Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Toyota US Woordfees 2022: ’n gesprek met Tom Dreyer oor Kodachrome, optiese instrumente en die filmiese oog
2022-10-06"Stories is verdikkings in die stroom van die tyd, tydelike eilande van betekenis, en dis dalk die beste waarop ons kan hoop."
Etienne van Heerden Veldsoirée: Elise Bishop oor Twee lewens
2022-10-05Die Etienne van Heerden Veldsoirée het van 23 tot 25 September 2022 op Cradock plaasgevind. Elise Bishop het met Izak de Vries gesels oor haar outobiografie Twee lewens.
’n Gesprek tussen Estelle Kruger en Fanie Olivier oor sy vertaling van Mister Angelo Alzheimer
2022-09-28"Jy lees die teks sekerlik minstens twee keer deur sodat jy die 'gevoel' van die storie kan kry en vasstel hoe die storie vertel word. Laasgenoemde is seker die moeilikste ding om oor te besluit, en dan veral wat jy gaan doen rondom die hantering van tydvorme, spesifiek die verlede tyd."
Buit: ’n onderhoud met Dibi Breytenbach
2022-09-27"Die skryf van Buit was tot ’n baie groot mate vir my ’n herkalibrering van my Afrikaanskap. Ek dink dat die pennie, soos die Engelse sê, na ’n geleidelike ontwaking vir die eerste keer behoorlik gedrop het dat ek ook ’n deel van hierdie kontinent is. Hoe meer ek geskryf het, hoe kwater het ek geword. Vir die eerste keer het die diepte van die skade wat deur kolonialisasie aan die kontinent aangerig is en steeds aangerig word, tot my merg deurgedring."
Moerstaāl: ’n gesprek met Loit Sōls
2022-09-22"Moerstaāl is innie heēl eēste plek ’n journey van explorations across baie genres, including krye cultivation, om trig hys toe te kom na my Komvandaan, en my sigsèlwis: lgn issie ynlik my eie gibryk-ie." Loit Sōls praat oor sy nuwe bundel. Hy is ook op die 10de Oktober by die Toyota US Woordfees.
Die verkeerde vrou: ’n onderhoud met Irma Venter
2022-09-21"Ek beplan my karakters deeglik, met gedetailleerde agtergrondstories en sterk voorkeure en afkere. Hulle hou my geselskap vir die 18 tot 24 maande wat ek die boek skryf en hulle mag my nie verveel nie. As hulle my gaan verveel, gaan ek die leser verveel, en om die leser te verveel is eenvoudig ontoelaatbaar."
Kaap: ’n onderhoud met Hans Pienaar
2022-09-15"[D]aar (was) ’n tyd toe ek kwaad was oor die ANC wat ons almal in die steek laat, maar ek wou nie by kwaad vassteek nie, ek wou iets doen, net soos ek destyds nie by kwaad oor apartheid wou vassteek nie, maar dit wou beveg. En ek het gedink: Nou maar as die ANC die staat kaap, kom ons kaap die revolusie by die ANC."
Kleur en Karamel: ’n Onderhoud
2022-09-06"Ek kon self besluit oor die storie, die karakters, hulle beroepe en al die res. Lisa het net vir my die vereistes vir ’n Romanza gestuur. Sy het gesê ek kan ook self besluit hoe warm ek die liefdestonele wil maak."
Katastrofe en Die holderstebolder hondepartytjie: ’n onderhoud met De Wet Hugo
2022-09-05"Dit was altyd ’n droom om te kan skryf en ek het altyd gesê as ek net een boek gepubliseer kan kry, sal ek tevrede wees. Maar soos dit met die meeste goed in die lewe is, was een natuurlik nie genoeg nie. Die plesier wat ’n nuwe boek my gee is verslawend. Ek glo nie ek sal ooit kies om op te hou skryf nie."
Net aliens eet spinasie en ander stories: ’n onderhoud met Jaco Jacobs
2022-08-19"[A]s ’n mens jou storievoelers uitgesteek hou, is daar oral stories wat wag om vertel te word."
Vincent Pienaar, Melville se onwillige literêre skat
2022-08-18"Terwyl ek by Killarney was, het ek ’n roman in Afrikaans geskryf. Dit was voor die dae van fotokopiemasjiene. Ek het die enigste bestaande manuskrip vir ’n meisie gegee om te lees. Ek wou haar beïndruk om voor die hand liggende redes, maar sy het verdwyn met die velle papier wat sy sekerlik nooit gelees het nie." – Vincent Pienaar.
True magic amongst grinding poverty, no fairies: Bridget Krone on her latest book
2022-08-10Can a dream be born in Cedarville, a place of grinding poverty? Izak de Vries chats to Bridget Krone about The Cedarville Shop and the wheelbarrow swap, published by Catalyst Press.
Kinderboeke: Rafiek Mammon se Faizel versamel sterre in Afrikaaps
2022-08-04"Kaaps is nie iets waaroor ek mal of passionate is nie. Ek glo jy moet jouself kan uitdruk soos jy wil. Dis tog waarvoor ons geveg het, is dit nie?" Rafiek Mammon gesels oor sy boeke vir bloedjong lesers, Faizel en die sterre en ’n Goue ster vir Faizel, en vertel hoe sy Moslem-karaktertjie ’n stem help gee aan gemarginaliseerdes.
Gesprek van Estelle Kruger met Fanie Viljoen en Daniël Hugo oor hulle grafiese roman Laaste lewe (2020)
2022-08-02"Strokiesprente kombineer die visuele en geskrewe wêreld op ’n unieke manier. As bonus is dit vermaaklik."
Stemme | Voices | Amazwi: "My ouma – die bakker, die bokser": ’n onderhoud met Dean Balie
2022-08-02"So ek wou sê my ouma het my geknie in die vorm wat mense vandag sien. Ek is ’n produk van haar hande, haar lesse, haar lewe en haar liefde."
Krummels is mos die lekkerste deel: ’n gesprek oor boeke, kos en die lewe
2022-07-22"Fiksie en joernalistiek is heeltemal, heeltemal verskillende dissiplines. Talle briljante joernaliste – nie almal nie! – faal as romanskrywers, en goeie romansiers wat soms gevra word om joernalistiek te pleeg, sukkel om twee feite binne 3 000 woorde te betrek."
Dan Sleigh skryf VOC se retoervlootstelsel en die oorsprong van verwoestende pokke aan die Kaap oop
2022-07-20By die lees van Retoervloot – Kaapstad en die VOC in 1713 (Tafelberg), Dan Sleigh se mees onlangse geskiedeniswerk, meld ’n magdom indrukke hulle by ’n leser aan, oor die aard van ondernemingsgees en die ingewikkelde, droewige, dinamiese en steeds uitkringende nalatenskap daarvan. Sleigh het Willem de Vries se vrae beantwoord.
Hoerkind deur Herman Lategan: ’n onderhoud met die skrywer
2022-07-18"Herman sê hy glo op ’n goeie dag dat ’n mens se ervarings, goed of sleg, nie vermors is in die hande van ’n skrywer of kunstenaar nie. Hy gebruik alles wat met hom gebeur in sy werk. 'Ek vergader, stof af, polish en bêre gebeure vir latere gebruik.'"
Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman
2022-07-13"Ek dink soos ’n mens ouer word, besef jy toenemend dat jy aanhoudend moet vrede maak met verlies, van kleins af al. Jy verloor jou eerste hondjie, dalk ’n oupa of ’n ouma, later jou onskuld en so aan totdat die werklikheid van jou eie dood al hoe groter begin word."
China in Afrika: Die era van sekuriteit deur Fanie Herman: ’n onderhoud met die skrywer
2022-07-13"Op grond van die persoonlike kontakte tussen Xi Jinping en Cyril Ramaphosa en hulle persoonlike gesprekke tydens die laaste FOCAC-vergadering is die mening dat Suid-Afrika al hoe nader aan China beweeg." – Theo Neethling gesels met Fanie Herman wie se boek China in Afrika: Die era van sekuriteit pas verskyn het.