SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

’n SêNet-brief met ’n voorstel voor die verkiesing

Marietjie Warrington SêNet-briewe 2024-05-07

"Op Nelspruit, nou Mbombela, het luit-kol Johan Botha ampers tasbaar God se teenwoordigheid beleef – ’n belewenis wat sommiges meen verbind kon word aan die byna bonatuurlike kalmte wat tydens die verkiesingperiode en Mandela se inhuldiging in daardie jaar geheers het."

Spesies van die oorsprong: ’n fenomenologiese siening van geselekteerde evolusieteorie-konsepte

Coert Mommsen SêNet-briewe 2024-04-10

"Die kampioene van die evolusie-denkrigting stroop die menslike bestaan en omgewing van die noodsaaklike kwaliteite van lewe en estetika wat bydra tot die rykdom van die menslike omgewing: geskiedenis, agtergrond, kreatiwiteit, intelligensie en die talente wat elke mens beskore is vanaf die begin van die wêreld."

Wat’s in ’n naam?

Riette Hugo SêNet-briewe 2024-04-03

"Toe word ek na albei my oupas vernoem: Petrus Ignatius Egbertus Liebenberg – dit klink nogal na ’n kroonprins wat gedoop word, maar daar was geen geldige rede waarom ek daardie name gekry het nie."

Vroedvrou: Kan ’n dokumentêr jou iets van jouself teruggee?

Cliffordene Norton SêNet-briewe 2024-03-27

"My antie het redelik kennis, maar daar is toenemend vrae oor die rate wat mamme Essie (my ouma) of ouma Annie (my oumagrootjie) gebruik het en wat verlore gegaan het. 'Waarom het ons dit nie neergeskryf nie?' is ’n gereelde vraag en ek het soveel berou. Ek het altyd gedink ek sal genoeg tyd hê om dit neer te skryf. Ek het dit nooit neergeskryf nie en baie van hierdie kennis het verlore gegaan."

Rondom Bettina

Fanie Olivier SêNet-briewe 2024-03-04

"Is dit hoe rassiste geïdentifiseer word? Dié subjektiewe klassifikasie na aanleiding van die vrou se gesigsuitdrukking?"

(Vandag is Wêreldmoedertaaldag)

Bruno Andries SêNet-briewe 2024-02-21

"Sy is my pleegmoedertaal
my koestertaal
my hartstaal
my liefdestaal
my aanneemma"

Oh! Doll, dear, you brokes my heart!

Jannie Gagiano SêNet-briewe 2024-02-16

"By now, the process of trauma bonding is beginning to settle in. As the paint drips from their bodies, each of the victims begins to develop a deep emotional attachment to the Nagligte who are causing them harm."

Hoekom voer Christene oorlog as hulle (ons) geroep is om lief te hê?

Stefaans Coetzee SêNet-briewe 2024-02-02

"Ons kla wanneer Christene êrens in die wêreld vervolg word – ons moet waak dat ons nie dieselfde doen nie. Christelike vervolging lei niemand na Jesus toe nie."

Don’t touch me on my context

Jannie Gagiano SêNet-briewe 2024-01-30

"You can’t go back in time to kill your grandfather with an axe because you dislike the historical context he furnished you with. If you could, he could have done the same to his grandfather, until the only ancestor remaining to provide you with a validating context would be lonely old Adam playing with his snake in the Garden of Eden."

Resensies oor kleuter-, kinder- en jeugliteratuur

Betsie van der Westhuizen SêNet-briewe 2024-01-03

"Omdat die wye spektrum terreine van kleuter- kinder- en jeugliteratuur op alle maniere moontlik uitgebou moet word, moet daar plek wees vir talle soorte resensies."

Ope gesprek oor boekresensies (Desember, 2023)

Sidney Gilroy SêNet-briewe 2023-12-09

"Deur hierdie verklaring te onderteken, bevestig ons ons toewyding aan ’n inklusiewe en oop letterkundegemeenskap. Ons nooi lesers, resensente en kritici om tesame betrokke te raak by bedagsame gesprekke oor ons werke, om ’n omgewing te koester waar diverse stemme nie slegs aanvaar word nie, maar ook gevier word."

Nkosi Sikelel’ iAfval

Jannie Gagiano SêNet-briewe 2023-12-05

"Net soos daar twee soorte mense in die wêreld is, dié wat rugpyn het en dié wat dit nog gaan kry, so is daar as dit by afval kom net twee soorte mense in die wêreld: Dié wat swymelend daaraan smul en dié wat begin suurkwyl as hulle net daaraan dink dat hulle verteringstelsel aan so ’n belediging blootgestel gaan word."

Kleinboet Staphorst antwoord Cicero

Luan Staphorst SêNet-briewe 2023-11-29

"Ek tref dus ’n onderskeid tussen diskwalifiserende kritiek, wat Cicero aanroer, en kwalitatiewe kritiek, wat deur beide Cicero en Roux geopper is; slegs eersgenoemde is in hierdie skrywe ter sprake."

Wie mag resensies/lesersindrukke skryf?

Stefaans Coetzee SêNet-briewe 2023-11-28

"Hierdie debat is broodnodig in die tegnologiese era, veral vir groei in die boekebedryf. Ek ondersteun dus die skrywe, al stem ek uiteraard nie saam nie."

Outo-immuunsiektes en die enigmatiese konsep van self

Hoffie Albertyn SêNet-briewe 2023-11-28

"Die basis van immunologie, in elk geval van hoe dit in die Westerse wêreld kategories aanvaar word, is dat die self self is en nonself nonself is en dat die twee heeltemal onversoenbaar is. En dat mens se immuunstelsel dienooreenkomstig reageer."

Die belewenis van die tussenwerpsel “genoeg is genoeg”

Rex van Vuuren SêNet-briewe 2023-11-27

"Genoeg is genoeg is ’n stopteken, of dalk beter, ’n toegeeteken, waar ek paradoksaal tegelyk versadig en leeg voel."

’n Ope brief aan Luan Staphorst

Cicero SêNet-briewe 2023-11-10

"Jy gebruik terloopse kommentare op blogs – sonder enige kwalitatiewe onderskeid tussen formele akademiese diskoerse en informele gespreksdiskoerse – as vertrekpunt om oordele te vel oor geïdentifiseerde akademici se kundigheid, en dus in ’n akademiese konteks ook hul bekwaamheid."

Vader Nolan

Jannie Gagiano SêNet-briewe 2023-10-30

"’n Mens kan jou te maklik aanmatig om voor te gee dat jy weet wat die Opperwese nou eintlik wil, solank as wat Sy wil dieselfde is as wat jy wil. Al is jou naam vader Nolan of al is jy ’n aartsbiskop."

’n Krismis so uit die boks

Jannie Gagiano SêNet-briewe 2023-10-23

"Sowat 12 jaar gelede het ek ’n buitengewone geskenk vir Kersfees gekry. ’n Volbloedhartaanval volledig toegerus met ingeboude fibrillasies en slagaarembolismes."

Om te doen met ’n miljoen

Jannie Gagiano SêNet-briewe 2023-10-03

"Met die eerste oogopslag lyk dit baie asof mense in die algemeen, maar miljoenêrs in die besonder, gek is oor Stellenbosch. Amper so gek soos ’n kleuterkind oor ’n fluit of soos ’n werfbobbejaan oor ’n boerpampoen."

Top