Oxford University Press SA nooi digters uit om gedigte te skryf

  • 0

Beste LitNet-redaksie

Ek is Hennely Nel, ’n redakteur by Oxford University Press.

Oxford University Press is op soek na Afrikaanse digters, ervare of minder ervare, wat bereid sou wees om gedigte vir leerders in Grade 4, 5 en 6 te skryf (hulle is dus tussen 10 en 12 jaar oud).

Die gedigte sal in Oxford se Afrikaanshandboeke (Huistaal en Eerste Addisionele taal) verskyn, so dit moet gepas wees vir die kurrikulum en spesifieke temas sal voorsien word.

Ons soek ook veral na digters wat in Kaaps kan skryf.

Is daar dalk digters wat in so iets sou belangstel?

Oxford University Press SA nooi belangstellende digters uit om gedigte teen ’n eenmalige fooi vir leerders in graad 4, 5 en 6 (dit is 10-, 11- en 12-jariges) te skryf.

Indien jy belangstel om meer uit te vind, kontak asseblief vir Hennely Nel by Hennely.Nel@oup.com.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top