’n Matriekvriend van Goudveld Hoërskool onthou Theo Kleynhans

  • 0

Theo Kleynhans deur Ilza Roggeband, selfoon deur OpenClipart-Vectors van Pixabay

Theo was net in 1984 matriek in Goudveld. Hy het van ons “vyandskool” Gimnasium oorgekom Goudveld toe. Dit moes baie moeilik en dapper gewees het vir hom, nie net oor sy oortuigings nie, maar omdat hy as ’n Gimmie gesien is.

Ek weet nie wat Theo se persoonlike ervaring in Goudveld vs Gimnasium was, of ons matriekgroep nie, maar dink tog hy het meer aanvaarding by Goudveld (ons) gekry en beter ingepas. Ek hoop in elk geval so!

Ek het hom as innemend en vriendelik ervaar. Alhoewel hy nie deel was van ons matriek-WhatsApp-groep nie (ek weet nie regtig hoekom nie, maar dink dit is bloot omdat niemand sy nommer gehad het nie), was die hele groep baie trots op sy kunsprestasies. Gister was daar baie RIV’s.

So, RIV Theo. Van al die 84-Gouties.

Gerhard Kruger

Lees ook:

Theo Kleynhans: ’n beer van ’n mens

Goudveld Hoërskool se eerstespankaptein onthou Theo Kleynhans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top