Persverklaring: Menseregtedag, Kookwater-gespreksreeks

  • 0

Tema: “!ke e: /xarra //ke – Verenig in Diversiteit?”

Menseregte, identiteit en die soeke na ’n gedeelde Suid-Afrika

Suid-Afrika se nasionale leuse, !ke e: /xarra //ke, afkomstig uit die |Xam-taal, word dikwels vertaal as “verenig in diversiteit”. Dit verwoord die ideaal dat mense van verskillende kulture, tale en oortuigings saam kan leef met wedersydse respek en menswaardigheid. Meer as drie dekades ná die aanbreek van ons demokrasie bly hierdie ideaal tegelykertyd ’n rigtinggewende beginsel én ’n voortdurende projek. Op Menseregtedag sal die paneel besin oor hoe vrae rondom identiteit, diversiteit en menswaardigheid in ons samelewing bymekaar kom, en hoe die waardes van die Grondwet ons steeds kan lei in die bou van ’n gedeelde en inklusiewe toekoms.

Paneellede:

  1. Christo van der Rheede – Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk-stigting
  2. Henk Boshoff – Kommissaris, Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie
  3. Brightness Mangolothi – Direkteur, Centre for Diversity, Inclusivity and Social Change, CPUT
  4. Gaireyah Fredericks – Skrywer en fasiliteerder van kreatiewe skryfwerk

Gespreksleier: Retha Bloem (Rektor: Hugenote Kollege)

Plek: Breytenbach Sentrum, Wellington
Datum: Saterdag, 21 Maart 2026
Tyd: 10:30 vir 11:00
Formaat: 45 min gesprek met 15 min vir vrae uit die gehoor
Toegang: Gratis
RSVP by Jessica: 066 289 2212

Meer oor die gespreksreeks:

Die Kookwater-gespreksreeks by die Breytenbach Sentrum is ’n ruimte vir lewendige en eerlike gesprekke oor sake wat ons samelewing raak. Die titel Kookwater speel speels met die idee dat gesprek soms moet “kook” — dat gedagtes kan borrel, menings kan verskil en nuwe idees na die oppervlak kan kom. Soos water wat begin kook, bring hierdie gesprekke energie, warmte en beweging. Die doel is nie om konsensus af te dwing nie, maar om dialoog aan te wakker en nuwe maniere van dink en verstaan oop te maak.

Vir die geleentheid sal die plaaslike Kookwater-winkel ook ligte verversings verskaf, sodat gaste die gesprek in ’n ontspanne en gasvrye atmosfeer kan geniet.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top