Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Trump, Amerika en die toekoms van Afrika

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2025-08-19

"Vir Afrika, en spesifiek Suid-Afrika, beteken dit ’n nuwe werklikheid. ... Trump [sien] die vasteland hoofsaaklik deur ’n praktiese, selfs skeptiese lens. Sy fokus is nie op hulpverlening of ontwikkelingsamewerking nie, maar op wat Amerika daaruit kan kry. Dit is teen hierdie agtergrond dat die Amerikaanse beleidsontleder Joshua Meservey verlede week ’n dagsimposium van die Pionier Instituut buite Stellenbosch toegespreek het."

Onverdiende eiegeregtigheid

Handré Brand Seminare en essays 2025-08-11

"[Eiegeregtigheid is] hoofsaaklik ’n problematiese verskynsel met velerlei implikasies binne die konteks van Eerstewêreldse besigheidsmodelle. Watter onderliggende faktore sou dus moontlik ’n rol kon speel om die heersende perspektief in verband met eiegeregtigheid as ’n negatiewe persoonlikheidstrek uit ’n ander hoek toe te lig?"

Die Nasionale Dialoog: ’n berekende strategie, of ’n geldverkwistende “talkshop”?

Christo van der Rheede Seminare en essays 2025-08-11

"Gemeenskappe se mees kritieke rol is egter om mede-eienaarskap van ons demokratiese bestel te neem en diegene wat hulle tydens plaaslike en nasionale verkiesings verkies, verantwoordbaar te hou."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: klankopname van "My pad met Breyten"

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-07-30

Johann Rossouw was onlangs aan die woord by die lesingreeks van die Vrystaat Universiteit se Departement Afrikaans-Nederlands, Duits en Franse oor "My pad met Breyten". Hy deel die volledige klankopname met LitNet se lesers.

Yes for national dialogue, but don’t forget municipal services

Chris Heymans Opinion 2025-07-24

"Significant reform and skills improvement are needed if more deterioration in service delivery and public trust is to be avoided, but the political obstacles to municipal reform are significant. Many municipalities experience regular turnovers of mayors and senior officials, often due to party infighting, especially within coalitions."

My pad met Breyten – op die taalspoor

Francis Galloway Seminare en essays 2025-07-23

"Vir my was 1964, die jaar van Breyten se debuut, die Jaar van die Sneeu." Francis Galloway is vroeër vanjaar deur die Vrystaatse Werkgemeenskap van SAAWK genooi om ’n praatjie oor Breyten Breytenbach te lewer. LitNet is bevoorreg om haar woorde by die geleentheid te mag publiseer.

Privaatsektorbelegging in waterbestuur en -infrastruktuur: enkele oorwegings

Handré Brand Seminare en essays 2025-07-14

"Suid-Afrika benodig sowat R256 miljard per jaar tot 2050 om watersekerheid te verseker, met ’n jaarlikse tekort van ongeveer R91 miljard."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: In gesprek met Johannes de Villiers oor sy roman, Op pad na ’n klooster in die sneeu

Johann Rossouw, Johannes Bertus de Villiers Seminare en essays 2025-07-10

Johann Rossouw gesels met Johannes de Villiers oor De Villiers se roman, Op pad na ’n klooster in die sneeu

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Reisjoernaal

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-07-07

"Toe ’n Europese reis my die eerste maal beskore word – na Parys, Frankryk van 5 tot 31 Desember 1994 – was dit ’n soort tuiskoms. Jy moes soontoe reis om, soos soveel andere voor jou, agter te kom jy is meer van hiér, van Afrika, as van dáár; en jy moes soontoe reis om ook te besef dat jy tog in ’n mate daar tuis voel."

Reign of ruin: Oscar Mabuyane and the Eastern Cape’s lost decade

Mphuthumi Ntabeni Opinion 2025-06-27

"This is no sudden collapse. It is a pattern that has been years in the making ..."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Israel se gewelddadige nihilisme – van Gaza tot Iran

Johann Rossouw, Emmanuel Todd Seminare en essays 2025-06-27

"Die behoefte wat die staat Israel (7 miljoen van sy bevolking wat Joods is) het om oorlog te maak teen Iran (bevolking 90 miljoen), is verbasend. As ons egter die hipotese van die nihilisme aanvaar, vind ons ’n element van die verklaring."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Die Aristoteles van ons tyd": Oor Alasdair MacIntyre

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-06-24

"Dit is nie aldag dat dit van ’n filosoof gesê kan word dat hy of sy die gang van die denke verander het nie. Een filosoof van wie dit werklik gesê kan word, is Alasdair MacIntyre, wat op 21 Mei in die ouderdom van 96 oorlede is."

Die verlofparadoks

Handré Brand Seminare en essays 2025-06-10

"Werknemers wat jaarliks betaalde verlof neem, kom dikwels voor die volgende dilemma te staan: Moet ek heeltemal afskakel, ontkoppel, voluit vakansie hou, vergeet van alle werksverpligtinge en die kantoordinamika, of het ek ’n moreel-etiese verantwoordelikheid om op hoogte te bly van die voortgaande werksaktiwiteite? Kan verdeelde aandag nie moontlik problematies wees nie?"

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Reflections" deur Jacobus Kloppers – proloog, variasies en epiloog op ’n Afrikaanse volksliedjie

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-06-06

Hierdie video-opname van ’n gespreksgeleentheid wat onlangs in die Naval Hill Planetarium in Bloemfontein plaasgevind het, is een van die gereelde Johann Rossouw-gespreksreeks-bydraes op LitNet. Die eietydse Afrikaanse komponis Jacobus Kloppers het kort ná die politieke oorgang ’n baie treffende, komplekse stuk vir soloklavier gekomponeer, genaamd "Reflections". Dit is in wese ’n musikale terugblik op die hoogte- en laagtepunte van die Afrikanergeskiedenis, met ’n uiteindelik hoop op versoening en herstel van historiese trauma. Hier is die volledige video.

A movie festival, visits to the USA, Afrikaner refugees and Donald Trump

David Willers Opinion 2025-05-30

"Americans are much more old-fashioned than the chattering classes overseas realise. They are enormously hospitable and charming, and very courteous to one another in real life. In general, almost everyone I spoke to seemed pretty calm about Trump, and hardly ever mentioned his name, preferring instead to talk about 'the president' if it came up at all, in the context of where they stood as Republicans or Democrats."

Afrikaans: ’n SWOT-ontleding

Eugene Brink Seminare en essays 2025-05-29

"Die eenvoudigste aanduider van Afrikaans se lewenskragtigheid is hoeveel Afrikaanssprekers daar steeds is. Hulle vorm ook, straks naas Engels, die mees diverse groep in die land: Meer as sewe miljoen moedertaalsprekers en daarnaas duisende mense wat die taal kan verstaan en praat is nie te versmaai nie."

"In die gront van die wint" – dagboekaantekeninge oor ses dae met die Boere van Patagonië

Willem Landman Seminare en essays 2025-05-23

"Is dít waarna ek al vir jare uitsien? Hierdie plek? ... Dit was die begin van ses dae by die Boere-gemeenskap van Patagonië – ’n droom wat ek al dekades koester, in die kiem gesmoor deur Covid in 2021 – gewapen met dekades se koerantuitknipsels en ander leesstof."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Trump en Ramaphosa

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-05-22

"Al wat ons ná gister wel kan sê, is dat die wêreld nou weet wat ons lankal weet: dat die ANC as regering misluk het; dat hier onaanvaarbare misdaad, haatpolitiek, armoede en bedreiging van eiendomsreg in Suid-Afrika is; en dat gewone Suid-Afrikaners gematigde mense is wat reeds saamwerk om ’n beter toekoms in ons geliefde land te skep."

Om Gertjie se beautiful woorde in Beaufort-Wes daar te laat

Anelia Heese Seminare en essays 2025-05-21

"Sy doelbewuste posisionering as randfiguur in die Afrikaanse industrie dien ons blykbaar nie en vir die ons-is-nie-almal-so-nie clan is dit moeilik om met ’n afwesige profeet tevrede te wees."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Onderhoud met Laurent Devèze oor die ontstaan en era van die Franse Instituut van Suid-Afrika 30 jaar gelede

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-04-30

Laurent Devèze, stigtingsdirekteur van die Institut français d’Afrique du Sud (Franse Instituut van Suid-Afrika) aan Johann Rossouw: "Al die groot vraagstukke van ons era, Johann, kom in jou land voor."

Top