Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Adam & Jakes: Wie is vandag hul gespreksgenote in Afrikaans?
2026-03-03"Die oorsprong van hierdie praatjie [soos gelewer by die Adam Small-fees 2026] is ’n onvoltooide manuskrip, getiteld 'In begrypende vriendskap', met die subtitel 'Adam Small & Jakes Gerwel: gespreksgenote in en oor Afrikaans'."
Persverklaring: kykNET Fiëstas-toekennings – hier is die benoemdes
2026-02-26Met ’n nuwe tuiste by Tribuo, maar nog steeds met kykNET as naamborg, is twee dinge duidelik. Eerstens is die kykNET Fiësta-toekennings hier om te bly. Tweedens het die afgelope feesjaar weer bewys dat die werk wat in Suid-Afrika geskep word, tuis op enige wêreldverhoog sal wees.
VVA-Leeskonferensie 2026: "Die wysie van die taal"
2026-02-26"'Want ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind,' verkondig die digter, Antjie Krog, wyd en syd. Dit was die boodskap op die onlangse VVA-Leeskonferensie wat verlede Donderdag tydens die Adam Small-fees by die PC Peterson Primêr in Kylemore vir onderwysers en opvoeders van veral die voorskoolse kind aangebied is." Lees Marzahn Botha se berig oor die opwindende konferensie en kyk ook foto’s van die geleentheid.
Adam Small Fees vier verskeie ander hoogtepunte
2026-02-26"Small sou vanjaar 90 jaar oud gewees het en is 10 jaar gelede oorlede. Die vierdagfees het Saterdag ’n hoogtepunt bereik, met Internasionale Moedertaaldag wat ook gevier is."
Persvrystelling: Suidoosterfees bring ’n musikale hutspot van stemme en style na die wêreld se mooiste stad!
2026-02-25Kaapstad, ongetwyfeld die wêreld se mooiste stad, is ’n lewende tuiste vir die fees: ’n plek van komvandaan en kom weer, van uiteenlopende tale, ritmes en klanke, van mense wat mekaar in musiek herken.
Stilbaai-boekefees 2026: ’n onderhoud met Elna van der Merwe
2026-02-25"Dit is die vyfde jaar wat die fees aangebied word en dis asof dit teen hierdie tyd sy eie momentum kry."
Persvrystelling: Registreer nou vir die 2026 Sanlam WOW Spelfees
2026-02-24Die 17de Sanlam WOW Spelfees vind van Julie tot Oktober landwyd plaas, en skole en leerders word hartlik uitgenooi om nou te registreer. Deelname is heeltemal gratis.
Video-oorsig: Adam Small-fees 2026 (Pniël, Wes-Kaap)
2026-02-23Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël, op pad na Franschhoek vanaf Stellenbosch, plaasgevind. Hierdie fees vind jaarliks in hierdie voormalige sendingstasie vir vrygestelde slawe plaas. Hierdie kort video-oorsig dek die Saterdag-program, wat op Internasionale Moedertaaldag geval het. Vanjaar was dit ’n spesiale viering, aangesien 2026 die jaar is waarin Adam Small 90 jaar oud sou geword het en hy 10 jaar gelede oorlede is. Daar is vanjaar ook hulde gebring aan die digter Diana Ferrus, wat in Januarie 2026 oorlede is.
Persverklaring: Suidoosterfees 2026 se NATi Teaterfees-program
2026-02-18Vanjaar se NATi Teaterfeesprogram gaan feesgangers ongetwyfeld herinner waarom die fees ’n broeikas van innovering en gehalte in die Suid-Afrikaanse kunstewêreld is.
Persverklaring: Program vir die Adam Small-fees
2026-02-18Aangeheg die finale program vir die opkomende Adam Small-fees.
Persverklaring: Talle bekroondes op program vir 30ste KKNK
2026-02-17Onder die aanbod van bekroondes wat ’n draai in die Klein Karoo maak tel dramas, komedie, musiek, dans- én kinderteater.
Droomland Fees: ’n kuier saam met lekker mense
2026-02-17"Droomland Fees is gebore uit ’n eenvoudige maar kragtige idee: om mense toe te laat om te droom en deur musiek bymekaar te bring."
Persvrystelling: Suidoosterfees 2026 se Kort voor lank-programafdeling
2026-02-17Kort voor lank is een van Suidoosterfees se gewildste programafdelings – ’n fees binne ’n fees waar uiteenlopende stories in treffende 30-minuut-vertonings tot lewe kom.
Persverklaring: Dis amptelik! Die Suidoosterfees 2026-progam is nou beskikbaar
2026-02-10Vanjaar se tema is Tuiste. Klik hier vir die volledige program en begin jou fees beplan!
Die gedekte bord van Diana annie feestafel voed steeds honger skrywers byrie Cape Flats Festival – writing a New South African story every year
2026-02-06"Taal issie virrie swat skrywer altyd naturally owned nie, soms kossit jou om by ’n literary festival te sien en hoor dat wat djy praat, kan krag dra."
Lady Di, die Cape Flats Book Festival het die jaar iets gekort
2026-02-02"’n Taxi vol skoolmeisies raak skielik a makeshift-geskiedenisklas. Gaireyah leer oor die tragiese storie van Sarah Baartman en die catalyst rol wat Aunty Di se poësie gespeel het om ons ancestor se remains huis toe te bring."
Persverklaring: Adam Small-fees
2026-02-02Die Pniël Erfenis- en Kultuurtrust nooi u hartlik uit na die 2026 Adam Small-fees – ’n fees van herinnering, taal en kultuur – in die jaar waarin Adam Small 90 sou word.
Persverklaring: Eerste WOW-Droomuitstappie by Universiteit Stellenbosch
2026-01-30Woorde Open Wêrelde (WOW) se eerste WOW-Droomuitstappie (Dream Walk) vir graad 12-leerders is op 28 Januarie by die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied.
Persverklaring: Libertas-plaas – waar die kuns en die mure asemhaal
2026-01-07Gedurende die Toyota Stellenbosch Woordfees van 2025 het die buitegeboue Veldhospitaal gehuisves: ’n visuele kunsinstallasie wat die skure in ’n oorlogstydse veldhospitaal verander het. Die uitstalling, wat trauma en herstel as temas ondersoek, het Libertas self op ’n manier geëggo: ’n huis wat tans self herstel word en besig is om te genees van agteruitgang en skade.
Persverklaring: Voluit-feesprogram vir 30ste KKNK bekend
2026-01-06Feesgangers kan vir die 30ste jaar uitsien na ’n fees wat bruis van talent – beide veterane én opkomend. Die gewilde aspekte van die fees is volgepak, met ’n paar nuwighede en opwindende aanpassings.
