Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Die aard van verlies, deel 2
2024-08-02"Treur is om te leer om ’n sinvolle lewe te lewe sonder jou geliefde. Treur sien jy dan as ’n vorm van leer, en leer is in elk geval iets wat jy jou lewe lank doen. Sodoende begryp mens treur as iets wat meer bekend en verstaanbaar kan wees, en dit gee jou geduld om hierdie merkwaardige proses te laat ontvou."
TK-lesing 4: Die werkwyse van die Taalkommissie
2024-08-01"Die Taalkommissie het in die uitvoer van sy mandaat een kerndoel voor oë: Om ’n bron daar te stel wat leiding gee oor hoe om – in soverre dit moontlik is – konsekwent eenvormig te skryf en te spel sodat eerste-, tweede-, derde- én vreemdetaalsprekers van Afrikaans met die minimum moeite die maklikste met mekaar kan kommunikeer wanneer hulle formeel, amptelik moet lees en skryf."
The power of symbolism
2024-07-30"Christianity might not own the Last Supper symbolism, but would the symbol have been able to gain so much power and presence without Christianity? Who today knows or remembers the Dionysian feast of the gods, except perhaps some lonely professor of ancient Greek mythology?"
Die verampteliking van Suid-Afrikaanse Gebaretaal – diversiteitstokenisme as taalbeplanning?
2024-07-26"Wat taalverwerwingsbeplanning of taal-in-die-onderwys-beplanning betref, blyk dit dat die histories gemarginaliseerde inheemse tale (HGIT’s) slegs tot graad 3 as onderrigmedia aangewend word. In die geval van Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) is dit onseker – volgens die onderwysdepartement was daar in 2021 slegs ses huistaal-SAGT-skole waar ons waarskynlik kan aanneem dat SAGT as voertaal gebruik is." Lees Theo du Plessis se hoofreferaat, gelewer by die SAALT-kongres 2024, Breakwater Lodge, Kaapstad, 10–12 Julie 2024.
LitNet Akademies-resensie-essay: Mite as krisis en krisis as mite – In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé
2024-07-25"Mitewerking gaan nie oor die mites self nie, of die inhoud nie, maar die denkstrukture (’n mens sou in ’n ander verband kon praat van pseudostrukture) wat van hedendaagse inhoude mites of mitewerking maak. Mense verlaat hulle op hierdie strukture wanneer gewone redelikheid nie meer werk nie."
TK-lesing 2 en 3: Die inhoud van die AWS
2024-07-22"Die hooftaak van die Taalkommissie (TK) is om die inhoud van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) by te werk sodat dit tred hou met veranderinge wat in formele, geskrewe Afrikaans plaasvind. In die tweede en derde lesings in die TK-lesingreeks is die inhoud van die AWS bespreek."
… so ook op die aarde deur Betsie van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2024-07-18"Betsie van Niekerk ... lewer ’n besondere bydrae met die roman, wat tematies sy plek in die klein korpus Afrikaanse tekste met die Rooms-Katolieke geloof as konteks inneem."
Risikopersepsie en klimaatsverandering
2024-07-18"Die term risikopersepsie verwys na ’n indiwidu se subjektiewe oordeel oor die waarskynlikheid van negatiewe uitkomste van ’n gebeurtenis (soos aardverwarming/klimaatsverandering) gebaseer op voorafgaande kennis en ervaring, sowel as emosionele reaksies wat daarmee geassosieer word."
Video-opname: die tweede Karel Schoeman-gedenklesing by die Vrystaat Kunstefees, 2024
2024-07-16Willie Burger het die tweede Karel Schoeman-gedenklesing by 2024 se Vrystaat Kunstefees gelewer. As mediavennoot van die geleentheid publiseer LitNet ’n video-opname van die volledige lesing.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Geagte president Ramaphosa
2024-07-11"Waarde President, as u hierdie drie voorstelle in oënskou neem, sal u merk dat al drie voorstelle dit wat my generasie as belemmering op ons deelname aan en vooruitgang in ons land ervaar, uit die weg sal ruim en dit terselfdertyd vir ons moontlik sal maak om die informele samewerking oor grense heen wat soveel van ons reeds beoefen, te formaliseer sodat die ekonomie en die onderwys kan floreer."
Taalkommissie-lesing 1: Die begin van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS)
2024-07-01Om ’n taal formeel as skryftaal te kodifiseer, is ’n komplekse proses wat nóú verweef is met die politieke en sosiale leefwêreld van die taal se sprekers. Oor die afgelope eeu het die Taalkommissie van die Suid‑Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die taak gehad om Afrikaans as skryftaal te help vestig. Hier is ’n video deur Jana Luther wat meer agtergrond oor die begin van die AWS verskaf.
A voice from within: Decolonising the Palestinian mind | A conversation with Haidar Eid
2024-06-27"Gaza has become the centre of the universe, the same way Soweto was the centre of the universe." A book discussion and video interview with Haidar Eid, author and professor in postcolonial studies and postmodern literature at al-Aqsa University, Gaza City.
Voorlopervroue in die Afrikaanse joernalistiek: Een eeu, drie baanbrekers, drie generasies
2024-06-26"Die drie persoonlikhede wat voorgehou word as drie voorlopervroue oor drie geslagte in die Afrikaanse joernalistiek oor een eeu waarin hulle hul joernalistiek beoefen het, is Miemie (Maria Elizabeth) Rothmann (1875–1975; beter bekend as MER), Rykie van Reenen (1923–2003), en Martie Retief Meiring (1934–). Die artikel sal vanuit ’n mediageskiedkundige vertrekpunt ’n oorsig gee oor die eerste vrouestemme in die Hollands-Afrikaanse joernalistiek, aangesien die pionier MER nie in ’n vakuum haar loopbaan begin het nie."
Taalkommissie-lesing 1: AWS en vaktaal
2024-06-25Hier is ’n video deur Jana Luther wat meer agtergrond oor Afrikaanse vaktaal verskaf.
’n Grondhervormingsvoorstel na die verkiesing
2024-06-24Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met vandag se aktuele kwessies. Die volgende artikel het in 2019 in LitNet Akademies (Regte) verskyn: Grondhervorming: Is onteiening sonder vergoeding die magiese "silwer koeël" of is dit ’n (berekende) skoot in die donker? Gerrit Rautenbach skryf in hierdie bydrae dat daar ná 2024 se verkiesing opnuut oor ’n apolitieke koalisie en grondhervorming nagedink behoort te word.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die ontbinding van die Weste – ’n oorsig oor Emmanuel Todd se La défaite de l’Occident
2024-06-21Lees Johann Rossouw se bespreking van Emmanuel Todd se veelbesproke boek, 𝘓𝘢 𝘥𝘦́𝘧𝘢𝘪𝘵𝘦 𝘥𝘦 𝘭’𝘖𝘤𝘤𝘪𝘥𝘦𝘯𝘵 (Die ontbinding van die Weste), aan die hand van uittreksels, ekslusief vertaal in Afrikaans: "As die mense en die elites nie meer saamstem daaroor om sáám te funksioneer nie, het die begrip van verteenwoordigende demokrasie nie meer betekenis nie."
TK-lesing 1 (deel 3): Korpustaalbeplanning
2024-06-19"In hierdie skryfstuk verwys ek graag na (net) enkele historiese momente om die aanloop van korpustaalbeplanning vir Afrikaans te illustreer. Dit is van waarde om te meld dat hierdie momente aan die begin nie doelbewuste korpusbeplanning vir Afrikaans ten doel gehad het nie, maar dat dit dikwels die produk was daarvan om ’n gemeenskaplike kommunikasiemiddel tussen verskillende kontaktale daar te stel."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die algemene verkiesing en ’n regering van nasionale eenheid (RNE) – ’n postkoloniale ontleding
2024-06-13"Wat kan ons wys word uit die uitslae van die pas afgelope algemene verkiesing en die groeiende konsensus ten gunste van ’n regering van nasionale eenheid (RNE) onder middelgrondpartye?"
Burgerskap in die 21ste eeu
2024-06-12"Een van die groot vraagstukke van die kontemporêre samelewing is die veranderende aard van burgerskap. Wie is die burger vandag? Hoe hou dit verband met burgerskap in vroeëre tydsgewrigte, en hoe lyk die pad vorentoe?"
TK-lesing 1 (deel 2): AWS 1 tot 11 – ’n tydlyn
2024-06-04Aspekte van die normering van Afrikaans staan in wisselwerking met aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Elk van die Taalkommissies wat sedert 1917, ononderbroke, vir reeds 11 AWS’e verantwoordelik was, het hulle AWS in ’n veranderende wêreld opgestel. As deel van die eerste lesing in die Taalkommissie se onlangse reeks van vyf het Fred Pheiffer ’n kort oorsig van belangrike gebeurtenisse gegee wat op verskillende uitgawes van die AWS hulle tekens gelaat het.
