Voortvarend op die Narreskip

  • 3

Dis nie aldag dat ’n leeskring Ilse Salzwedel se Skrywers en boeke kan voorspring nie, maar dit het Jakaranda Leeskring te beurt geval toe Johan Myburgh op 8 Junie met ons oor sy nuwe bundel, Narreskip, gesels het. Alles danksy Eleine Roets se wakker optrede.

Foto’s verskaf deur Monica Hammes

’n Skrywer se droom wanneer ’n geesdriftige lesersgroep reeds die boek besit en die res dit sommer daar op die plek kan koop en laat teken.

Leonhard van der Linde van Protea Boekwinkel doen sake met Anitra Schultz en Ina van Schalkwyk.

Erika Theron deel ’n skrywersoomblik met Johan.

Cecilia Penzhorn het almal verwelkom en Monica Hammes het vrae gevra.

Daar is baie deur Johan en leeskringlede voorgelees.

Johan lees "Wildtuin" terwyl ons die Bosch-skildery Tuin der lusten (±1485; foto van Pixabay) op ons selfone bekyk. Madelief Mulder lees "Jagger reading room".

... en lekker gekuier

Gertina van Schalkwyk en Chris Cloete | Tiekie Cloete en Aggie Calitz-Jordaan van Plus 50

Esmé de Jager en Carina Barnard

Faure en Huma Louw saam met Sorien van Garderen

Alida Mennen en Rykie Meiring

  • 3

Kommentaar

  • Tiekie Cloete

    Aggie Calitz-Jordaan van Plus 50 is saam met my op die foto regs.

    Wat ’n sinvolle, insiggewende gesprek rondom Narreskip saam met Johan Myburg.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top