
Grafika: Uitnodiging na vanjaar se Johan Combrink-lesing (verskaf)
Die 22ste Johan Combrink-gedenklesing is op 26 Februarie 2026 deur die VVA op Stellenbosch aangebied. Vanjaar se tema was: “Taal ... die instrument wat menslike ontwikkeling kan maak of breek”. Paul Kammies het die geleentheid namens LitNet bygewoon. Hier is sy verslag.
Onlangs dink ek an taal asse vorm van tegnologie, asse meganiese en organiese hybrid system. Dit klink nogal ingewikkeld, maa ek dink wat ek probeer sê, is dat ek gedink’et an taal asse lewende organism. Ek’et gedink of taal veanne omdat tyd veanne, of assit andersom is. Regardless, voel ek it is veilig om te sê dat om oo taal te dink en daaoo te praat is altyd iets fascinating vi mense. Veral inne land met verskeie converging kontekste and cultural expressions. Die wyse waaop Suid-Afrikaners met taal asse tegnologie omgaan moet op ’n manier beskou wôd wat die kleurvolle cadences en idiosyncrasies van die lewe in Suid-Afrika veteenwodig, ten spyte van die ever-present, borrelende spanning en contestations wat taal oek meebring.
........
Die wyse waaop Suid-Afrikaners met taal asse tegnologie omgaan moet op ’n manier beskou wôd wat die kleurvolle cadences en idiosyncrasies van die lewe in Suid-Afrika veteenwodig, ten spyte van die ever-present, borrelende spanning en contestations wat taal oek meebring.
........
Byrri 22ste Johan Combrink-gedenklesing het ek met hierri hipotetiese gees binnegegaan om wee’eens oo taal te dink. Die aand wôd aangebied deu die Vriende van Afrikaans, ’n taalprojek van die ATKV. Vanjaa se hoofspreker is lecturer, ma van drie, en sosioloog, Ilse Eigelaar-Meets, met haa aanbieding: “Taal ... die instrument wat menslike ontwikkeling kan maak of breek”. In haa aanbieding beweeg Eigelaar-Meets na ’n baie meer reflektiewe praatjie en dink oo haa eie reis met taal as navorser, as mentor en as mens. Deur haa humor, kritiese insigte en persoonlike anekdotes te deel, remind sy vi ôs met conviction van taal se ability asse instrument wat menslike ontwikkeling kan óf sluit óf ontsluit.
........
Deur haa humor, kritiese insigte en persoonlike anekdotes te deel, remind sy vi ôs met conviction van taal se ability asse instrument wat menslike ontwikkeling kan óf sluit óf ontsluit.
........
Eigelaar-Meets fokus op haa passie virri jeug van Suid-Afrika en vertel vi ôs van haa ervaring inni nie-stedelike gebiede inni Wes-Kaap en Noord-Kaap. Sy glo dat alhoewel taal kan gebruik wôd om ongelykheid en konflik te skep, dit kan oek ’n opbouende deel van ôs lewens wees en dat daa baie is wat gedoen kan wôd in terme van reimagining die manier waaop ôs taal deel, skep en vorm.
Wat Eigelaar-Meets in haa aanbieding na vore bring, is endemic van ongeletterdheid in ôsse land. Sy merk nie net op hoe ’n fokusgroep-studente nie kan lees en skryf nie, maa oek hoe dit hul gespreksvaardighede beïnvloed en hoe hulle inligting interpreteer en hulself daarin contextualise. Sy note oek die persepsies van sekere gemeenskappe tienoo die value van bemagtiging deu geletterdheid. Tewyl sommige valse vriende in sommige dele van haa refleksies paired is, glo ek ôs moet mee dink oo hoe ôs mense oplei inni vaardigheid van lees as meer as nette activity, maa rather ’n way of life. Dit kô alles terug na die manier waarop die geskiedenis van Afrikaans gevorm is asse language phenomena. Die voorskriftelike manier waarop imagination en personhood deu hierri taal geskep kan wôd is soms vervreemdend. Tog wôd dit opgemerk dat die meeste van die attitudes van ouers en jongmense die voordeel van toegang hiertoe blyk te ignoreer, omdat die meeste van hulle in beroepe beland wat nie die beurs wat deu die skool verskaf wôd, vereis nie. Maa dit is bloot vreemd, want ôs nodig taal vi alles, maa maak ons ruimte vir die materials wattie gewoond of gemaklik vi ôs issie? Assi skool-system enni gemeenskap nie comprehensively of positively oo ’n sekere topic praat nie, kweek ôs indifference. Soos sy vrymoedig gesê het: “Dis skandalig vir die jeug.”
........
Deu die lesing vertel Eigelaar-Meets ôs dat die belangrikste vi haa is ommi unfound woordeskat te vind, sodat taal as instrument van bevryding kan gebruik wôd.
........
Deu die lesing vertel Eigelaar-Meets ôs dat die belangrikste vi haa is ommi unfound woordeskat te vind, sodat taal as instrument van bevryding kan gebruik wôd. Dat daa krag inni gesproke en geskrewe woord is, ’n stelling wat deu die gehoor resonate. Sy merk op hoe ôs deu storievertelling, poësie en lees empatie leer, ’n eienskap wat absoluut noodsaaklik is om diepgaande ontwikkeling te sien.
Maa dit is nie alles verdoemenis en somberheid’ie, in fact, die lesing is ’n aangename vewelkoming vi wat gebeur wannee die jeug bemagtig wôd en met ’n wholesome intervensie approached wôd wat hulle as holders van stories sien. Eigelaar-Meets vertel ôs van ’n studente-intervensie waar leerders aangemoedig is om te leer hoe om hul eie stories te vetel. Die studente het uiteindelik ’n poësie-anthology saamgestel, met hul werk wat ’n reeks onnewerpe dek, maa hoofsaaklik hul verhouding met taal enni skool. Triumphantly onthou Eigelaar-Meets een deelnemer wat vreugdevol uitroep dat hulle “nie meer dom is” nie. Want dit is wat taal doen, it gie jou outonomie om jou eie storie te vertel.
........
Want dit is wat taal doen, it gie jou outonomie om jou eie storie te vertel.
........
Terug na my inleiding, ek dink nou weer an ôs pedagogie van taal. Dat ôs verkennings van taal soms te didakties is, miskien te narrow is. Taal kannie net daaroor gaan om ’n steriele boodskap oo te dra’ie. Taal is lank reeds gebruik asse instrument van beheer, van skeiding. Die koloniale wortels van ôs onderwysstelsel ontwapen sommige sprekers wat reeds ’n aangebore en unieke verhouding tot taal het, wat hulle dwing om hulleself te distrust. Dit vra vi assimilasie eerder as innovasie. Dit vra vi onderwerping eerder as gemeenskap.
Ôs moet taal saamdra, voorsiening maak vi verskil en verrassing. Soos tye veanne, veanne die tegnologie oek; die gebruik daarvan wôd anders. Ôs moet taal buig; dit smeebaar laat wees. Behandel dit asse instrument enne ruimte vi gasvryheid, vi sorg, vi soothing. Die manier waarop ôs taal vi mekaar leer en ideas uitruil moet hersien wôd, deu charm en glamour. Ôs moet leer om huise te maak deu ôs eie tale. Ôs kan later by voorskriftelike denke en sintaksis en reëls uitkom. Maar wat belangrik is, is om te onthou dat ôs taal maak, dat die act van skep vryheid is. Hierdie gedenklesing deu Eigelaar-Meets reminds us dat taal vryheid is, altyd.
Lees ook:
Die Johan Combrink-gedenklesing: Maak vir elke kind lees die fokuspunt!
Afrikaans se nuwe grense: Ingrid Jones se visie by die 21ste Johan Combrink-gedenklesing
Johan Combrink-gedenklesing 2024: Vriende van Afrikaans vier 30 jaar van stories

