
Foto: Pixabay
Wanneer is dit meer angswekkend om te lewe as om te sterwe? Dit is ’n vraag wat veral nou weer op die voorgrond tree nadat Ian von Memerty die keuse uitgeoefen het om sy lewe vroegtydig te beëindig – sonder die hulp van ander. Hy noem dit ’n “selfbevryding” van ’n lewe wat vir hom vorentoe, soos hy ouer word, onvoorstelbaar was. Dit is ’n ongewone besluit, veral omdat hy op daardie stadium nie siek was nie en geen sigbare lyding ervaar het nie.
So, wanneer besluit ’n mens self oor die dood?
As palliatiewe werkers wat daagliks met die dood en afskeid te doen kry, is ons taak eerder om ander te help om die dood – en veral die tyd wat die sterfproses voorafgaan – te hanteer eerder as om oor die dood self te besin. Met ander woorde, die vraag vir ons is: Hoe lewe ’n mens ten spyte van die alomteenwoordigheid van die dood?
........
Hoe lewe ’n mens ten spyte van die alomteenwoordigheid van die dood?
........
Hierdie vraag kan oorweldigend wees en die pad vorentoe vreesaanjaend. Daarom is dit nie vir ons vreemd om soms versoeke van pasiënte te kry om hul lewens vroegtydig te beëindig nie. Die omstandighede waarin ons pasiënte hulle bevind, behels meestal die diagnose van ’n lewensbedreigende siekte, gewoonlik nadat hulle reeds ’n lang pad van behandeling agter die rug het – ’n pad van herhaalde hoop en teleurstelling, en die vrees vir dit wat wag. Saam met hierdie diagnoses kom daar dikwels ’n oorweldigende magteloosheid en die vrees dat die pad vorentoe ondraaglik, onseker en sonder hoop is.
........
Hierdie vrees gaan nie net oor fisieke pyn en simptome nie, maar ook oor die emosionele en kognitiewe impak van die siekte. Boonop tref so ’n siekte ’n mens nie in isolasie nie; dit raak die hele kring van geliefdes.
.........
Hierdie vrees gaan nie net oor fisieke pyn en simptome nie, maar ook oor die emosionele en kognitiewe impak van die siekte. Boonop tref so ’n siekte ’n mens nie in isolasie nie; dit raak die hele kring van geliefdes. Pasiënte is bang vir die oomblik wanneer hulle afhanklik van ander gaan word en ’n “las” sal wees. Vrae ontstaan oor die sin van die lewe en of dit nog betekenis kan hê as hulle nie meer hul gewone rolle kan vervul nie. Wie is hulle nou nadat die siekte soveel weggeneem het? Dit is ’n pad van konstante verlies en afskeid, van herbesinning oor wat werklik saak maak en wat in hierdie konteks nog betekenis gee. Dit is te verstane dat daar soms ’n begeerte ontstaan om hierdie pad vinnig te voltooi en ’n einde aan alles te bring.
Wanneer ’n persoon die wens uitspreek om hul lewe vroegtydig te beëindig, neem ons as palliatiewe en hospice-werkers dit baie ernstig op, maar ons sien dit nie as ’n finale gevolgtrekking nie. Vir ons is dit die begin van doelgerigte versorging en intensionele luister – ’n geleentheid vir ’n diep en holistiese gesprek. Ons luister fyn om te verstaan waar die lyding presies lê. Wat lê agter hierdie wens? Is dit vrees? Eensaamheid? Is dit pyn wat nie effektief behandel word nie, of is dit eksistensiële lyding? Ons besef dat ons nie alle swaarkry kan wegneem nie, maar ons poog om die ervaring van sterf betekenisvol en waardig te maak. Die woorde van Viktor Frankl lei ons: “Lyding is nie meer lyding die oomblik wanneer daar betekenis aan gekoppel kan word nie.”
So, hoe benader ons lyding en hoe vind ons betekenis?
Ons weet dat hierdie lyding nie in isolasie ervaar word nie. Almal wat ’n lewe met die pasiënt deel, moet gedurig by veranderinge aanpas en reeds begin afskeid neem van ’n lewe wat nie meer daar sal wees nie terwyl die pasiënt nog daar is. Dit is ’n komplekse proses wat so vinnig verander dat dit kan voel asof ’n mens alle beheer verloor. As palliatiewe werkers vergesel ons pasiënte in hierdie laaste fase van die lewe – wanneer die einde onvermydelik is en die oorblywende tyd gewoonlik nie meer lank is nie. Ons help hulle om te fokus op die hier en nou, weg van ’n onbekende toekoms, om raak te sien wat nog rondom hulle gebeur.
.........
Ons beskou hierdie spasie van afskeid as meer as net verlies en hartseer. Ons is gereeld getuies van heling wat plaasvind: vergifnis wat gegee of ontvang word, verhoudings wat verdiep en ware konneksies wat ontwikkel.
.........
Ons beskou hierdie spasie van afskeid as meer as net verlies en hartseer. Ons is gereeld getuies van heling wat plaasvind: vergifnis wat gegee of ontvang word, verhoudings wat verdiep en ware konneksies wat ontwikkel. Dit gebeur dikwels juis in hierdie moeilike oomblikke wat onder normale omstandighede nooit sou plaasgevind het nie. Ons romantiseer geensins die dood nie; dit sal altyd moeilik wees. Maar dit kan ook ’n geleentheid wees om ware menslikheid en waardigheid te ervaar. Ons sien hoe pasiënte vir die eerste keer waarlik as mense waargeneem word, hoe lewensmaats as versorgers tot hul reg kom, en hoe familielede mekaar herontdek. Hierdie “heilige spasies” is dikwels lewensveranderend vir diegene wat teenwoordig is.
Maar wat van mense wat nie toegang tot palliatiewe sorg het nie?
Hoewel hierdie gesprekke spesifiek met ernstig siek mense plaasvind, is die temas van toepassing op enigeen wat voor ’n onsekere toekoms staan, veral in die ouderdom wanneer afhanklikheid toeneem. Wat beteken lewenskwaliteit wanneer jou wêreld kleiner en jou mobiliteit minder word? Die realiteit van finansiële druk in ’n swaarkry-ekonomie, eensaamheid en isolasie bring hierdie vrese na vore. Dit is veral moeilik om jouself te herdefinieer as jou identiteit gekoppel was aan jou werk of rol in die samelewing. Vir baie is produktiwiteit die bron van waarde; om afhanklik te word, is vir sommige eenvoudig te vermoeiend. Ons kry gereeld oproepe van bejaardes wat bekostigbare verblyf soek omdat hul pensioen nie meer hou nie en hul families ver is. Vir ’n groot groep ouer mense het die lewe onbekostigbaar geword. Hoe help die gemeenskap hulle – nie net met basiese behoeftes nie, maar met waardige versorging?
Suid-Afrika is een van die mees ongelyke samelewings ter wêreld. Meer as 80% van die bevolking het nie ’n mediese fonds nie en die openbaregesondheidstelsel is onder enorme druk. Kan ons vir iemand soos Ian von Memerty waarborg dat daar wel hulp, versorging en waardigheid in sy oudag sal wees? Kan ons dit werklik waarborg?
.........
Suid-Afrika is een van die mees ongelyke samelewings ter wêreld. Meer as 80% van die bevolking het nie ’n mediese fonds nie en die openbaregesondheidstelsel is onder enorme druk. Kan ons vir iemand soos Ian von Memerty waarborg dat daar wel hulp, versorging en waardigheid in sy oudag sal wees? Kan ons dit werklik waarborg?
..........
Wanneer is die lewe meer angswekkend as die dood? Hoe kry ’n mens ’n gevoel van beheer terug wanneer alles onseker voel? Ek dink ons kan tot ’n mate oor ons dood besluit, al is dit nie noodwendig oor die “hoe” of “wanneer” nie. Wat ons wél kan doen, is om hierdie gesprekke nou al te begin. Ons moet praat oor wat vir ons belangrik is, oor konneksies, versorgingsdoelwitte en waardes. Ons moet ’n lewende testament opstel. Ons moet dink oor waar ons die streep wil trek wat mediese behandeling betref. As ons oor ons einde kan besin, kan praktiese oorwegings die vrees temper: Waar wil ek versorg word? Wie moet daar wees? Hoe moet die omgewing lyk, watter musiek moet speel en watter rituele moet uitgevoer word?
Baie eenvoudige oorwegings wat beheer teruggee. Jou stem wat gehoor word, tot die einde.
Lees ook:
Die dood en die sin van lewe: ’n onderhoud met Anton van Niekerk


Kommentaar
Elkeen se vertrekpunt, insoverre dit hierdie gesprek aangaan, sal onafwendbaar afhang van sy lewensuitkyk. 'n Gelowige sal die vraag rakende 'selfbevryding' moontlik nie eers oorweeg nie, want dan beweeg jy op sý god se terrein. Die gesprek is doodgebore. Dit impliseer ook 'n verpligting om te leef so lank as wat jy kan. Ander gelowiges argumenteer sý god sal lyding nie goedkeur nie. [Die Oud-Testamentiese god het mettertyd gesneuwel, wat op geestelike evolusie dui.] Al hierdie mense sal wel hul hondjies laat uitsit wanneer lewe lyding word.
Voor ek vergeet, die vraag rondom aborsie, doodstraf en selfdood (word iewers geargumenteer) hang af of jy 'links'of 'regs' is. Liberaal of konserwatief, dus: Regses aanvaar doodstraf, terwyl dit 'n nee is vir aborsie en selfdood. Liberales weer, is oukei met selfdood en aborsie, maar nie met doodstraf nie. Dit is 'n growwe veralgemening en aan die einde keer almal menslike ingryping ieder geval in een geval goed.
Nietemin.
Soms dink ek, liewe vader mens, is daar genoeg suurstof in jou kokon? Ek is nie soos jy nie en ek wil nie soos jy wees nie. Ek wil nie kyk hoe oud ek kan word nie en ek wil nie wag tot ek in een of ander staat van ondraaglike lyding verkeer voor ek bystand van 'n "staat" MAG ontvang nie. Ek deel Ian von Memerty se sentiment. Ons het geen dispuut met die ander se keuse nie, maar sommiges veg hand en tand teen my reg op selfbeskikking. Die hoofargument hou skynbaar verband met onderlinge vriendskaps- en familiebande. En dit is alles goed en wel, maar elkeen behoort 'n keuse te hê.
O ja, brood en botter speel 'n rol. BAIE, BAIE, BAIE geldjies verwissel hande. Mense word teen hul sin kunsmatig aan die lewe gehou. Ek het iewers 'n kommentaar gelees wat lui: 'Who wants to be a cabbage in a nappy?'
In my wêreld sal iemand wat nie langer aan hierdie realm wil deelneem nie, 'n fasiliteit kan nader wat 'n waardige dood kan voorsien. Die persoon moet wel deur 'n proses gaan waar 'n assessering geskied. [Die gedagte is nie om die persoon te 'red' nie, want niemand kan gered word nie, die dood is 'n gegewe.] Die proses sal behels dat die persoon die erns en aard van sy handeling besef. Indien die persoon begryp en oortuig is (vrye wil), word 'n middel voorsien. Is dit werklik nodig dat mense gedwing word om hul lewens op 'n onmenslike wyse iewers in 'n afgeleë plek te moet eindig. Selfdood is nie 'n misdaad nie.
Hierdie is interessant: https://youtube.com/watch?v=2uI5k-mfHBI&si=gra-dR1Ea01vH3-W
Brose tyd! Baie moeilik om as aardbewoners, met tentwonings hier, die hemel as ewigheid te sien. Veral wanneer jy met pyn en afskeid gekonfronteer word.
Ag, net in baie stilte en soveel moontlik privaatheid, asseblief. Iemand wat vir my stories lees. Hm. Hm. I wish I'd said? I said it. 'n Lang brief vir my kids en dit was dit. Toe verstaan hulle als. Dis nou ook in siekte. Terminaal, of in versorging. Mens kan mediese ingryping weier. Dis 'n reg.
Finansies: G'n mens wat lewenslank hard gewerk het, wil in abjekte armoede sit en wag vir die dood nie. Of wil sommige? Is daar nie tog maar die kleine daaglikse lewensvreugdes altyd nie? Gits, tog. Sleep ons alweer die elwe in.
Diepste diep depressie: Let them go. In acceptance and love.
Henning, wat jy sê maak absoluut sin. Ek wil ook nie 'n cabbage in 'n nappy word nie en voorsien my einde soortgelyk aan die van Von Memerty. Behalwe, ek sal nie my geliefdes voor die tyd inlig en aan uitgerekte wroeging onderwerp nie. Wanneer alles oor en gedaan is, kan my laaste memo aan hulle namens my praat. Die dae is verby dat 'n onsigbare en onbewese 'hoër hand' of 'n totaal onbevoegde staat/staatsdokter aan mense moet voorskryf wanneer om te lewe soos 'n cabbage en wanneer om die lig uit te doof. Elkeen maak sy eie besluit. Toegegee, behoorlike kontrole is wenslik om misbruik te voorkom.
Dankie, dr Swathe.
In ‘n stadium was ek ingeteken op Exit International se handboek (https://www.peacefulpillhandbook.com/store/product/essentials-print-26/) wat praktiese wenke vir ‘n waardige selfdood bevat.
Volgens Exit gebruik 90% van hulle lede nooit die advies en/of middels in die boek nie, maar verskaf toegang daartoe wel ‘n groot mate van gemoedsrus.
Deur vernuftig te werk te gaan, kon ek van die middels bekom, maar meeste medikasie, soute ens verstryk ná lang tydsverloop. Ek het opgelet dat, soos Exit onlangs verklaar het, toegang tot die middels aktief deur owerhede bemoeilik word. [Vreemd, gegewe hulle bereidwilligheid om wapens op grootskaal te vervaardig en ander voor die voet uit te moor. Dit gaan dus oor die beheer van ‘dood’.]
Nietemin.
Soos die brein (ego) verder ontwikkel, dink ek, maak hy groter aanspraak op beheer/bestuur van sy eie lot. Hy glo nie langer soos ‘n kind nie. Berus by hoe dit ‘is’, raak moeilik.
Nou.
Indien ons inderdaad ‘n virtuele spel (hier integreer die blokheel-teorie en kwantumwêreld) speel, sou ek veronderstel dat dit al hoe moeiliker raak om die avatar (ego) op hoër vlakke te bestuur. [In die spel van reïnkarnasie verwerf die hoër self/speler/siel meer ervaring deur van verskillende avatars (ego/liggaam & brein) gebruik te maak.]
Tegelykertyd bestaan die paradoks dat selfdood ‘n uitdagende hekkie (waagmoed/dapperheid) in die spel kan verteenwoordig. Niks is dus ‘n gegewe nie en sal elke avatar op eie intuïsie [die hoër self/speler /siel - party mense dink dit is ‘n ‘God’ wat met hulle praat] moet steun.
Die wedloop word waarskynlik suksesvol voltooi deur ‘n fyn balans tussen die 2 wêrelde te kan versoen, met ‘n voet in elke realm. Dit is hier waar die kletsblot sê: Jy kan dit nie bewys nie, en ek antwoord: Niemand kan niks bewys nie.
Hei, iets vir Paasnaweek.
https://youtu.be/nUnXcTiLJO4?si=Xe5d6YSpylizhGi4
Hy sê hierbo: "Hei, iets vir Paasnaweek".
Ek het die afgelope Paasnaweek op NASA se Artemis II-webblad gekyk hoe hoogs intelligente mense Christus tydens die Pase daar neffentjies die maan in die kapsule en ver van die aarde af, eer toebring.
Hy hierbo praat ook oor "my reg op selfbeskikking", presies dit wat die Skrif ons leer oor die eerste mense wat hul rug op hul Skepper gekeer het. Die essay handel oor 'n gesonde mens, fisies sowel as geestelik wat sy "selfbeskikkingsreg" uitgeoefen het omdat hy bevrees was vir sy oudag. Gedurende my gesprekke met my Skepper onthou ek siekes, bekendes en die ver weg onbekendes, iewers.
Vanaand is daar oor RSG, agtuur daar rond, 'n praatjie (indien jy dit mis, potgooi dit) oor mislukte pogings tot selfdood en die groot skaam daaroor. Hoekom skaam voel, wonder ek my. Die eerste mense was ook skaam - onthou die vyeblare?
En die "dr Swathe" vanwaar is hy?
R-n-G, dankie, hy het RSG se potgooi (https://omny.fm/shows/geestesgesondheid/geestesgesondheid-7-april-2026) aangehoor.
Oor die algemeen is almal tevrede as iemand ingeligte, volwasse besluite neem. Selfstandig. Nie oorhaastig nie en weldeurdag, soos Karel Schoeman so nugter in 'Slot van die Dag' uiteensit. “Die sin van die lewe is die lééf daarvan. Maar as ook dit sy aantoonbare sin verloor het, wat dan? Dit moet elkeen self besluit,” skryf hy.
Die eie dood ... wag, hu-uh, nee-nee! daaroor mag beslis nie, volgens vele, skynbaar self besluit word nie.
Die potgooi verkondig grotendeels die uitgediende narratief dat iemand wat selfdood oorweeg geestelik krank is en dringend hulp nodig het. Depressie. Dit is doodeenvoudig 'n wanopvatting. Veg, vries, vlug ... pfft ... By selfdood kom vele beweegredes ter sprake. Om slegs een hiervan: 1. voltooide lewe, met 2. depressie, te vergelyk, lyk as volg (dankie GPT):
1. Depressie-gedrewe selfdoodgedagtes: “Ek kan nie meer hierdie pyn dra nie.”
2. Voltooide lewe: “My lewe het sy sin en voltooiing bereik.”
Ja, om te 'wil en moet leef', is 'normaal' vir meeste organismes. Doodnormaal. Programmering, as ‘t ware, verweef in die DNS van blomme en miere tot olifante. Maar wat behels normaal? Indien jy deel van 'n konserwatiewe familie uitmaak en op 'n dag uit die bloute erken jy is gay, kan familielede dalk skuld en woede ervaar en verklaar: om gay te wees is nie 'normaal' nie. 'Normaal', adviseer my HAT, is: "volgens die (gestelde/aanvaarde) norm, volgens die reël ..." Is dit iets wat nagestreef behoort te word, of verander moet word wanneer dit uitgedien is? 'n Nuwe normaal.
Evolusie.
Jesus het skynbaar hierdie 'normaal'-sentiment nie gedeel nie. Sy essensie was ewig elders, aldus oorvertelling. Hy was nie 'normaal' nie. Die bot interpreteer, 'laat die dooies die dooies begrawe' as: moenie jou lewe laat bepaal deur sosiale pligte en konvensie as jy ’n hoër roeping ervaar nie. Nietemin. Aldus Schopenhauer verteenwoordig die wil om te leef ʼn "blind incessant impulse without knowledge" ― Wikipedia. In ʼn boek getiteld, ‘Why We Die’ deur Venki Ramakrishnan, skryf hy oor die liggaam: ‘... and in extreme cases, the cell is triggered to commit suicide. It is odd to think that life would have evolved a mechanism to kill its own cells, but one individual cell among an organism’s billions is ultimately dispensable.’ Carl Gustav Jung het geskryf: “As a physician I am convinced that it is hygienic – if I may use the word – to discover in death a goal towards which one can strive; and that shrinking away from it is something unhealthy and abnormal which robs the second half of life of its purpose.”
Terug na enkele woorde in die potgooi: Ouers ... gesond word ... eiewaarde, selfbeeld, skaam ... monitering ná 'n poging ... vasgevangheid, onttrekking ... dood ... dood ... dood ...
Danksy die calvinisme is 'n hele lotjie van ons se verstand gekondisioneer om oor alles en nog wat skuldig te voel. Skuld het sekerlik (in hierdie wêreld) 'n rol te speel, maar word dikwels om selfsugtige redes as hefboom ingespan. Dink aan iemand op sy sterfbed wat graag wil aanbeweeg, maar familie wat selfsugtig (ego) aandring op beterskap. Of 'n jeugdige in ondraaglike pyn wat 'n dapper 'vegtertjie' genoem word. Dokters veg (ook vir selfverryking). Amper almal veg. Strydig met die natuur. Om hulle eie redes.
Tans wil dit my voorkom of dié materïele wêreld (Gaia) 'n lewe van haar eie (met 'n streep van die Gnostici se demiurg) het. En dan iewers, soos 'n sel in haar liggaam (selle word deurentyd vervang), is daar ek en jy [soos druppels van die oseaan of strale van die son], tydelik in 'n fisiese vorm (en raak die vrees vir dood relevant). Die volle omvang van die belewenis speel vermoedelik af in 'n groter bewussyn. Aardse belewenis vorm deel van die groter bewussyn en andersom. [Panpsigisme stipuleer bewussyn is fundamenteel, nie net ’n neweproduk van die brein nie, en die kwantumwêreld het die Newtoniaanse wêreld op sy kop gekeer.]
GPT vra: ‘As alles deel is van ’n groter bewussyn — hoekom ervaar daardie bewussyn homself as gefragmenteer? Want dáár lê die regte moeilike vraag. 😄’
Om 'n antwoord te formuleer, sal ek ook moet verwys na psigiese mediums wat ek genader het, die numerologie, kirologie, astrologie, vorige lewensregressie, changa seremonie, sinkronisiteit beleef, nagtelike drome gerealiseer, boeke oor NDEs, reïnkarnasie, einde van lewe-studies, ensovoorts. Ensovoorts. Soek en jy sal vind.
My antwoord lui min of meer: Daardie bewussyn beleef die self nie as gefragmenteerd nie ― soos een liggaam met selle, organe en ledemate. Elke mens beleef (heel moontlik volgens 'n beplande, veranderlike bloudruk) die belewenis as 'n speler in paralelle wêrelde met die ‘hemel’ as model en ‘Aarde’ as teenpool. Daar is 'n tydelike verdeling van energie tussen hierdie (mens) en daardie realm (siel). Al wat ons werklik weet, is: hier is ons NOU. Toe ons voorsate in grotte gewoon het, was dit NOU. Wanneer iets gebeur, gebeur dit altyd in die NOU. Tolle vertel van 'n kroeg met 'n kennisgewing: 'Tomorrow, free beer'. Daag jy môre op, sê die bord daar is môre gratis bier.
NOU is die tyd om anders oor die dood te dink, nie ligsinnig nie, maar anders. Ook oor selfdood en die gevolge daarvan as jy nie langer glo dit is ‘sonde’ nie, maar bloot nog 'n manier van doodgaan. Dit is teen wil en dank my oortuiging dat 'ek' my in 'n belewenis van jin & jang begeef het en alles uiteindelik presies is soos dit moet wees. Daar is jou mening, sodat ek myne kan hê, en alles is helaas van relatiewe belang.
[Die masjien skiet my antwoord af, maar erken die wetenskaplike materialisme sê alles is net brein en materie en bewussyn is ’n byproduk. “👉 En dit kan óók nie finaal bewys hoekom daar iets soos ervaring is nie, dus die ‘hard problem of consciousness’ bly onbeantwoord.”
O ja. Die ruimtereisiger het dalk 'n IK van 187 (flink verstand), maar gaan dikwels gebrek aan dieper insig (wat deur reïnkarnasie verwerf word). Hy vlieg om die maan en vier moontlik Paasfees omdat sy (nie self aan God glo nie) verkeerdelik glo die mensdom het nodig om aan 'n God te glo. Daar is selfs 'n geldjie te maak. En mense moet boonop hul plek ken. Dit was vir lank normaal.
Dr Swathe, van waar Gehasi?