Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: oor verdiepende samewerking in die Afrikaanse wêreld – gedagtes na aanleiding van Kaapse Forum se derde Hoeriekwaggo-beraad
2025-11-27"Daar kan sekerlik talle redes vir hierdie groeiende onderlinge begrip uitgewys word, waarvan onder meer die volgende: die moeite wat die Afrikaanse media doen om die wel en wee van alle Afrikaanstaliges te belig; die rol wat die kunste speel om onderlinge begrip en versoening aan te help; inisiatiewe vir bemagtiging onder bruin Afrikaanstaliges deur tradisioneel oorwegend wit instansies soos AfriForum, Solidariteit en die Dagbreek-trust; en die tallose gesprekke en inisiatiewe oor die afgelope twee dekades en meer onder die vaandel van die ATR en die Afrikaanse Taalmonument."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Trump, die Weste en "die res van die wêreld"
2025-11-24"Ons staan slegs aan die begin van die katastrofe. Ons nader ’n kantelpunt waarna die uiteindelike gevolge van die nederlaag sal ontvou."
Wat vier oom Daantjie daar?
2025-11-18"Maar, soos akademici uitwys, ’n monument vir ’n taal is iets ongewoons. Dis wêreldwyd ’n rariteit, ’n vreemde volstruis van ’n ding, om ’n taal in en deur beton, eerder as in boeke of operas, te vier." Hierdie toespraak is gelewer by die ATM se vyftigste verjaardagdinee.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Om vir eens iemand te wees – oor onlangse studenteprotes in die hartland
2025-11-14"Onlangse studenteprotes het verskillende vorme aan verskillende universiteite aangeneem, terwyl die protes aan Fort Hare-universiteit en die Universiteit van die Vrystaat stellig die meeste aandag getrek het weens die vlakke van geweld en saakbeskadiging – veral op die Alice-kampus van Fort Hare en die QwaQwa-kampus van die UV."
KI en die toekoms van literêre vertaling: hulpmiddel of bedreiging?
2025-11-14"KI kan sinne bou, maar dit verstaan nie stilte nie. Dit kan metafore oordra, maar nie melancholie nie."
Afrikaner, Afrikaan, Afrikaans
2025-11-14"Dit is geen geheim nie dat bruin mense die mees diverse en gemengde groep in die land is met wortels wat tot diep in Afrikanerbloedlyne strek – en dit kan nie ontken word nie. Ons het meer gemeen met die (wit) Afrikaner as wat ons van mekaar verskil. Ons deel dieselfde taal, dieselfde godsdiens, kultuur en tot ’n groot mate tradisies. Afgesien van hierdie feite en raakpunte, pas ons nie binne die definisie van wat of wie ’n Afrikaner is nie."
Die mediosfeer
2025-11-13Hierdie lesing is op Saterdag 26 Julie 2025 te Cradock/Nxuba gelewer tydens die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad. In sy bydrae som Bernard Odendaal ’n veel langer LitNet Akademies-artikel op wat in 2024 gepubliseer is.
Trump, die G20 en Suid-Afrika: enkele notas oor Suid-Afrika se afnemende buitelandse aansien
2025-11-10"Trump se harde opmerkings oor Suid-Afrika is dalk onwelkom, maar dit hou ons ’n ongemaklike waarheid voor: Die land se wêreldposisie is nie meer wat dit was nie."
Wanneer tegnologie in jou taal begin praat: Hoe Google se nuwe veeltalige KI-woordelys ’n stem gee aan Suid-Afrika se tale in die digitale era
2025-11-06"Vir Afrikaans, wat dikwels as ’n gevestigde maar ook gepolariseerde taal in die openbare sfeer beskou word, bied die KI-woordelys ’n unieke geleentheid om te wys dat Afrikaans nie net histories relevant is nie, maar ook toekomstig aanpasbaar. Dit bevestig dat Afrikaanssprekers nie bloot verbruikers van tegnologie is nie, maar medevormers van die digitale era."
Narratief-gebaseerde geneeskunde: enkele opmerkings
2025-11-03"Persoonlike narratiewe van pasiënte vorm ’n kernbelangrike deel van doeltreffende gesondheidsorg, hetsy of dit binne die spreekkamer as ’n intervensie gefasiliteer word, of buite die spreekkamer deur middel van ekspressiewe verhaalskrywing of dramatisering verkry word."
Atrium – Gedigte 1970–2025 deur Marlise Joubert (samesteller: Karen de Wet): ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2025-10-16"Joubert se veelsydigheid verkry gestalte deur haar lewenservaringe en wederswerwinge. Atrium kan as ’n klein ark beskou word wat gevul is met allerlei kleinode waarin haar verse bewaar word."
Vyfde Sas-simposium: Swart Afrikaanse letterkunde – ’n tradisie in wording
2025-10-16Die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium is 40 jaar gelede op die UWK-kampus aangebied. Hein Willemse verskaf die teks van sy openingstoespraak by die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium, wat op 10 en 11 Oktober by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind het.
Gedagtes oor rubriekmaak
2025-10-09"Dié stukkie geskiedenis word as inleiding gebruik vir hierdie vooraf-artikel oor ’n paneelgesprek oor 'Rubrieke, kommentaar [en] skryf oor gemeenskappe', wat komende Saterdag op die tweede dag van die 5de Swart Afrikaanse Skrywersimposium by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasvind."
Stres en orgaanoorplantings
2025-10-01"Die orgaanoorplantingsproses behels ’n kontinuum van verskeie opeenvolgende fases, elkeen kenmerkend van eiesoortige mediese, sielkundige, sosiale en ekonomiese uitdagings."
Die lang man met die bril: ’n fotolegkaart van 60 jaar gelede
2025-09-19"Ek het wyd en syd gesoek na die laaste stukkie van die fotolegkaart, maar tot op datum bly die lang man met die bril onbekend. Die soektog was egter in sigself ’n avontuur en het my op interessante ompaaie geneem na Breyten se wêreld in Parys in die vroeë 1960’s."
Naspers se 110 jaar – van pers tot Prosus
2025-09-10"Wat lê dus voor vir Naspers/Prosus wat op soveel terreine met woord en daad 'waarde' en 'betekenis' vir so ’n groot persentasie van die wêreldbevolking ontsluit? ... Dalk die gunstelingverwysing van Bekker, naamlik die Darwinistiese diktum van wie oorleef, nie die sterkste is nie, maar die soepelste? Die een wat by verandering kan aanpas?"
Rassisme in Suid-Afrika vra vir ’n multidimensionele benadering
2025-09-08"Wat wel duidelik is, is dat rassisme nie kleur ken nie. Aanvanklik was die kollig slegs op wit mense wat rassisties teenoor swart mense opgetree het, maar deesdae kom rassistiese insidente op alle vlakke van die Suid-Afrikaanse samelewing voor."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Vertaling van Emmanuel Todd oor Rusland as Europa se Rorschach
2025-09-02"Russofobie is gewis ’n patologie. Maar Rusland het bowenal ’n formidabele projeksietoets geword." Johann Rossouw vertaal die opstel "Rusland is Europa se Rorschach" deur Emmanuel Todd uit die Frans.
Merang deur Neil Cochrane en Alwyn Roux (redakteurs en samestellers): ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2025-09-01"Daar is groot toewyding van samestellerskant te bespeur wat hierdie unieke versameling die lig laat sien het. Die wydlopendheid van aanbod, die gehalte van gedigte, die nuwe stemme wat almal belofte toon wat geplaas word naas ouer stemme waarvan sommige hul belofte reeds vervul het, is indrukwekkend en implikasieryk."
VSA en Suid-Afrika: ’n huwelik wat skeefloop in ’n nuwe wêreldorde
2025-08-20"Kan die VSA nog as wêreldleier gesien word in ’n nuwe internasionale orde? Hoe moet Suid-Afrika sy plek in dié veranderende landskap vind met ’n ANC wat al hoe meer sy rug vir die Weste draai? En kan ’n onafhanklike Wes-Kaap dalk selfs ’n bondgenoot vir Washington word?"
