
Wordsworth in Somerset-Wes (Foto: Liné Loff)
Liewe boekvriende
Sukkel julle leeskring ook om jaarliks te sif deur die magdom boeke wat beskikbaar is, net om dan ’n paar op jul leeslys te hê wat teleurstel?
Benewens die feit dat resensies soms misleidend kan wees, verskil leeskringe ook. Ons wil baie graag hoor watter boeke julle hierdie jaar in die besonder geniet het en tot heerlike besprekings gelei het. Sal julle so gaaf wees om julle topdrieboeke se name en ’n kort opsomming met ons te deel sodat ons almal voordeel kan trek uit julle leeservaring?
Plaas asseblief julle voorstelle voor die einde van Oktober in die kommentaarblok onderaan hierdie artikel sodat leeskringe hul leeslyste vir 2025 betyds kan opstel.
Ons leeskring het die volgende drie boeke in die besonder geniet die afgelope jaar:
1. The diamond eye deur Kate Quinn
Historiese roman gebaseer op werklike gebeure in die Tweede Wêreldoorlog oor die eerste Russiese vroulike skerpskutter
2. The power of one deur Bryce Courtenay
Skitterende veelvlakkige boek oor die grootwordjare van ’n seun wat deur boks waardevolle lewenslesse leer; baie relevante temas word verweef
3. Heimwee deur Sophia Kapp
Roman wat strek oor geslagte oor vernedering, moederskap en keuses
Kortverhale: Die hart het sy redes deur Helena Gunther
Komies, pittig en baie goed geskryf
Soanet Booyens, Koster Leeskring