Elders gesien: Rus in vrede, Portchie

  • 0

Portchie en Fanie Vijoen (Foto van Facebook met Viljoen se toestemming)

Fanie Viljoen skryf op Facebook:

Ek het verlede maand ’n draai by Portchie se huis in Stellenbosch gaan maak, want ons het in opdrag van Tafelberg Uitgewers saam aan ’n kinderboek oor sy lewe gewerk. Hy het tee gemaak, vars piesangbrood bedien en hartlik oor sy lewe gepraat. Later het hy vir my op sy geliefde klavier gespeel, omring deur sy en ander mense se kunswerke. ’n Gesellige kaggelvuur het gebrand, en oral was daar kleur en klank.

Vanoggend is hierdie kunsgees weggeneem na ’n plek waar daar selfs meer kleurvolle bome en groter madeliefies groei.

Rus in vrede, Portchie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top