Uitnodiging: FilosofieKafee – Is politieke ideologie ’n sinvolle manier om idees te orden, maar ’n swak manier om mense en gemeenskappe te verstaan?

  • 0

Tema: Is politieke ideologie ’n sinvolle manier om idees te orden, maar ’n swak manier om mense en gemeenskappe te verstaan?
Spreker: Daniël Eloff

Die gesprek vertrek vanuit die vraag of politieke ideologie vandag nog help om die wêreld sinvol te verstaan, of eerder dien as ’n gerieflike manier om mense en gemeenskappe te reduseer tot eenvoudige etikette. Terwyl ideologie dikwels ’n nuttige raamwerk bied om idees en beleidskeuses te orden, raak dit problematies wanneer dit as ’n morele of identiteitslens gebruik word waardeur mense beoordeel word. In ’n tyd van toenemende polarisasie vra dié gesprek of ideologie werklik begrip verdiep of eerder gesprekke verskraal en verhoudings verhinder.

Die vraag is dus of ideologie ons nader aan realiteit bring of ons juis keer om mense en gemeenskappe in hul volle teenstrydigheid te begryp.

Datum: Vrydag 13 Maart 2026
Tyd: 18:00 tot 21:00
Plek: ATKV Bôrdienghuis Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington
Bespreek asb by Lamé: +27828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za
Toegang: R150 pp (sluit ’n verwelkomingsdrankie in)

Betaal asb met die datum W13/03 en jou naam by hierdie portaal: http://pay.yoco.com/filosofiekafee.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top