
Sonsondergangfoto deur Wilna Adriaanse
Wilna Adriaanse skryf op Facebook:
Aan die begin van Facebook was ek nogal op ’n seepkis.
Oor alles en nog wat kommentaar gelewer. Ek het egter besluit ek moet my dalk maar by mooi horisonne, ’n skeut familie, die viervoetige kind en nou en dan ’n boek bepaal.
Maar vandag wil ek weer op daai seepkis klim. Kan iemand asseblief vir my sê waarom RSG dit nodig ag om met Mel Viljoen ’n onderhoud te voer?
Hoekom word mense deesdae gevier sonder dat hulle iets noemenwaardig gedoen het?
- Ek ken mense wat daagliks hulle vingers stomp werk vir brood op die tafel.
- Kunstenaars, oud en jonk, wat vir hongerlone werk, maar hulle doen dit om die lewe en die wêreld te verryk.
- Skrywers wat ure en dae sukkel om daardie een ongelooflike woord of sin te vind wat ’n leser se wêreld gaan verander.
- Oumas wat kinders grootmaak, terwyl die strate oorlogsones is.
Gesels met daardie mense, vier hulle uitsonderlike vermoëns en deursettingsvermoë.
En nou sal ek weer van my seepkis afklim.
Ons het ’n lieflike sonsondergang.


Kommentaar
Bravo!
Amen! Ek lees nie die snert nie en die persoon pla my dus nie, maar Wilna se vraag is en bly relevant. Dalk is sulke gesprekke bloot klikaas strooi.
Ek stem saam met Wilna. Gesels eerder met iemand wat iets interessants en wetenswaardig gedoen het of bereik het. Daar is so baie sulke mense.
Dankie, Wilna. Voel presies so.
Gelukkig word ek dit gespaar, want ek luister glad nie na RSG nie. Hoofsaaklik omdat hulle, nes alle plaaslike radiostasies, Suid-Afrika se beste bands ignoreer terwyl hulle talentlose amusias heeltemal te veel blootstelling gee.