Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Yet again, turmoil around a small town’s water: Cradock’s story and its wider messages

Chris Heymans Opinion 2024-12-20

"Over the past few weeks water services in Cradock in the Eastern Cape highlighted the plight of small towns when these services fail. It is reminiscent of a water sector adage that 'the problem is not the pipes; it’s the institutions that manage the pipes'."

Rooisand deur Jeremy Vearey: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Hein Willemse Resensies 2024-12-18

"Konvensies van vergange eras ten opsigte van byvoorbeeld geslag en seksualiteit, etnisiteit en 'ras' verskil vandag hemelsbreed van wat selfs ’n paar dekades gelede as normatief aanvaar is. Dit het tot gevolg dat afwykings van tradisionele strukturering belangwekkende gevolge het."

Programrede: In 2025 word die Afrikaanse Taalmonument 50

Jean Meiring Seminare en essays 2024-12-12

"In ’n mens se lewe dui hierdie ouderdom op ’n middeljarigheid, op ’n stadig word, op die koms van mankoliekheid, en kruipende melankolie. Maar in die lewe van ’n monument is dit maar die eerste oogwink." 

Lui, lui, telefoon ... maar asseblief nie in die koffiewinkel nie!

Cas Wepener Seminare en essays 2024-12-11

"Die woord persoon is afgelei van die woord persona wat 'masker' beteken. En die hele wêreld, ook ’n koffiewinkel, is ’n verhoog gevul met 'entrances and exits', en 'one man in his time plays many parts', soos Shakespeare in As you like it vir ons verduidelik het."

Persoonlike besinnings oor die voorbereiding vir my oudag

Estelle Kruger Seminare en essays 2024-12-10

"Die probleem is vir afgetrede akademici – waaronder ek toenemend geval het as beroepsvrou – dat hulle nie gewoonlik stokperdjies het nie en baie in hulle werk opgaan, omdat dit baie van hulle tyd en energie verg."

Om Breyten te begrawe

Anelia Heese In memoriam 2024-12-04

"Sy dogter Daphnée plaas ’n paar ingeloopte rooi vellies op die kis se voetenent. Ons word genooi om roosblare oor sy kis te strooi."

Language and lexicons of thought and communication

Andries Calitz Seminare en essays 2024-12-04

"How and when will we find the simplification and Google Understanding Translate to help overcome the language and lexicon barriers to human understanding of universal or global issues?"

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Breyten; vir Breyten

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-11-28

"Vir sy poging om ons uit die tronk van onbewustheid te bevry, is Breyten tronk toe gestuur."

Het die waarheid ook grense, of is dit absoluut?

Charl-Pierre Naudé Seminare en essays 2024-11-27

"Die begrenste waarheid versus die absolute waarheid. Dit is waaraan ek oplaas gedink het toe ek gevra is om iets te skryf oor die relletjie rondom die Winckler-egpaar se beplande optrede by die Breytenbach Sentrum te Wellington. ... Het konserwatiewe mense nie gelyke reg op vryheid van spraak nie?"    

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Pierre-Marie Finkelstein

Johann Rossouw, Pierre-Marie Finkelstein Seminare en essays 2024-11-22

"Hoe verklaar ’n mens liefde? Om ’n boek te lees – en te vertaal – beskou ek as ’n ontmoeting. ’n Ontmoeting met iemand anders se wêreld, verbeelding ens. Jy moet ’n aanrakingspunt vind met die teks."

Weerdink-artikel: Mosambiek het ’n groot kopseer vir Suid-Afrika en Suider-Afrika geword. In welke mate is die SAOG van hulp?

Theo Neethling Seminare en essays 2024-11-22

"Terwyl die Suid-Afrikaanse regering vanjaar in sy buitelandse verhoudinge baie tyd en energie op Israel se konflik met die Palestyne gespandeer het, is die veiligheidsprobleme op ons agterstoep nie naastenby met dieselfde dringendheid, erns en fokus gehanteer nie. Dit is asof Suid-Afrika maar altyd wil wegskram van ’n sterk standpunt oor of kritiek op ander Afrikaregerings wat nie hulle huishoudings in goeie orde het nie."

Suid-Afrika se tweede klag by die Wêreldhof: Israel pleeg volksmoord

Marthie Momberg Seminare en essays 2024-11-19

"Volksmoord het deel geword van Israel se arsenaal van staatsgeweld. Om dit duideliker te stel: Die staat Israel probeer doelbewus om die Palestyne uit te roei. So lui die klag wat Suid-Afrika op 28 Oktober 2024 by die Internasionale Geregshof, die hoogste hof van die Verenigde Nasies, aanhangig gemaak het."

Karyn Maughan sal nie gemuilband word nie: PEN Afrikaans se lesing oor persvryheid

Naomi Meyer Seminare en essays 2024-11-18

"En vergeet van jou eie agenda, voeg sy by. Ons almal moes al ’n berig skryf oor iets waarmee ons nie saamstem nie. ’n Berig wat dalk jou grootste vyand se saak sal ondersteun. Soek net die waarheid."

Interpretiewe of vertolkende versorging en demensie

Handré Brand Seminare en essays 2024-11-15

"Doeltreffende sorg is nie beperk tot slegs gesondheidsorg en fisieke bystand nie. Dit sluit ook emosionele ondersteuning, die uitvoer van huishoudelike take, mobiliteit en komplekse besluitneming in. Daar is ’n voortdurende balans tussen hierdie versorgingstake en ander daaglikse rolle en verantwoordelikhede van die gesin, wat hoëkwaliteit- ekplisiete kommunikasie binne die gesinsisteem noodsaak."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: In gesprek met PJO Jonker, ’n video-onderhoud oor Die onsigbare

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-11-14

In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat PJO Jonker met Johann Rossouw oor Jonker se Die onsigbare. Hier is die video-opname.

The Taliban’s new laws: Is this Shariah?

Moegammad Tahier Kara Opinion 2024-11-07

"By stripping people of their individuality and freedom, the Taliban’s interpretation of Shariah robs Afghan men and women of the respect and agency they are afforded in Islam. True Shariah fosters an environment of moral integrity, where both men and women are encouraged to respect, support, and uplift each other – values that stand in stark contrast to the Taliban’s narrow, authoritarian vision."

KI en kopiereg: kreatiewe skryfwerk van die masjien versus kreatiewe skryfwerk van ’n mens

Willem Krog Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2024-11-07

"Wat is kreatiewe skryfwerk egter anders as scraping? Skrywers scrape die taalreëls, skryfreëls, woordeboeke, ander boeke, die internet en wat ook al om kreatiewe werk te produseer. Mondelinge oorlewerings word ook gescrape vir idees in skryfwerk. Wat doen KI dan anders? Gebruik ek as skrywer nie bloot gereedskap in die vorm van ChatGPT om hierdie scraping vir my te doen nie?"

Die onsigbare deur PJO Jonker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Chris van der Merwe Resensies 2024-11-06

"'Uit Afrika altyd iets nuuts' – so lui ’n ou Romeinse gesegde. Dit sou ’n mens ook van die Afrikaanse letterkunde kon sê. In ’n literêre landskap oorgroei met misdaadromans het daar so pas ’n debuutroman verskyn wat nuut en anders is: Die onsigbare van PJO Jonker. Vir my ’n verademing."

"Hoekom maak skrywers soms hulle stories so ingewikkeld?"

Willie Burger Leeskringe 2024-11-01

"Juis hierom is daar ook 'moeilike letterkunde' nou noodsaaklik. Om ons te dwing om weer te dink, om onhaastig te oordeel, om versigtiger te wees in ons oordeel en besluite."

Hermeneutiek: Om met jou lyf te lees en te luister

Cas Wepener Seminare en essays 2024-10-23

"Vanaf interpreteer met jou hele lyf moet ons gaan na preek en praat vanuit daardie lyf. En nee, hiermee word nie ’n soort emosionaliteit bedoel nie. Soos Danie Marais in Ek en jy bestaan nie dig: 'Wit trane is net sout / in ou wonde.'"

Top