Elders gesien: En so begin die jaar

  • 0

 Op Facebook skryf Wilna Adriaanse:

Gestewel en gemasker het ons weer gisteroggend die Kaap gegroet. Met groot dank dat ons aan die einde van ’n lang en vreesaanjaende jaar daar kon gaan uitspan. Helaas kon ons vanjaar nie met ons gewone uitbundigheid al die nearest en dearest sien nie. Ons hoop en gebede is dat 2021 ons sal toelaat om mekaar meer dikwels te sien. En met groter oorgawe mekaar te mag omhels.

In die verte gee Adamastor ons ’n laaste wuif, en die Du Toitskloofberge wil-wil wegraak in die see van mis.

Oor die Noord-Kaap het die wolkbanke dik en soms dreigend gelê. En toe maak die wye en wilde vlaktes van Afrika weer onder ons oop. En die Gaborone-dam lê vol en blink na die goeie reëns.

En so begin die jaar. Met dank, met ontsag, soms vrees, versigtige planne, maar tog met hoop.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top