Godsdiens en die reg: aktualiteit van ’n gesprek

“Die aktualiteit van ’n gesprek oor godsdiens en die reg was nog nooit so relevant soos juis nou nie. Met die onlangse skietery by die Ngcobo-polisiekantoor in die Oos-Kaap wat met die Seven Angels Ministry-kerk verband hou, het die soeklig opnuut geval op die verhouding van kerk en staat in Suid-Afrika.”