Elders gesien: Vroeg-Julie voer ek en Bettina dan ons laaste gesprek

  • 2

2017 steelfoto die dag wat ek haar ontmoet het. (Foto: ©Réney Warrington)

Vroeg-Julie voer ek en Bettina dan ons laaste gesprek. Ons gesels oor ons geliefde ma’s se afsterwes en die nadraai van die absolute verlies.
 
Ek was nie daar vir jou nie, sê ek.
 
Jy't nie toe geweet wat jy nou weet nie, paai sy.
 
Ek sê ek lees Joan Diddion se A year of magical thinking. Diddion meen daar is ’n verskil tussen GRIEF en MOURNING.
 
"Grief" is iets wat met jou gebeur. Jy sit daarin. Jy het geen beheer daaroor nie.
 
"Mourning" is jou heelwordproses. Wanneer jy aan die beweeg kom. Jy bestuur dit.
 
Ons tob oor die Afrikaanse vertaling, maar kry nie ’n antwoord nie.
 
Ek sê ek lees ook CS Lewis se A grief observed.
 
Sy lag eers oor ek nie glo nie. Lewis was tog bekend vir sy geloof. Sy ook. Ek belowe ek hou dit nie teen hom nie.
 
Ek sê die boek begin met: “No one ever told me that grief felt so like fear."
 
Ons stem beide saam met Lewis.
 
Ons eindig die gesprek met die ’n laaste verwysing na my ma. Bettina het ’n kopie van haar laaste roman Grietjie se loutering vir my ma gepos. Ingesluit was die mooiste brief.
 
“Die laaste mooi video wat ek van my ma het, is waar sy jou brief lees.”
 
“Ai. Ek is so bly ek het dit toe gedoen.💔
 
“Oe, sy was chuffed.”
 
Ek gaan stap die Baviaanskloof en stuur ’n klomp foto’s en video’s die dag voor haar dood. Ek sal nooit weet of sy dit gesien het nie.
 
 
  • 2

Kommentaar

  • Deur die jare het ek my bes gedoen om Bettina uit te lok tot ’n bekgeveg of net die geringste aanduiding van ’n ligte irritasie.

    Dit wou nie.

    Eenmaal, tydens haar verjaardag, het LitNet Spiderbait se Black Betty (deur my aan haar opgedra) se skakel geplaas. Tussen die lyne, het ek myself vertel, het sy wel laat blyk ek is ’n regte platjie.

    Al het ek haar nooit ontmoet nie, is sy in my gedagtes.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top