Wilna Adriaanse

Wilna Adriaanse is in die Kalahari gebore, maar het op Worcester grootgeword en aan die Hoërskool Worcester gematrikuleer.

Sy verwerf daarna ’n BA en BA -Honneursgraad in  Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch.

In 1981 trou sy met Deon Adriaanse. Hulle het vir drie en ’n half jaar in Giyani (Limpopo) gewoon waar hulle verbonde was aan die Kantoor van die Komissaris-Generaal.

In 1985 verhuis hulle terug Kaap toe. Die gesin het vanaf 1987 tot 2011 in Durbanville gewoon.

Die afgelope twee jaar pendel hulle tussen die Kaap en Botswana, waar Deon werk.

Drie seuns is uit die huwelik gebore:  Cobus, Jaco en Johann.

Sy het na haar kinders se geboorte ook Sielkunde deur Unisa studeer.

Sedert 2009 was sy ingeskryf as student by die Universiteit van Kaapstad en verwerf in 2011 haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns onder die leiding van Prof Etienne van Heerden.

Haar verhandeling, ’n Klein lewe word in 2011 deur Tafelberg-uitgewers uitgegee.

Behalwe haar eie skryfwerk tree sy ook die afgelope ses jaar op as studieleier vir drie van die skryfkursusse wat deur die South African Writers’ College aangebied word.

Haar eerste boek, Die wingerd sal weer bot verskyn in 2000 by Lapa-uitgewers onder die skrywersnaam, Wilmine Burger.

 Haar bekendste boeke is Rebecca (2004), Met ander woorde (2006), Die boek van Ester (2008), Vier seisoene kind. (2010), ’n Klein lewe  (2012) en Dubbelspel. (2014).

Dubbelspel was haar vyftiende boek.

Pryse:
2002:  ’n Heildronk op die Liefde: Lapa se ’Beste liefdesverhaal van die jaar-prys.’
2009:  Die boek van Ester:  ATKV- woordveertjie: Beste liefdesverhaal.
2011:  Vier seisoene kind:   ATKV-woordveertjie: Beste liefdesverhaal.

Profielfoto geneem deur Johan Wilke.

Elders gesien: Mymeringe van ’n pendelaar (vervolg)

Wilna Adriaanse Elders gesien 2021-09-03
"Wanneer jy weer by die stembus staan moet jy nie stem vir daardie een wat beloftes maak van ’n geil oes nie.  Kies een wat weet van moue oprol, van planne maak. Wat die akker self kan skoffel, en die spreekwoordelike wa man alleen deur die drif sal trek as dit moet."

Elders gesien: Hoe moet mens aanhou hoop as jy in ’n spookdorp werk?

Wilna Adriaanse Elders gesien 2021-08-09

"Soos ’n moeë verpleegsuster hierdie week vir my sê: 'As daar in daardie jare sosiale media was, het ons sekerlik nou nog pokke gehad.'"

Elders gesien: “Wees goed vir die naaste”

Wilna Adriaanse Elders gesien 2021-04-21

"’n Petroljoggie lag in volronde Afrikaans, iemand word begrawe, die Moederstad stik, kennis gaan in vlamme op."

Elders gesien: En so begin die jaar

Wilna Adriaanse Elders gesien 2021-01-25

"Ons hoop en gebede is dat 2021 ons sal toelaat om mekaar meer dikwels te sien. En met groter oorgawe mekaar te mag omhels."

Elders gesien: Wag voor jou mond

Wilna Adriaanse Elders gesien 2020-05-14

"Ons almal beleef op die oomblik dae wat jy alles om jou wil platvee en met jou tong ’n brandpad skroei. Dis jou goeie reg. Maar maak tog maar die wag by jou mond wakker, want jy weet nie wie almal jy dalk gaan skroei as jy die vlamme loslaat nie. My ervaring is dat dit dikwels jyself ook is."

Dag 12: Kwarantyn-ketting – "Die bome behoort nie aan jou nie" deur Wilna Adriaanse

Wilna Adriaanse Kwarantynketting 2020-04-07

"Na sewe jaar is ek hartstogtelik lief vir Botswana, maar op daardie Sondagaand wou ek in Suid-Afrika wees. ’n Land waarna ek dikwels met groot hartseer en wanhoop vanaf hierdie kant van die grens kyk, maar ook ’n plek waar die mense my soms mateloos trots maak. Die komplekse land wat vir ewig onder my vel sal lê."

Boekresensie: Tuisland deur Karin Brynard

Wilna Adriaanse Resensies 2016-07-26

"Terwyl jy jou egter nog verlustig in die taal, klap die storie jou soos ‘n goeie smoelslaner."

kykNET Silwerskermfees 2015: Oorsig en foto's

Wilna Adriaanse kykNET Portaal 2015-09-03

"kykNet se gewilde en glansryke Silwerskermfees is soos ‘n binneaarse inspuiting. Die effek is onmiddellik."

Nadine Petrick gesels met Wilna Adriaanse oor Vier seisoene kind, Afrikaanse-boek-vroue en (natuurlik) die liefde

Nadine Petrick, Wilna Adriaanse Skrywersonderhoude 2010-07-21

"Ek het deur die jare geleer dat elke karakter ’n spesifieke naam wil hê en hulle gee nie hulle samewerking totdat die name reg is nie."

Wilna Adriaanse: Hoe maak 'n mens tyd om te skryf?

Wilna Adriaanse Skryfsake en rubrieke 2010-02-19

"Ek sal graag die vraag wil omdraai en vra hoe kry skrywers dit reg om tussen hulle skryfwerk nog besige lewens ook te lei, want ek sukkel soms daarmee."

Top