Hoëwaardevroue vs hoëwaardemans?

  • 8

Vroue is nie net geëmansipeerd deesdae nie, hul is openlike kompetisie vir mans.

Vroue kan doen wat mans doen. Die jonger geslag vroue wil meer as net ’n lyf en bakkie hê met die bekende trekkerplakker agterop die klap van die bak.

As hul sê die mans moet meer na die tafel bring as hul salaris, lyf en bakkie, is my onwillekeurig vraag: Definieer asseblief jou “meer”?

Vroue doen ambagsmanne se werk, is boere, is chirurge, ensovoorts.

Wat is die “meer na die tafel bring” en wat is ’n “hoëwaardeman” deesdae?

Hans Richardt

  • 8

Kommentaar

  • Hy kyk na ienfluencers op sosiale media. Daar word die saak vanuit elke hoek bespreek. Maar dit gaan alles mos maar oor laaiks, klieks, shares en subscriptions. Die waarheid of balans speel sleg tweede viool. Daarom gruwelike veralgemenings. Alle vroue is sus. Alle mans is so. Alle verhoudinge lyk soos ABC. En eindig in XYZ. Op sosiale media verander podcasters in kenners van linguistiek en Afrikaans. Popsterre word filosowe en ook eksperts in teologie. Om nie te praat van al die oorvloedige mediese kenners nie.

  • Hans Richardt

    Agter watter akademiese klip skuil jy?
    In my omgewing word wit vroue deesdae opgelei as messelaars, loodgieters, elektrisiëns en boere. Daar word ook van hul verwag om prakties hul werk te doen, as deel van modules, vir oa 'n "rooi seël". Baie boer reeds en is akademies beter gekwalifiseerd as mans wat "lesers" nodig het op universiteite tydens toetse en eksamens deesdae.

  • Hans Richardt

    Jy sal beslis geen "influencer" wees vir my nie, met jou erge tonnelvisie. As jy behoorlik kon lees, sou jy oa my vrae gesien het in my brief.
    1) Wat bedoel sg "hoëwaardevroue" met meer na die tafel bring, as bv groot beursie, lyf en penis? 2) Verder, wat is die beskouing van "hoëwaardeman" deesdae?
    Ongelukkig lyk dit vir my dat meer mense begripprobleme het deesdae, as wat ons gewone ou testosteroonmans gehad het.
    Ek is nie ingesluk deur "woke" of feministe nie.

  • Hans Richardt

    Ek giggel oor "aandaghoere" in gymn. Dis darem erg.
    Is dit deel van "heëwaardevroue" deesdae? Is dit hoe hul jagmaak op mans deesdae?

  • Malvablommetjie

    My pa het ons geleer om op ons eie twee voetjies te staan. Hy het ons die "basiese" vaardighede geleer sodat ons nie beïndruk is deur mans wat net die "basiese" kan doen nie, met die gevolg dat ons soeke na "meer" sommer al vroeg begin het. Die algemene vrou beskik oor basiese vaardighede om haarself te kan help en funksioneel in die samelewing 'n bydrae te kan lewer. Die hedendaagse man is fast with the feet, slow with the mind. Mans moet die fokus verskuif vanaf fisiese statussimbole en begin fokus op geestelike ontwikkeling, emosionele sekuriteit, algemene kennis en leesvaardighede. Ek sal verkies om in die teenwoordigheid van 'n slim, opgevoede, welgelese man te wees, maar die realiteit is dat my vriendinne se geselskap meer stimulasie bied as iemand wat heeldag net oor video-speletjies en vinnige karretjies wil gesels. Dis nou te sê as hy oor die baiese vaardighede beskik om 'n geselskap aan die gang te hou...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top