Het hierdie pryse net verdwyn?

  • 6

Hierdie prent verskyn oorspronklik onder gratis lisensievoorwaardes op Pexels en ook op Canva. Dit word gepubliseer onder hierdie gratis lisensievoorwaardes.

Beste LitNetters

  1. Waarom is daar nooit verlede jaar en ook nie tot dusver vanjaar nominasies vir die Jan Marais-prys deur die SA Akademie aangevra nie? Gewoonlik was die nominasies al vroeg in die jaar aangevra, met die sluitingsdatum, dink ek, einde Mei.
  2. Waarom is daar vanjaar geen prys vir die beste vertaling deur die komitee van die UJ-prys toegeken nie?
Dis darem baie ongehoord dat sulke pryse net stilweg verdwyn/nie toegeken word nie.
  • 6

Kommentaar

  • Johann, Sondag was die kortste dag van die jaar - ek kyk uit vir die wintersonnewende, want dit is, om 'n frase te neem uit die mond van 'n digter oor winterblomme, herout vir die somer. En kyk, hierdie jaar is dus nog maar min of meer halfpad!
    Van "ongehoord" weet ek nie. Mense en instansies en wat nog werk hard aan befondsing en bemarking en is dan dankbaar dat dit daarom telkens opnuut moontlik mag wees om pryse toe te ken.

  • Johann Rossouw

    Karen, dankie vir jou antwoord. Ek deel jou dank, maar moet ons dan die afleiding maak dat daar nie voldoende befondsing was om vanjaar ook vertalings met die UJ-prys te bekroon nie? Indien wel, kan ’n mens werklik begrip hê, hoewel dit ’n verlies bly...

  • Hallo Johann, ek weet nie waarom mens so 'n afleiding sou wou maak nie? Geen rede daarvoor nie. Die jaar het nog lank nie uitgeloop nie. Groete.

  • As dit moontlik is dat jy die indruk het dat die UJ-pryse vir Afrikaans dieselfde is as die UJ-prys vir Vertaling: nee, dit is nie die geval nie.

  • As dit moontlik is dat jy die indruk het dat die UJ-pryse vir Afrikaans dieselfde is as die UJ-prys vir Vertaling: nee, dit is nie die geval nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top