VANDEESWEEK se oes
2024-05-22"Van der Westhuizen se kritieklose ophemeling maak my net ongemaklik."
Intussen …
2024-05-07"Die reaksie op my vorige blog het my hard aan die werk aan ’n reaksie. Ek sal graag iets opstel wat resensente kan help. Intussen …"
Kan Afrikaanse resensente wel ’n volledig eerlike taksering van hul besprekings verduur?
2024-04-30"Ek het met die verloop van jare té dikwels gesien hoe resensente skugter raak om te resenseer nadat hulle op slordige denke en skryfwerk gewys is."
Om feesloos te lewe
2024-04-12"Die gevaar is dat die walms van kritiese wierook deur resensente en akademici ’n talmende stank van onbelangstelling verdoesel."
Nieuwe hoop
2024-02-21"Sal ek maar beken dat ek gesjarmeer is deur die vlaag boekresensies wat reeds vanjaar op Boeke24 verskyn het? Dat ek nieuwe hoop het vir almal met ’n carrière in die wêreld der lettere?"
Die vernielde gees
2024-01-24"Is ek nog ’n bietjie vaag? As jy nie diversiteit uitdra, transformasie bepleit en die ou gees name-n-shame nie, kan jy vergeet. Is dit nie wonderlik hoe sensuur sigself getransformeer het nie?"
Op hol met Nini Bennett-Moll se heerlike artikel op Versindaba
2023-12-01"Word skoliere nog genoegsaam op skool voorberei om nie net verstrooiingslektuur te lees nie, maar ook meer ingewikkelde, literêre romans en poësie? Wat is die situasie by universiteite? Wie is die volgende Louise Viljoen? Gaan Jean Meiring weer terugkeer? Is koerante en tydskrifte nog die teelaarde vir kreatiewe skryfwerk?"
Maak Staphorst hom skuldig aan ’n mate van die jolige jargoneske?
2023-10-26"Ek weet julle gaan nou almal dadelik die artikel lees, so ek gaan julle nie belas met my interpretasie of gebrek daaraan nie. Ek gaan dit net vir julle makliker maak met die opmerking dat niks in die wêreld der lettere verander het nie."
Une vie heureuse
2023-10-05"Ek het simpatie met Joan Hambidge wat só ’n verdoemende resensie moet verwerk. Miskien spoor dit haar aan om te bewys dat sy ’n verhaal kan vertel sodat ons aan elke woord sal hang."
In die keuse lê die kluts
2023-09-01"Ek kan nie verstaan hoekom kykNET nie self begin reekse maak uit Afrikaanse romans nie. Van Rensburg se Hans verdien meer as net een rolprent. En wat van ’n reeks oor Chris Karsten se Abel Lotz-stories? Of Marie Lotz se Alek Strauss-sage?"
Venter die taalsmid
2023-08-10"Ek’s terug van siekteverlof. Dis al wat julle hoef te weet. Lekker baie tyd gehad vir dink. En wat ek dink, is dat dit geweldig vervelend is om net oor resensies te skryf. Crito se visie is soveel groter, al druis dit heeltemal teen my nederige aard in om so iets te erken."
Die wenners van ’n aantal Crito-pryse word aangewys
2023-08-01Crito, LitNet se resensent van resensente, het weer ’n aantal wenners aangewys vir lesersindrukke gelewer van Februarie tot Junie 2023. Elke wenner sal R1 500 ontvang.
’n Gedenkwaardige resensie
2023-06-13"Johann Kriegler se resensie van Truth to power (Rapport Boeke) is sonder vrees van teenspraak die belangrikste boekresensie wat in baie jare in Suid-Afrika verskyn het, bestem om in die jare en dekades wat kom, in dieselfde asem as Eskom en De Ruyter genoem te word."
Simpatie en meelewing
2023-06-01"Dis nie nodig om taal met spiere in te span nie. Wel taal waarin ’n stil, intieme aanvaarding baie voelbaar is."
My liefste Wyk
2023-04-20"Wat dink jy, Wyk, het volgende gebeur? Nee, jy’s verkeerd. Niemand het die kwellings wat Oosthuizen geopper het, gebruik as snellers vir ’n intellektuele gesprek nie. Almal het die ad hominem-roete gevolg. Slaat plat die man wat durf waag om oor geloof na te dink. Weg met Julian Müller! Verbrysel sy skedel en byt hom aan die hakskeen."

