SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Die beheptheid in godsdiens met bonatuurlike verskynsels

Pierre Visser SêNet-briewe 2026-03-18

"Vanaf die vroegste tye word vasgeklou aan die gedagte dat mistieke en bonatuurlike verskynsels inherent aan godsdiens is."

Die hoekie vir aktiewe eensames en aandaghoere 

Anton B SêNet-briewe 2026-03-17

"Ek is egter duidelik nie ’n millennial nie. Ek verstaan klaarblyklik die hele gymstorie heeltemal verkeerd. Dit lyk my dit gaan glad nie oor gewigte optel nie."

Lakoon, Lacoön, Laokoön, Laocoön en Lakōn

Izak de Vries SêNet-briewe 2026-03-16

"Iewers tussen Lakōn en Laokoön lê ’n baie interessante stel mites. Paris van Troje het naamlik weggeloop met Helena, die koning van Sparta se mooi vrou. En so het die Trojaanse oorlog uitgebreek."

Jou vet lakoon is uit

Hannatjie Snyman SêNet-briewe 2026-03-16

"Kan iemand op hierdie forum my dalk help met die betekenis van die uitdrukking: 'Jou vet lakoon is uit'."

Ek probeer graad 10 Afrikaanse boek koop met vraestelle en notas

Rochelle Botha SêNet-briewe 2026-03-16

"Ek probeer ’n graad 10 Afrikaanse boek koop met vraestelle en notas. Maar kry glad nie reg nie."

Mené, mené, tekél, ufarsín

Rina Bester SêNet-briewe 2026-03-11

"Niemand weet regtig wie agter die sleutelborde sit nie. Skuilname en KI-gegenereerde profielprentjies verskaf die vermeende bravade aan die giftiges wat so bankrot aan intellek is dat hulle liefs nie in debat tree nie, maar trots gevurkte tonge, die mantel van eenogigheid, dra."

Hoëwaardevroue vs hoëwaardemans?

Hans Richardt SêNet-briewe 2026-03-11

"Vroue kan doen wat mans doen. Die jonger geslag vroue wil meer as net ’n lyf en bakkie hê met die bekende trekkerplakker agterop die klap van die bak."

Moet my dus nie "oom" noem nie

Anton B SêNet-briewe 2026-03-05

"Ek weet ek is ’n donnerse oom. Die Louis Vuitton-sakke onder my oge gil dit elke oggend luidkeels vir my wanneer ek my tande borsel."

Oorreageer ek dalk?

Hermione le Roux-Ellis SêNet-briewe 2026-03-03

"Daar is organisasies wat baie graag in Suid-Afrika sulke wette sou wou implementeer. Dit sal klein begin met wetgewing soortgelyk aan dit wat nou in Kansas van krag is. Dan brei dit uit en voor jy jou oë uitvee, leef jy in Gilead."

Aan Anderson Cooper: Dit bly ’n betwiste vraag

Stacey van der Walt SêNet-briewe 2026-03-02

"As Malema en sy ondersteuners hoop om die 34 000 wit voedselproduserende boere wat nog op Suid-Afrikaanse plase oor is, te intimideer, en hulle slaag daarin, sal alle Suid-Afrikaners ’n mensgemaakte hongersnood moet verduur. Ons sal ons eie Holodomor hê!"

Smaakmakers 2026: Dit smaak my ons ken nie altyd die kriteria nie

Marion Erskine SêNet-briewe 2026-02-27

"Maar vanoggend sit ek met ’n ander gevoel. Nie bitterheid nie. Eerder nadenke. ’n Vraag wat my nie wil los nie. Dit smaak my ons vra te min: Wat is die kriteria? Nie net van gisteraand se 'Boeke'-kategorie nie, maar rakende kompetisies oor die algemeen."

Aan Anderson Cooper: Insake die verslag oor Afrikaners

Barend van der Merwe SêNet-briewe 2026-02-27

"Ongelukkig laat die uitbeelding van die Afrikaners in die verslag egter veel te wense oor, en vind ek dit ietwat stereotiperend. Let asseblief daarop dat die oorgrote meerderheid Afrikaners stedelinge is."

Aan Anderson Cooper: Ons sal lewe, ons sal sterwe

Anna Ahlschlager SêNet-briewe 2026-02-26

"Die media en die regering sit en kyk met hul verkykers. Maar God is die een wat laaste lag."

Treffersparades en merietelysies

Koos Kombuis SêNet-briewe 2026-02-24

"Is daar iets soos ’n Groot Afrikaanse Roman? Is dit al geskryf, of moet ons nog daarvoor wag?"

Meneer die President, dis die laaste jare van jou termyn

Barend van der Merwe SêNet-briewe 2026-02-12

"Ek glo u party het oor die jare veel meer vermag as waarvoor hulle dikwels krediet kry. Veel meer mense het vandag toegang tot water, elektrisiteit, skole, klinieke en ander basiese dienste as ooit in die geskiedenis. Maar sukses skep verwagtinge ..."

Meneer die President, begin met die klein dingetjies

Anschen Conradie SêNet-briewe 2026-02-12

"Ruik die ontlasting en rommel met geen water om dit te hanteer nie, val in ’n slaggat en wag vir ’n ambulans totdat die perde horings kry, en sê dan weer vir my dat ons verby die ontwikkeling van die wiel is. Ons was; ons is nie meer nie."

Meneer die President, ons land is ’n tuin wat verwaarloos lê

Santi Kruger SêNet-briewe 2026-02-12

"Wis u die roes van korrupsie uit. Ons strate dra die stilte van werk, en magteloosheid. Die kragonderbrekings is nes nagte wat te lank aanhou, dof en leeg."

Meneer die President, gee oor

Gerda-Marié van Rooyen SêNet-briewe 2026-02-12

"Madiba was reg toe hy gepraat het van ’n Salomo, ’n Dawid en ’n Moses wat nodig is om die land te lei."

Meneer die President, waar is die gelykheid?

Ingrit Erwee SêNet-briewe 2026-02-12

"Gelykheid beteken dat almal, ongeag ras, nie honger gaan slaap nie, dat mense wat werk, kan leef, dat leiers nie leef in luuksheid terwyl hulle land verbrokkel nie."

Meneer die President, stiltes van ongemak

Alma Wessels SêNet-briewe 2026-02-12

"tussen die lyne hang stiltes ongemaklik
swaarder as wolke op ’n Hoëveldhorison"

Top