
Ek is James Biehl, ’n afgetrede predikant van Parow.
Ek en my vrou is op soek na die gedig “As die rentmeesters kom”. Die digter se naam is onbekend aan ons, en ook is ons nie seker van die titel nie.
Dit handel oor mense of ’n persoon wat die besigheid se boeke kook. Hulle weet dat hulle eendag uitgevang sal word, want die rentmeesters of ouditeure sal eendag kom.
Êrens in die gedig kom die volgens woorde voor: “...vat en vou, vat en vou, stukke sjokola in blink papier toegevou...”
Ek sal baie bly wees as iemand kan help. Ek wil graag die gedig in preke en motiveringspraatjies gebruik.
Baie dankie.


Kommentaar
Dis Opperman se "Ballade van die grysland" uit sy bundel Negester oor Ninevé (1947). Nie "rentmeester" nie, maar "rekenmeester". Of dit geskik is vir u doel, sou ek nie kon sê nie.