
Foto: Christoph Schütz op Pixabay, ©Christoph Schütz, gepubliseer op 11 Maart 2019.
Wie kan tegelyk ’n cowboy en ’n kung-fu master wees? Wie kan ontploffing na ontploffing oorleef, en steeds hordes vol vyande fight met ’n vuurwapen vol bullets wat nooit opraak nie? Wie kan die ergste, slegste bad guy bewusteloos skop en steeds betyds by die huis opdaag om ’n hele maaltyd soos ’n bobaas sjef voor te berei?
Net een man: Chuck Norris.
Die legend, die myth, die braaimeester van alle aksiehelde is Donderdag 19 Maart op die ouderdom van 86 oorlede, en soos baie, het ’n nostalgiese herinnering van my kinderdae saam met hom geleef, en gesterf. Soos duisende seuns in laerskole die wêreld oor, het ek baie debatte gehad oor wie ’n fight tussen Chuck Norris, Jet Li en Bruce Lee en die hele Jean-Claude Van Damme-generasie sou wen; vurige gesprekke wat die hele pouse lank aangehou het. Soos hulle, en soos jy, het ek in die lug gespring en Norris se beroemde roundhouse kick nageboots wanneer ons karate “speel fights” op die sportgronde gehad het.
.......
Die legend, die myth, die braaimeester van alle aksiehelde is Donderdag 19 Maart op die ouderdom van 86 oorlede, en soos baie, het ’n nostalgiese herinnering van my kinderdae saam met hom geleef, en gesterf. Soos duisende seuns in laerskole die wêreld oor, het ek baie debatte gehad oor wie ’n fight tussen Chuck Norris, Jet Li en Bruce Lee en die hele Jean-Claude Van Damme-generasie sou wen; vurige gesprekke wat die hele pouse lank aangehou het. Soos hulle, en soos jy, het ek in die lug gespring en Norris se beroemde roundhouse kick nageboots wanneer ons karate “speel fights” op die sportgronde gehad het.
..........
Lank voor streaming services bestaan het; voor Netflix en TikTok en CGI special effects, was Carlos Ray “Chuck” Norris ’n filmster van die goue era van movies en televisie. Hy’t in die films van ons vroegste jare geleef toe VHS-bande nog die DVD’s van daai tydperk was. En ja, ons kan maar lekker lag vir al die Chuck Norris-jokes, en ons almal weet daar’s báie: Chuck Norris dra nie ’n horlosie nie. Hy besluit self hoe laat dit is. Chuck Norris slaap nie. Hy wag net met sy oë toe. Wanneer Chuck Norris by ’n vertrek instap, skakel hy nie die ligte aan nie, hy skakel die donkerte af, ensovoorts. Ensovoorts!
Daai grappe was ’n verering van sy unieke style, sy larger-than-life persoonlikheid en bravade. ’n Lofbetuiging aan ’n eenvoudiger tyd toe films ’n ongekompliseerde soort heroïsme uitgebeeld het wat jy in een sin kon verduidelik; toe helde altyd bewakers van die wêreld was, en die goeie ouens altyd gewen het teen die terroris, die tiran, en elke ander evil.
Deesdae staan ons op die tippie van ’n ander soort bravade. Die moderne era se baanbrekers – se “helde” – word dikwels gemeet aan hoeveel followers hulle het; hoeveel online influencers oor hulle praat en bepaal of hulle trend of nie. Deesdae kan ons digitale akteurs skep uit kodes uit, en beroemdheid vervaardig met algoritmes. Waar Chuck Norris en sy generasie vir weke lank geoefen het om gevaarlike stunts reg te perform, kan video-ingenieurs KI-tegnologie gebruik om daai selfde bewegings te simuleer; om ’n duisend virtuele stunts en special effects in ’n middag te download, sonder enige risiko of authenticity.
Met ander woorde dis duidelik dat daai goue era – ’n tydperk van bloed, sweet, uithouvermoë en realisme – vervang was met enigiets wat die potensiaal het om viral te word.
Agter elkeen van Norris se karateskoppe en kung-fu moves wat hy voor die kameras uitgevoer het, was jare se oefening, selfdissipline en opofferings waarvan jy nie weet nie. Voor Chuck Norris ’n akteur geword het, was hy ’n professionele atleet in die mededingende karatewêreld. Hy was ses keer ’n undefeated wêreld-middelgewig-karatekampioen tussen 1968 en 1974. Norris was ’n co-founder van skopboks- (kickboxing) verenigings, en ’n ware student van vegkuns (martial arts) en die filosofieë daaragter. In 1990 het hy selfs sy eie gevegskunsstelsel gestig – Chun Kuk Do, wat “universal way” beteken – wat elemente van ander dissiplines soos Brasiliaanse jiu-jitsu en judo ingesluit het. Norris het afgetree met ’n legendary gevegrekord van 183-10-2 voordat hy sy vegkuns na die big screen toe gebring het.
So agter al die grappies en meme sal jy die waarheid vind: ’n kampioenatleet, ’n skrywer, ’n soldaat, ’n pa, en ’n paar ander fascinating feite oor Norris wat die meeste mense nie weet nie. ’n Voorbeeld: Het jy geweet dat Chuck Norris was ’n regte deputy Texas Ranger? (No joke.)
In 1993, toe Norris besig was om sy treffer-TV-reeks Walker, Texas Ranger te verfilm – die einste program wat hom ’n international star gemaak het – het sy karakter, Cordell Walker, ’n badge nodig gehad. Maar anders as elke ander akteur wat ’n vals badge sou gebruik – ’n “prop” soos hulle dit in die movie industry noem – het Norris aansoek gedoen vir ’n regte een, en hy’t ’n werklike Texas Ranger badge vanaf die Texas Departement van Openbare Veiligheid ontvang. Is daai nou ’n Chuck Norris tipe move of wat?
En terloops, toe Norris uiteindelik uitvind van al die Chuck Norris jokes op die internet, het hy nie aanstoot gevat nie. Hy’t die humor daarin gesien en dit so omarm dat hy ’n hele boek geskryf het wat deur al daai grappigheid geïnspireer was: The Official Chuck Norris Fact Book is in 2009 gepubliseer, en hy’t dit gebruik om sy liefdadigheidsorganisasie – the Boy Scouts of America, wat militêre veterane ondersteun” – te promote.
Soos ek deur sy lewe browse, wonder ek of ons hom behoorlik getreur het … want dit voel nie so nie. Die koerante het oor sy dood geskryf binne daai week; mense het ou grappies gepost en herleef; ons het oor hom gepraat vir ’n dag of twee. En toe beweeg ons aan na die volgende storie toe – die volgende sensasie.
Verbeel ek my, of het ons in die ou dae langer gevat om mense te mourn?
Ons beweeg en scroll en skip en lewe deesdae teen die spoed van die naaste, vinnigste WiFi-konneksie. ’n Wêreld waar die nuutste political scandals, die nuutste TV-episodes, en petrolpryse en moordsyfers en mediese krisisse vanaf verskillende lande almal tegelyk op ons skerms spring en skreeu. En wie het nou regtig die tyd om stil te staan en een afgestorwe filmster te onthou – te vereer – in dié verskriklik vinnige digital era?
Ons almal het werke en verantwoordelikhede, hustles en side hustles wat vir ons wag, so op ’n manier is ons haastigheid verstaanbaar. Die vraag is: As ons vermoë om ons tyd – ons lewens – te versnel, die waarde van ons vreugdes en ons verliese te verminder, kan ons dit dan steeds as vordering beskou? En is daai vordering die moeite werd?
Ons weet dat tye altyd verander, dat eras eindig en dat icons afsterf; maar ons herinneringe is ’n time machine vir ’n hele generasie wat grootgeword het met Walker, Texas Ranger elke Sondagaand op e-TV in die vroeë 2000’s. Die karakters wat Chuck Norris gespeel het, van Delta force tot Missing in action, het almal onmoontlike stryde geveg, en soms het ons gelag vir hulle belaglike oorwinnings; maar daai karakters het altyd ’n erekode gehad. Hulle het mense en situasies gered met hul vuiste en kung-fu moves, maar ook met hul outydse sin vir lojaliteit, moraliteit en vasberadenheid om altyd die regte ding te doen – en dis dalk wat ons verloor het, en waaroor ons moet treur.
Chuck Norris het baie suksesse in sy lewe behaal, en nie één daarvan vir likes of om viral te word nie. Toe Norris van ons skerms verdwyn het om vir sy vrou te sorg, toe hy self siek geword het, het hy nie op sosiale media gespring om te verduidelik of om simpatie te soek nie. Hy was taai en sterk, sonder om wreed te wees. Wêreldbekend sonder om spoggerig te wees. So in dié tegnologiese rumoer na wat nuut en shiny is, mag ons nooit vergeet van al die Chuck Norris’e wat ankers was vir ons vroeër jare nie, en vir ons vroegste narratiewe waar helde altyd onvolmaak was, maar ook meer menslik, omdat ons geweet het hulle risiko’s was werklik.


Kommentaar
Baie dankie vir hierdie uitspel van die noodsaaklike (ja, nood-) perspektief op wat egtheid behels (ook tesame met die hels). Hopelik bly meer mense mens soos u teen al die druk in.