
Jo Els skryf op Facebook:
In die Oos-Kaap is bedelaars die norm op elke stedelike straathoek, by die meeste verkeersligkruisings, gewoonlik met ’n smeekbede gekrabbel op verweerde karton. Die verstotelinge is oorwegend gelate oorgelewer aan genade en elemente.
Ons ry vanoggend rigting Helderberg met die R44 en nader ’n verkeerskruising. Ek sien van redelike afstand die jongerige man staan: geklee in ’n langbroek, grys Pep-kombers halfoor gedrapeer. Kaalvoet, geen plakkaat. Net ’n idee van ’n sagte glimlag om sy mondhoeke.
My venster is afgedraai toe ek kontantloos verby hom ry.
Met ’n sweepslag ruk sy kop na my oop ruit...
“Fuck You!!!” Dis ’n gil, ’n kreet. Dis Woede. Haat. Venyn. Hooploosheid. Spoegdruppels teen my arm.
Die woord pla my nie. Die opgekropte emosievulkaan wel.
Sadness took hold of me.
Xxxx

