Afrikaner, Afrikaan, Afrikaans

“Dit is geen geheim nie dat bruin mense die mees diverse en gemengde groep in die land is met wortels wat tot diep in Afrikanerbloedlyne strek – en dit kan nie ontken word nie. Ons het meer gemeen met die (wit) Afrikaner as wat ons van mekaar verskil. Ons deel dieselfde taal, dieselfde godsdiens, kultuur en tot ’n groot mate tradisies. Afgesien van hierdie feite en raakpunte, pas ons nie binne die definisie van wat of wie ’n Afrikaner is nie.”