Theo Kleynhans: Ons kon saam deur trane lag vir die (soms absurde) lewe

  • 0

Theo Kleynhans deur Ilza Roggeband, hartjie deur Susana Cipriano van Pixabay

Karen van Loggerenberg

Theo was my beste maat deur matriek, en my matriekafskeid-date. Groot gees.🌿🕊🌿

Ons het gedigte en persoonlike geheime met mekaar gedeel, en het ook eerste liefdes en teleurstelling sonder enige oordeel ontrafel.

Hy was sy tyd vooruit en ek het sy toewyding en passie vir kuns bewonder – altyd.

Theo, RIV, Reis aan In Vrede, ons vriend en tydgenoot. Dit was wonderlik om jou te kon ken. Ons kon saam deur trane lag vir die (soms absurde) lewe.❣️🌿🕊🌿💌

Karen van Loggerenberg

(Onderhoofmeisie van Goudveld Hoërskool in 1984)

Lees ook:

Goudveld Hoërskool se eerstespankaptein onthou Theo Kleynhans

’n Matriekvriend van Goudveld Hoërskool onthou Theo Kleynhans

Theo Kleynhans: ’n beer van ’n mens

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top