
Goeiedag
Ek is op soek na ’n gedig wat my ma op laerskool geleer het, ongeveer 1958/1959 se jare.
Die gedig se naam kan moontlik “Blou Maandag” wees en dit vertel die storie van Sareltjie Seep en Bettie Blousel.
Die tante was besig met haar wasgoed. Sy het lakens gewas en Bettie het die wit lakens as haar trourok gesien.
’n Reël van die gedig klink ongeveer so: “Maak tog gou, my liewe tannie, Sareltjie wag sekerlik vir my.”
Kan iemand my dalk help om dit op te spoor?
By voorbaat dankie
Helena Kirsten


Kommentaar
Ek het 'n Blou Maandag-gediggie geken wat so gegaan het: "Die Byl is weg, die vleis is sleg en die by het vir Dien gesteek".