Die wenners van ’n aantal Crito-pryse word aangewys

  • 0

LitNet loof ’n maandelikse Crito-prys uit vir die beste lesersindruk wat op LitNet verskyn.

In maande waarin daar nie ’n goeie lesersindrukke geplaas word nie, sal daar nie ’n prys toegeken word nie.

’n Lesersindruk is nie ’n amptelike resensie nie, maar ’n leserreaksie wat uit eie beweging gratis aan LitNet gestuur word.

Crito, LitNet se resensent van resensente, het weer ’n aantal wenners aangewys vir werk gelewer van Februarie tot Junie 2023. Elke wenner sal R1 500 ontvang.

Februarie 2023

Irene Schoonwinkel is die wenner met haar deeglike resensie van The Cedarville shop and the wheelbarrow swap deur Bridget Krone.

Die volgende twee lesersindrukke verdien ook vermelding:

Maart 2023

Johan Schoeman is die wenner vir sy lesersindruk oor Time shelter deur Georgi Gospodinov.

Twee ander lesersindrukke verdien ook vermelding:

April 2023

Die aanbod was skraal in April, maar gelukkig het Barend van der Merwe ’n goeie stuk oor ’n moeilike boek geskryf. Hy is dus die wenner vir sy indruk van First people deur Andrew Smith.

Mei 2023

In Mei was daar ’n aantal knap bydraes.

Gunther Pakendorf is die wenner vir sy bespreking van die belewenisse van ’n latinis deur Jan Swanepoel.

Daar is twee ander lesersindrukke wat vermelding verdien:

Junie 2023

In Junie was daar sterk aanspraakmakers. Die wenner is Erentia Bedeker vir die wyse waarop sy Oktober deur Réney Warrington krities teen ’n breër agtergrond bespreek het.

Daar is drie ander lesersindrukke wat vermelding verdien:

 

Dankie aan almal wat lesersindrukke instuur, en geluk aan die wenners.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top