Johann Rossouw

Johann Rossouw het in die politieke filosofie gedoktoreer aan Monash-Universiteit (Melbourne) met ’n proefskrif oor Bernard Stiegler en die Westerse moderniteit. Hy is ook die skrywer van drie romans, waarvan die jongste Sluitstuk (2023, Umuzi). Rossouw is ’n gereelde skrywer van rubrieke en opstelle in die Afrikaanse en buitelandse media. Hy is ook die vertaler van verskeie publikasies uit die Frans, waarvan die jongste Michel Houellebecq se roman, vernietig (2023, Naledi). Rossouw doseer filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: videogesprek met Louise Cilliers oor Kostis Palamas, die ses woorde van die sigeuner

Johann Rossouw, Louise Cilliers Rubrieke 2024-10-01

In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat Louise Cilliers met Johann Rossouw oor haar vertaling van hierdie Griekse boek.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Crito

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-09-17

"Wie gee hom die reg om ons anoniem te kritiseer? is gevra. Dog júis omdat Crito nie gesag aan sy openbare beeld kon ontleen nie, kon hy dit slegs aan sy styl en die gesag van sy kritiek ontleen – en die beste bewys daarvan is die verwyt dat hy agter ’n skuilnaam skuil. Trouens, die sukses van sy openbare persona was ’n funksie van die styl en gesag van sy kritiek."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: video-opname van gesprek met Dana Snyman oor Seun

Johann Rossouw, Dana Snyman Onderhoude 2024-09-03

Dana Snyman gesels in hierdie videogesprek met Johann Rossouw oor die geboorte van Seun en oor die raakpunte in hul onderskeie verwysingsraamwerke.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-aanbieding aangaande U2 se al hoe ligter, al hoe stiller gebed

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-08-16

Hierdie voordrag is op 6 Augustus 2024 gelewer in die kapel van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit as deel van ’n seminaar oor die teologie van U2, aangebied deur die voortgesettebedieningsontwikkeling van die Wes-Kaapse NG-sinode.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Versfeld, Degenaar en die herwinning van die Logos in die eietydse Afrikaanse teologie en filosofie

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-08-13

"Kortom, hier word aangevoer dat die krisis waarin die Protestantse kultuur vandag in die Weste maar ook toenemend onder Afrikaners verkeer, ons ook in die eietydse Afrikaanse filosofie en teologie noop om te soek na bronne en middele waaruit ons kultuur kan put om die toekoms tegemoet te gaan en ontbinding te systap."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die toekoms van die geskrewe en gedrukte woord in Afrikaans

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-08-07

"Toe ’n aantal Afrikaanse skrywers en intellektuele toenemend vanaf rofweg die jaar 2000 hulle groeiende kommer oor die toekoms van Afrikaans in die onderwys, die regspraak, die wetenskap, die kunste en ander hoër funksies begin uitspreek het, is hulle dikwels afgelag met die argument 'solank die taal nog gepraat word, sal alles goed gaan'."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Geagte president Ramaphosa

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-07-11

"Waarde President, as u hierdie drie voorstelle in oënskou neem, sal u merk dat al drie voorstelle dit wat my generasie as belemmering op ons deelname aan en vooruitgang in ons land ervaar, uit die weg sal ruim en dit terselfdertyd vir ons moontlik sal maak om die informele samewerking oor grense heen wat soveel van ons reeds beoefen, te formaliseer sodat die ekonomie en die onderwys kan floreer."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die ontbinding van die Weste – ’n oorsig oor Emmanuel Todd se La défaite de l’Occident

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-06-21

Lees Johann Rossouw se bespreking van Emmanuel Todd se veelbesproke boek, 𝘓𝘢 𝘥𝘦́𝘧𝘢𝘪𝘵𝘦 𝘥𝘦 𝘭’𝘖𝘤𝘤𝘪𝘥𝘦𝘯𝘵 (Die ontbinding van die Weste), aan die hand van uittreksels, ekslusief vertaal in Afrikaans: "As die mense en die elites nie meer saamstem daaroor om sáám te funksioneer nie, het die begrip van verteenwoordigende demokrasie nie meer betekenis nie."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die algemene verkiesing en ’n regering van nasionale eenheid (RNE) – ’n postkoloniale ontleding

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-06-13

"Wat kan ons wys word uit die uitslae van die pas afgelope algemene verkiesing en die groeiende konsensus ten gunste van ’n regering van nasionale eenheid (RNE) onder middelgrondpartye?"

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die Afrikaner Verklaring

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-05-27

"Nie net was daar selfs tydens die opkoms en hoogbloei van Afrikaner-nasionalisme onder Afrikaners wisselende grade van verbintenis tot dié projek nie, maar selfs al kom jy uit ’n familie wat nie daardie sterk verbintenis gehad het nie, kan jy nie net eenvoudig van daardie identiteit wegstap nie."

René Girard, Michel Houellebecq, mimetic rivalry in the liberal consumer society, and the metaphysical future of the Afrikaners

Johann Rossouw Academic research 2024-05-21

"... Houellebecq thus seems to subscribe to a theory of desire that Girard explicitly rejects, namely that the source of desire is the object of desire, while Houellebecq in turn seems to reject the theory of desire that Girard develops; that is, that others are the source of the subject’s desires ..."

René Girard, Michel Houellebecq, mimetiese wedywering in die liberale verbruikersamelewing, en die metafisiese toekoms van die Afrikaners

Johann Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-05-21

"Is Houellebecq met vernietig nie besig om anderkant die nihilisme van sy vroeëre romans te tree en sy lesers uit te nooi om die ouer bronne van die Weste en die ervaring van gemeenskap te herwaardeer nie?"

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud rondom The near north

Johann Rossouw, Ivan Vladislavić, Rick de Villiers Seminare en essays 2024-05-16

Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Rick de Villiers en Ivan Vladislavić oor The near north, Ivan Vladislavić se mees onlangse boek.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: die stryd teen stropery

Johann Rossouw, Anonieme biodiversiteitsdeskundige Onderhoude 2024-04-12

"Dis baie moeilik om een soort persoon te identifiseer. Daar is verskillende omstandighede wat kan bepaal wie ’n stroper word."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-opname van gesprek met Kleinboer oor Erf en elders

Johann Rossouw, Kleinboer Onderhoude 2024-02-28

Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Kleinboer oor Erf en elders, Kleinboer se onlangse bundel.

Top