
Foto: Franz P Sauerteig | Pixabay
...
Ek moet net met meer aandag kyk en luister.
...
Wilna Adriaanse skryf op Facebook:
Nic De Jager, as jy ooit wonder of jou woorde en musiek iemand êrens raak, weet net dat jy maar net moet aangaan om te doen wat jy so goed doen.
Vandag, terwyl ons terug ry van Johannesburg af Gaborone toe, kom daar een van die berugte blouligkavalkades by ons verby: vier polisiemotorfietse, vier polisievoertuie, en agt swart Mercedes Benz 4x4’s. Ons word van die pad af gedruk sodat die BBP’s die land kan gaan red, of iets ewe belangrik.
Die spoeg in my mond het bitter geword, en ’n algehele moedeloosheid het van my besit geneem.
En toe lees jy die twee gedigte van NP Van Wyk Louw, “Winter” en “Vroegherfs”. En my trane loop. Ek mis toe die Kaap, wat nou al kaler, kouer en natter word, my mense, studentedae terwyl Stellenbosch reën, en sommer mense wat ek nie eers ken nie. Maar terselfdertyd jubel ek oor die mooi wat steeds om my is. Ek moet net met meer aandag kyk en luister.
Dankie.
Kommentaar
My kop kan nie hierdie som uitwerk nie.