
Ek wil graag met die lesers in gesprek tree aangaande die benoeming Afrikaner. Deesdae blyk dit dat ’n klein minderheidsgroep Suid-Afrikaners ter uitsluiting van alle ander vir hulle hierdie naam toegeëien het.
Die eerste keer dat die benaming in die geskiedenis voorkom, is toe Hendrik Biebouw, ’n jong man, dit in 1707 geuiter het. Ek haal aan uit Wikipedia en wel uit die hoofstuk “Nomenclature”:
The term Afrikaner originally described mixed-race nomadic people in South Africa similar to Basters across Namibia and South Africa. Such groups include the Oorlam people under Oude Ram Afrikaner and Jager Afrikaner in the early 1700s, with the Oorlam continuing to use Afrikaner as a surname and subgroup of their people. The first recorded instance of a colonist identifying as an Afrikaner occurred in March 1707, during a disturbance in Stellenbosch. When the magistrate, Johannes Starrenburg, ordered an unruly crowd to desist, a young white named Hendrik Biebouw retorted: “Ik wil niet loopen, ik ben een Afrikaander – al slaat de landdrost mij dood, of al zetten hij mij in de tronk, ik zal, nog wil niet zwijgen.” (I will not leave. I am an Afrikaner – even if the magistrate were to beat me to death or put me in jail, I shall not be, nor will I stay, silent.”) Biebouw was flogged for his insolence and later banished to Batavia (present-day Jakarta), Indonesia. The word Afrikaner is thought to have been used to classify Cape Coloureds, or other groups of mixed race ancestry.
Daarna lees ek die volgende in My Heritage Family Trees:
Hendrik Biebouw was born in May 28, 1690, in Cape, South Africa, to Didelof Biebouw/Bibou and Diana Biebouw/Bibout, born in Madagascar (slave).
In my verdere soeke na die oorsprong van Afrikaner lees ek in Nuwe geskiedenis van Suid Afrika (deur Hermann Giliomee en Bernard Mbenga) op bladsy 53:
’n Kaapgebore halfbloed (die kind van ’n verhouding tussen ’n Europeër en ’n slaaf) was sterk in aanvraag. Die Britte het hulle Afrikanders genoem.
Dan lees ek verder oor die slaaf wat as Jonker Afrikaner bekend was:
Die nasate van verbintenisse tussen Europeërs en slawe wat aan die Kaap gebore is, was die gesogste slawe. Die Britte het die mense Afrikanders of Afrikaners genoem. Die burgers het ander name vir hulle gehad.
Ek verneem graag wat andere (en veral diegene wat die term Afrikaner tans vir hulselwers opgeëis het, en alle ander uitgesluit het) hieroor te sê het.
Lees ook:
Ons is nie almal so nie – ’n reaksie op die sogenaamde "Afrikaner Verklaring"


Kommentaar
Ek sit en wonder: wie presies is hierdie 'klein minderheidsgroep' waarvan hier geskryf word. Is dit die 44 briefskrywers van die NIE IN ONS NAAM NIE-brief? Verskeie van wie eens bedank het as Afrikaners? Of verwys dit nou na Afriforum se lede? Of na wie?
Dit lyk vir my dat nadat die Trump-regering begin het om Afrikaners as 'n nasie te erken, nou is al die Afrikaners wat bedank het as Afrikaners, en wat eerder Suid-Afrikaners wil wees, ook nou skielik weer Afrikaners.
Wat die geskiedenis betref. Ek dink dit is belangrik wat die briefskrywers stel, maar dis ook algemene kennis dat woorde se betekenisse oor tyd verander. Die Afrikaanse woordeboek koppel nie ras aan die konsep Afrikaner nie maar uitsluitlik taal, spesifiek die Afrikaanse taal. Ons almal weet hierdie feit. Ten opsigte van Afrikaans en die Afrikaner, voel dit vir my, het ons sedert 1994 van een uiterste na die volgende gespring. Voor 1994 is daar verkondig dat Afrikaans 'n witmenstaal is. Na 1994 word daar nou vertel Afrikaans is uitsluitlik deur swart Suid-Afrikaners ontwikkel. Voor 1994 het Afrikaners geglo slegs witmense kan Afrikaners wees. Nou word daar vertel Afrikaners kan slegs swartmense wees.
Daar word gedurig verwys na die feit dat die Oorlam-Afrikaners steeds die van Afrikaner gebruik. Mens wonder hoe sal die wêreld werk as elkeen op aarde homself volgens sy of haar van moet organiseer. Al die Smitte sal seker smidwinkels moet oopmaak. Ongelukkig ry ons nie meer so baie met perde nie, so daar is maar min perdeskoene vir die ystersmid om te maak en die kompetisie sal iets vreeslik wees om te aanskou. Al die van der Walds sal seker moet terugtrek na 'n woud toe. En wat doen jy as jou van Black of White is?
Sommige groepe vertel ons weer dat 'n Afrikaner MOET 'n Christen wees. Net jammer die Christene kan nie uit een mond verduidelik wat is 'n Christen nie, met elke denominasie wat 'n ander definisie en pad na die paradys het.