932)
2025-11-12"Ek wil fokus op die dagboek wat Sol Plaatje, ’n intellektueel, joernalis, taalkundige, politikus en skrywer, tydens die beleg van Mafeking in die Anglo-Boereoorlog bygehou het."
Skermgreep: Frankenstein – ’n resensie
2025-11-12"Frankenstein in Guillermo del Toro se veilige hande is ongetwyfeld die mees sorgsame en briljante weergawe van Mary Shelley se onsterflike roman van meer as 200 jaar gelede."
Hier kom die aliens ... of dalk nie?
2025-11-11"Ek praat van 3I/ATLAS, die voorwerp wat onlangs in ons sterrestelsel gearriveer het van iewers in die buitenste ruimte, en nou sterk op pad is om in Desember rakelings verby die aarde te beweeg."
Trump, die G20 en Suid-Afrika: enkele notas oor Suid-Afrika se afnemende buitelandse aansien
2025-11-10"Trump se harde opmerkings oor Suid-Afrika is dalk onwelkom, maar dit hou ons ’n ongemaklike waarheid voor: Die land se wêreldposisie is nie meer wat dit was nie."
Uitdrukkingsvryheid
2025-11-07"Die inligtingsekosisteem in hierdie tyd van die algoritmes en gekonsentreerde media-eienarskap het verander van ’n passiewe infrastruktuur vir kommunikasie in die laat 1990’s tot ’n aktiewe wapen vir aanvalle op medemense, magsug en disinformasie in die 2000’s."
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
2025-11-06"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
Die 5de Swart Afrikaanse Skrywersimposium: Die voortgesette tersaaklikheid van ’n intellektuele tradisie
2025-11-06"'Swart' kan in dié opsig ’n beweegruimte skep waarin die diskoers rondom Kaaps as 'onafhanklike bruin taal' produktief teengewerk kan word. Dit was in hierdie opsig ook opvallend dat die kernvoorstanders van die Kaaps-as-onafhanklike-bruin/Kullit-taal-diskoers nié by SAS5 teenwoordig was nie, ten spyte daarvan dat vele van daardie individue op die een of ander wyse aan UWK verbonde is en aan vorige simposiums deelgeneem het."
Die Lasarus-effek: Jan FE Celliers (1865–1940)
2025-11-06"Daar is weldeeglik oor Jan FE Celliers geskryf. Ek wil daarom kortliks op sy omvangryke oorlogsdagboek fokus. Hierdie dagboek, in Nederlands geskryf, het my oor die jare groot plesier verskaf."
Wanneer tegnologie in jou taal begin praat: Hoe Google se nuwe veeltalige KI-woordelys ’n stem gee aan Suid-Afrika se tale in die digitale era
2025-11-06"Vir Afrikaans, wat dikwels as ’n gevestigde maar ook gepolariseerde taal in die openbare sfeer beskou word, bied die KI-woordelys ’n unieke geleentheid om te wys dat Afrikaans nie net histories relevant is nie, maar ook toekomstig aanpasbaar. Dit bevestig dat Afrikaanssprekers nie bloot verbruikers van tegnologie is nie, maar medevormers van die digitale era."
Die Lasarus-effek: ID du Plessis (1900–1981)
2025-11-05"'Rietfontein' van ID du Plessis was die eerste gedig wat jare gelede aan my begin kleef het. Dit is volledig opgeneem in ons Afrikaanse handboek in matriek – in 1981. Daar was vir my iets magies, dramaties en boeiend aan dié ballade."
Persverklaring: Prestasieprys van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar
2025-11-05Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se Prestasieprys van R100 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting, naamlik om die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin te bevorder. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in.
Fotoverslag: Marianne Thamm lewer die jaarlikse PEN Afrikaans-lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid
2025-11-04"Begin om dinge te doen wat gedoen moet word. Begin lees wat jy dink die samelewing moet lees. Glo jy in vryheid van spraak? Praat dan vry. Glo jy in ’n menslike samelewing? Gedra jou dan menslik. Lewe binne die waarheid. Weier om deel te neem aan leuens. Moenie geïntimideer word deur leuens van leuenaars nie."
Uitnodiging: FilosofieKafee – Die enigmatiese verbintenis van die romankuns en die filosofie
2025-11-04Alle belangstellendes word uitgenooi na die laaste FilosofieKafee-gesprek van 2025 op Vrydag 7 November in Wellington. Charl-Pierre Naudé is die spreker.
Narratief-gebaseerde geneeskunde: enkele opmerkings
2025-11-03"Persoonlike narratiewe van pasiënte vorm ’n kernbelangrike deel van doeltreffende gesondheidsorg, hetsy of dit binne die spreekkamer as ’n intervensie gefasiliteer word, of buite die spreekkamer deur middel van ekspressiewe verhaalskrywing of dramatisering verkry word."
Is Afrikaners slagoffers?
2025-10-30Daar is onlangs weer modder gegooi nadat ’n groep Afrikaners ’n ope brief geskryf het waarin hulle Donald Trump se narratief, naamlik dat wit Afrikaners slagoffers is in Suid-Afrika, verwerp het. Freek Robinson gee aan Barend la Grange, sameroeper van Dialoog vir Aksie, en Jaco Kleynhans van Solidariteit die geleentheid om elkeen hul standpunt te stel oor hierdie aangeleentheid.
Die Lasarus-effek: Eugène Marais (1871–1936)
2025-10-30"Min Afrikaanse skrywers het oor die jare soveel durende aandag as Eugène Marais ontvang. Hy was ons eerste groot digter, en agt van sy gedigte is deur André P Brink in Groot verseboek van 2000 opgeneem. Wie weet nie van 'Winternag' en 'Die dans van die reën' nie?"
Dokkie vertel wie die ware Leon Schuster is
2025-10-29"Leon Schuster is ’n nasionale skat en seker naas Madiba, oor generasies heen, die bekendste mens in Suid-Afrika," sê Rian van Heerden, vervaardiger van Schuster. Maryke Roberts gesels met hom en Leon Schuster oor dié kykNET-reeks.
NALN: Daar was al ’n brand hier
2025-10-29"Vandag is dié stelsel buite die gebou toegedraai. Die pype lek."
Die Lasarus-effek: CJ Langenhoven (1873–1932)
2025-10-29"Die beminde 'Sagmoedige Neelsie' was en is steeds volksbesit. Hoeveel plesier het sy priemende en gevatte spreuke my nie al verskaf nie."
