Mabel sou trots gewees het: ’n fotoberig van die 2021-byeenkoms van Pretoriase leeskringe

  • 15

Dit was dit veelal soos ’n kind wat die huis verlaat toe die Mabel Malherbe-leeskring in 1940 afgestig het van die Afrikaans-Hollandse Leesunie, ons heel eerste Afrikaanse leeskring wat in 1912 deur Mabel Malherbe gestig is. Die nuwe “dogtertak” is aangespoor om die doelstellings verder te dra en aangemaan om standaarde hoog te hou. ’n Jaarlikse samekoms om die familieband lewend te hou is ook in die vooruitsig gestel. Dit was die begin van die jaarlikse gesamentlike byeenkoms van Pretoriase leeskringe. Die eerste byeenkoms het plaasgevind in November 1941 en was gewy aan die skryfwerk van NP Van Wyk Louw. Anna Neethling-Pohl het voorgedra uit Die dieper reg, Die halwe kring en Alleenspraak.

Na 80 jaar bestaan daar 18 leeskringe in Pretoria en kuier ons steeds een maal per jaar saam met ’n bekende skrywer of twee. Soos op 15 Mei 2021 toe Erika Theron met Francois Smith gepraat het oor Die kleinste ramp denkbaar en Phyllis Green Irma Venter oor haar S-reeks uitgevra het. NB-Uitgewers het die sprekers en programme geborg.

Foto's deur Amanda Talma (gemerk AT), Johan Talma (JT) en Monica Hammes (gemerk MH)

Van links: Erika Theron, Francois Smith, Eben Pienaar (bemarkingsbestuurder van NB-Uitgewers), Johan Talma (koördineerder van die leeskringe in en om Pretoria), Irma Venter en Phyllis Green | AT

Die ouditorium van die NG Gemeente Lynnwoodrif het genoeg ruimte gebied vir almal om ver van mekaar te sit. | MH

’n Warm Covid-verwelkoming: Mariaan Ueckerman, Yvette Bezuidenhout, Therese Els en Karien Mostert staan gereed met handreiniger en die koorspistool. | AT

Die drie Covid-reëls gedemonstreer deur Therese Els, Sonja Mouton, Tiekie Cloete en Eleine Roets: Was jou hande, dra jou masker en hou jou afstand – onthou net 1,5 meter is langer as ’n vrou se arm. | JT/MH

Welkom by GLB21: Mimie de Vries, Santie Albertse, Thea Heckroodt, Johan Talma en Karin-Marié van Niekerk. | MH

Johan Talma was aan die spits van die reëlings. | MH

Loutjie Meyer en Gerda Kriek dra snoeppakkies en tafeldoeke aan. | MH

Die verversings was ook volgens Covid-protokol verpak. | AT

“Skrywers is in die eerste instansie lesers, soos jy self weet.” | AT

“Is elke roman nie maar ’n soort speurverhaal nie? ’n Soektog na ’n skurk, na ’n lyk, na die waarheid, na die verlede of na jouself?” | AT

Phylis het Irma só bekendgestel: Slim skrywer skep sinvolle scenario’s. | AT

“Ag, mens leen maar hier en daar. Ek het vandag hier ten minste twee name gesien wat dalk vorentoe in een van my boeke kan voorkom.” | AT

Dís wat ons verlede jaar gemis het: hierdie boekwurmkameraadskap. | JT

Fenna Klooster is dié soort leser by wie ’n uitgewer op sy knieë kan gaan: Op 92 behoort sy nog tot twee leeskringe en sal elke jaar ’n boek bespreek as die geleentheid hom voordoen. | MH

Daar was ook ’n gelukstrekking van boeke wat deur NB geskenk is. | Anneke Hanekom

Irma het boeke geteken. Martha Pretorius en Elmarie van der Walt is groot aanhangers. | MH

UPPERcase was die boekhandelaar van die dag. John King gee raad aan Connie Swart. | MH

Francois teken Nina Grundlingh se kopie van Die kleinste ramp denkbaar. | MH

Dit was ’n geleentheid vir nuwe vriendskap volgens Bossie du Plessis. | MH

Én om oudkollegas raak te loop: Estelle Nel en Hilda Kriel na jare by die UP. | MH

Lillibeth Moolman en Wilma Stone sou dit vir niks misgeloop het nie. | MH

Ria en Hendrik Verloren van Themaat | MH

Lina Skosana, Susan Landman en Alma Olivier

Dit was een van die laaste salige herfsdae, ideaal vir kuier in die son. | JT

Irma saam met Sugnet Kannemeyer en Anneke Hanekom | AT

Carol van der Walt, Lona Schoeman en Dionē Prinsloo | MH

Christa Loubser, Gerrie Jamneck en Brenda Loubser | MH

Jeanne van Zyl het die jongmense verteenwoordig. | AT

Wina Cameron en Irene Harms | MH

Martin en Linda Zöllner | MH

Freda de Bruine en Lena Kohler, Elize Schoeman, en Sannie Meiring | MH

Erika Theron en Gideon Kühn, en Narina du Plessis en Francois Smith | MH

  • 15

Kommentaar

  • Gina Malherbe

    Wat 'n kleurvolle feestelikheid om mekaar weer te sien!
    Baie dankie, Johan Talma en span!

  • Baie baie dankie vir die artikel oor die Leeskringe. Dit word regtig waardeer. Veral deur ons - die lede van Mabel Malherbe Leeskring.

  • Mariaan Ueckermann

    Baie aangename byeenkoms! Albei sprekers baie geniet. Die ontspanne kuier onder die bome het amper "normaal" gevoel.

  • Nina Grundlingh

    Dit was 'n voorreg om deel van die organisering van so 'n suksesvolle herfsoggend te kon wees.

  • Martha+Pretorius

    Dit was 'n wonderlike gedenkwaardige geleentheid met twee vaardige skrywers en twee kundige vraestellers. Gelukkig kon dit plaasvind voor die volgende stel Covid-beperkings ingetree het!

  • Nina Grundlingh

    Dankie aan Johan Talma vir haar uitstekende orgranisering van so 'n suksesvolle oggend.

  • In hierdie tyd van covid is daar 'n selfs groter behoefte aan lees en boeke. Al die verskeie groepe maak planne om maandelikse geleentheid wel te hê. Selfs Covid kan nie 'n leesgees en gemeenskap blus nie. Dankie vir die insiggewende byeenkoms.

  • Fransjohan+Pretorius

    Ek het 'n gróót bewondering vir hierdie leeskringe, en wat dit alles vir die lede beteken - duidelik salig sielsgenot.

  • Meinhard Peters

    Vrolik genoeg, boekvriende is spesiale vriende. Maar is dit dalk 'n verdwynende gewoonte, die lesery in tasbare papierprodukte? Die boek bly steeds 'n wonderlike en vriendelike formaat. Duursaam. Hanteerbaar. In die oog.

  • Monica Hammes

    Mens moet eintlik praat van leesvriendskap want deesdae lees die meeste van ons ook e-boeke, ons luister na boekvoorlesings en agterna kyk ons na films of toneelopvoerings wat op boeke gegrond is. En elkeen het sy plek.

    Daar is min dinge so verwelkomend soos rakke, stapels, tafels vol boeke in 'n vertrek wat jou sommer met die eerste oogoopslag herinner aan ure se leesplesier of jou uitnooi en verlei. En papierboeke kan aangegee word vir ander om daarin te deel.

    Maar o, daardie biblioteek met e-boeke op my kindle, tablet en foon is een van die wonders van die nuwe wêreld: oral en altyd beskikbaar, font en agtergrond aangepas vir my sig, woordeboek en ensiklopedie 'n klik ver, boeke wat nie in plaaslike boekwinkels beskikbaar is nie en soms lekker goedkoop, stoorplek vir die menigvuldige “samples” om my te herinner aan boeke wat ek nog wil lees.

    Boekvoorlesings is 'n strelende herinnering aan kleintyd toe iemand vir jou gelees het, jy hoef nie 'n hand onder die kombers uit te steek in die winter nie, en wanneer my oë selfs nie meer goed genoeg is vir e-boeke nie gaan dit 'n lewenslyn wees.

  • Ek kon deel in die geleentheid danksy 'n vriendin wat dit aangestuur het. Pretoria is vir my sinoniem met leeskringe en boeke, ek mis dit met heerlike herinneringe.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top