Leeskringe
Behoort jy aan ’n leeskring in Suid-Afrika?
Stuur jou leeskring-besonderhede, bydraes, foto’s van byeenkomste of boekbesprekings aan leeskring@litnet.co.za.
Kompoun deur Ronelda Kamfer: ’n leeskringbespreking
2022-05-19"Xavie het gelyk. In die taal van Kompoun het vroue wat stilweg ly, ’n stem gekry; ontwortelde mense het, deur die vertel van hul storie, ’n nuwe betekenis ontvang, en hul taalgebruik ’n vars erkenning. Met haar debuutroman het Ronelda Kamfer die Afrikaanse prosa verryk en verruim."
Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché – ‘n verhaal oor verhale
2022-02-09"Jaco Fouché se Aanspreeklikheid is ’n komplekse, diepsinnige, fassinerende boek – uiters geskik vir bespreking deur leeskringe. Die tema van aanspreeklikheid is besonder relevant vir ons tyd; dit betrek nie net die hoofkarakter nie, maar raak ook aan die plig van skrywers en die verantwoordelikheid van lesers."
Persverklaring: Kursus vir leeskringe
2021-10-21Die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands bied van 10 tot 12 November 2021 onder leiding van Louise Viljoen ’n kursus vir leeskringe aan met die oog daarop om hulle in staat te stel om Afrikaanse literatuur met insig te lees. Hier is nog inligting.
Kantaantekeninge oor Lien Botha se Vin
2021-08-18"Vin se verhaal is eenvoudig onvergeetlik; Botha se woorde is vlamme op water."
Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck: ’n leeskringbespreking
2021-06-29"Anoeschka von Meck het ’n hele wêreld in woorde geskep met Die heelal op my tong."
Mabel sou trots gewees het: ’n fotoberig van die 2021-byeenkoms van Pretoriase leeskringe
2021-06-15"Na 80 jaar bestaan daar 18 leeskringe in Pretoria en kuier ons steeds een maal per jaar saam met ’n bekende skrywer of twee. Soos op 15 Mei 2021 toe Erika Theron met Francois Smith gepraat het oor Die kleinste ramp denkbaar en Phyllis Green Irma Venter oor haar S-reeks uitgevra het."
Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden: ’n leeskringbespreking
2021-02-17"’n Biblioteek is ’n simbool van die kunste, in sonderheid van die literatuur, as argief van ’n tyd en ook van die tydlose. Iets van hierdie droom word inderdaad verwesenlik in Die biblioteek aan die einde van die wêreld, wat soveel deernis en begrip in die karakterisering vertoon; dis ’n roman wat die volle werklikheid betrek – littekens en liefde, misdaad en verset."
Literaal: Registreer hier vir ons internasionale boekklub
2020-09-28Literaal is ’n lit nuwe boekklub wat landsgrense oorsteek en wil brûe bou tussen lesers van Suid-Afrika, Nederland en België. Die eerste gesprek vind op 1 Oktober om 16:00 plaas op Zoom.
Ons erfenis: Internasionale boekklub soek naam
2020-09-21Lesers wat belangstel in letterkunde wat die grense oorspoel, of wat graag deur die blaaie van boeke wil reis, word genooi om te deel ’n boekklub wat geskep word om jonger lesers in Suid-Afrika bekend te stel aan Nederlandstalige boeke. Ons soek ook ’n naam vir dié klub.
Boekklubs, boeke lees en boeke praat ten tye van ’n pandemie
2020-08-14"Boekklub, leesgeselskap, leeskring. Daar is die tegniese verskille, ja, maar in die tyd van korona is daar een ooreenkoms ongeag: Ontmoet aanlyn of dan nie meer nie."
Die verevrou deur Jan van Tonder – ’n bespreking
2020-07-01"Die verevrou is ’n roman wat tegelyk ontstellend en ontroerend is."
Korona is erger na rook
2020-06-22"So hoor ons die ministers week na week sê. Maar hierdie pandemie-storie gaan net skramsweg oor rook. Dit het wel te doen met anagramme."
Leeskring = ouwêreldse "edutainment"
2020-06-09"Dis waarvan leeskringe aanmekaargesit is: boekwurms wat vriendskap vind in gedeelde boekvreugde en wat wil leer om hulle leesplesier uit te brei met nuwe skrywers, nuwe boeke, nuwe maniere van lees en verstaan."
Die Mabel Malherbe-leeskring is 80: Leeskring in die tyd van korona
2020-05-05"Die Mabel Malherbe-leeskring in Pretoria is vanjaar 80 jaar oud. As deel van die viering is ons besig om die geskiedenis van ons leeskring op te skryf." Lees Monica Hammes se eerste aflewering hier.
Sedgefield se leeskring loop ’n natuurpad
2019-12-04"Sedgefield Leeskring het behoorlik die natuurpad saam met Antoinette en oom Johannes geloop tydens Dianna Lombard se bespreking van Die lang man sonder skaduwee."
Montagu se leeskring: program 2019
2019-07-05Montagu se leeskring deel graag hul jaarprogram van 2019 met LitNet se lesers.
Stellenbosch Poësiekring met Lina Spies
2019-07-04Op 5 Augustus word 'n feesvergadering gehou waartydens Lina Spies die spreker sal wees met die tema "Vroue in die Afrikaanse poësie met klem op Kirsch en Rousseau".
Blou is nie ’n kleur nie : ’n leeskring se bespreking
2019-07-03Estelle Kruger het die jeugboek Blou is nie 'n kleur nie by haar leeskring bespreek.
2019: Gesamentlike byeenkoms van leeskringe in en om Pretoria
2019-03-13"Die jaarlikse byeenkoms op 16 Februarie was ’n regte vreugdefees met Bibi Slippers aan die woord en musiek deur Jannie du Toit en Susan Mouton."
The Miriam Tlali Reading and Book Club: an interview
2019-03-13On 16 March 2019 the Miriam Tlali Reading and Book Club will host a panel discussion under the theme “Literacy in indigenous languages as the foundation of community, economic, social and political development”. Menán van Heerden chats to Sindiswa Seakhoa about the book club, the legacy of Miriam Tlali and the importance of indigenous languages.