Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Bruno Andries se Naledi-vertaling van Die klein prinsie: ’n onderhoud
2024-01-22"Die tydloosheid van die verhaal het uitgestaan. Die fyn spot van Saint-Exupéry met mense wat dink hulle doen belangrike dinge is vandag geldiger as ooit. Die mallemeule van die daaglikse bestaan laat mense vergeet wat regtig belangrik is in die lewe. Dis ook duidelik dat dit nie eintlik ’n kinderverhaal is nie. Kinders en volwassenes kan dit lees en op verskillende vlakke waardeer."
Drie: ’n onderhoud met Hans Pienaar
2024-01-10"Die inspirasie vir Drie? Ek het afgekom op die werklike geskiedenis van rugby, en ontdek dat groot dele van die legende van William Webb Ellis pure versinsel was. Ek het gevoel dat hierdie dubbelslagtigheid ook in die spel self, waar so baie agter die skeidsregter se rug gebeur, gestalte kry. Ek wou ook afreken met sekere gebeure in my eie geskiedenis rondom my deelname aan geheime organisasies in my skooldae en het gedink ek moet hierdie twee strominge, die mitologie rondom rugby, en Afrikaners se onderwêreld, laat vervleg."
Die Melkweg en die miskruier: ’n onderhoud met Jeanette Ferreira
2023-12-20"Grond, soos water, soos lug, soos veld, soos diere, is so ’n groot verantwoordelikheid en vra soveel respek en kennis dat dit nie binne een geslag 'reggestel' kan word nie, veral nie terwyl bevoorregte elite – lees: invloedryke lede van die regerende party – wat net so min kennis het, glo grond is geld nie. Grond is die aarde se vel en ons moet die hele liggaam versorg."
In gesprek met Kleinboer oor die kosmos en sy bundel erf en elders
2023-12-18"Ja, die verganklikheid spook nogal by my, die vlugtigheid van alles. Ek sê gereeld vir blommetjies in die verbygaan: 'Ek sien julle, hoor!' Môre sal hulle verwelk wees en oormôre leweloos."
Die Jan Rabie Marjorie Wallace-beurs 2024: ’n onderhoud met Lynthia Julius
2023-12-13"Jy raak eintlik bang as die nuus dat jy die beurs ontvang het, klaar ingeskop het. Jy dink aan die mense wat dit voor jou gekry het. Dis sterk skrywers, en iewers tussenin skop 'impostor syndrome' in. Maar dan moet jy hom eenkant skuif, want hier lê werk voor en ’n boek moet geskryf word."
’n Gesprek oor Gebeente | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-12-06Waarom kry ’n mens nie die dorpie Gebeente op ’n kaart nie? Hoekom het hierdie roman twee mense wat ’n misdaad moet ondersoek – die gewone speurroman het dikwels net een speurder nodig?
Mr BookFestivals talks about his autobiography, BookBedonnerd | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-12-06The conversation meanders through churchyards, book towns, festivals and academic departments. Darryl David, the man who has started so many book festivals, also talks about his love for his wife, his daughter, his dogs and church buildings.
Emperor of Rome: Mphuthumi Ntabeni interviews Mary Beard
2023-11-30A transgender Roman emperor? Why were there no bedrooms in Caesar’s palace? How about an emperor who may have worn more shoes than Imelda Marcos? Is democracy better than a benign dictator? These are but a few of the hot topics Mphuthumi Ntabeni teases out of Mary Beard during an interview in Cape Town.
Onderhoud met Sophia Kapp oor die Wen!-reeks
2023-11-27"Kinders doen goed wat vir hulle lekker is, en die beste manier om hulle aan die lees te kry en te hou, is om vir hulle boeke te gee wat lekker lees."
Stefaans Coetzee gesels met Hestelle van Staden oor bloed en outopsies
2023-11-20"Ek sê altyd truth is stranger as fiction, so ek dink steeds die ware verhale is soms baie vreemder."
Die laaste kanariegeel notaboek | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-15“Geheime is gevaarlik,” sê Anchien Troskie vir AJ Opperman in hierdie onderhoud oor haar roman Die laaste kanariegeel notaboek. Die gesprek het plaasgevind tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023. Opperman vra uit oor die gebruik van kleur, die skryfproses en hoe sy die verskillende tydvakke in die roman nagevors het.
Die hond met die stert sonder swaai | The dog with the broken wag: ’n onderhoud met Paula Fourie
2023-11-15"Vir my is dit belangrik dat kinders lank voordat hul self kan lees en agter ’n skoolbank ingedruk word, moet besef dat mens met woorde kan speel en dat hulle jou kan meesleur soos ’n onstuitbare stroom. Ek hoop hierdie kinderboek dra daardie boodskap oor!" Onderaan die onderhoud met Paula Fourie verskyn daar ook inligting oor die boekbekendstelling wat op 18 November in Kaapstad plaasvind.
Deur die tonnel van twyfel: Waarom Kombuis hom nie as Christen beskou nie
2023-11-14"Van nou af wil ek net ek wees, nie ’n Christen of ’n Moslem of ’n ateïs nie, net ’n mens weerloos en sonder maskers, deel van die groot en onverstaanbare kosmos."
kammawaarwêreld: ’n onderhoud met Estelle Kruger
2023-11-10"Vir my wat as kind en as getroude vrou “stom” moes wees, was die skryf van die boek ’n proses van heling en groei – ’n skoenlapper wat vry kan vlieg uit ’n papie en vir die wêreld die kleure van my kaleidoskoop kan wys."
Grietjie se loutering: ’n onderhoud met Bettina Wyngaard
2023-10-30"Natuurlik is daar oral ’n Grietjie, selfs al is die persoon in ’n ander beroep. Die skrywer se werk is om iets universeel in die alledaagse uit te lig, dink ek. En ons het die ongelooflikste vroue wat elke dag in hul klein hoekie veg om omstandighede rondom hulle te verander."
Stefaans Coetzee in gesprek met Marie Lotz
2023-10-25"Ek dink dit sal my kreatiwiteit inkort as ek moet sit en nadink of ʼn toneel gaan werk as dit verfilm word. ʼn Mens moet dit oorlaat aan die draaiboekskrywer en filmmaker."
Stefaans Coetzee in gesprek met Madelein Rust
2023-10-25"Ek skryf nooit met ’n film in gedagte nie, maar ek geniet dit regtig wanneer lesers vir my sê my boek lees soos een. Van nature skryf ek baie beskrywend omdat die storie wel soos ’n film in my kop afspeel."
Dis net vel, my pel: ’n onderhoud met Izak de Vries
2023-10-24"Aangesien alle mense in Afrika, naby die ewenaar, ontstaan het, was al die eerste mense se velle swart. Ons almal het dus swart voorouers."
"Ons een-punt-oorwinnings is ’n straf én ’n seën," vertel Hendrik Hancke, skrywer van Onkant!
2023-10-24"Ons twee een-punt-oorwinnings is ’n straf én ’n seën; ons span het die regte temperament om uitkloprugby te speel en daardie ervaring kan goud werd wees teen ’n span wat ’n baie makliker halfeind gespeel het die afgelope naweek."
Rassie, stories oor rugby en die lewe deur Rassie Erasmus, saam met David O’Sullivan: ’n onderhoud
2023-10-24Gaan Suid-Afrika die Wêreldrugbybeker met een punt wen? Jaco Jacobs waag voorspellings en praat oor sy vertaling van Rassie Erasmus se outobiografie. "Dit is regtig ’n lekker boek om te lees. Ek het op ’n dag vir my pa gesê: 'Die rede waarom ek nie juis rugby kyk nie, is dat daar nie ’n storielyn is nie.' Toe antwoord hy: 'Dis omdat jy nie die karakters ken nie.' Met die vertaling van hierdie boek voel dit of ek ’n hele klomp van die karakters leer ken het."
