Leesvriendskap word elke jaar in die hoofstad gevier wanneer die 17 leeskringe in en om Pretoria saam kuier. Op 6 Mei het ons weer so gemaak en ondanks die ontydige Britse kroningsplegtigheid op dieselfde dag was daar ’n groot, lewendige gehoor – in ooreenstemming met die nuwe maatstaf vir Afrikaans-wees, 4X44.
Jan van Tonder het ons bekoor tydens sy gesprek met Phyllis Green oor Sagie se storie, die drieluik bestaande uit Is Sagie (1987), Is weer Sagie (2013) en Sagie is, wat pas verskyn het. Die Jakaranda Leeskring het die funksie gereël, met Cecilia Penzhorn aan die spits. NB Uitgewers het die sprekers geborg.
Van links: Phyllis Green, Monica Hammes (seremoniemeester), Cecilia Penzhorn en Jan van Tonder
In antwoord op die vraag of hy ’n afluisteraar is, het Jan vertel dat dit reeds in sy kinderdae begin het toe hy sy drie ouer susters en hulle vriendinne afgeluister het en sodoende beskik het oor kennis van meisies waarop sy vriende baie jaloers was.
“Vertel ons van jou skryfproses,” versoek ’n gehoorlid.
Sê Jan: “Soos gedagtes en idees by my opkom, word dit op stukkies notapapier geskryf, teen ’n prikbord vasgesteek, rondgeskuif tot die storie reg voel en dan so aanmekaar geplak. Dis dan my manuskrip. Daarvandaan word dit opgetik. Ek is self telkens verras deur die slot.”
Sannie Meiring bedank Eben Pienaar, bemarkingsbestuurder van NB Uitgewers.
Die Andante Ensemble onder leiding van Marina Mentz het ons vermaak met ’n program van stemmingsmusiek en vrolike Afrikaanse liedjies.
Na die tyd is daar heerlik saamgekuier en boeke gekoop.
Leonie van Rensburg, Isabel le Roux en Antonio Cantoni by Graffiti Boeke se opslaanboekwinkel, waar fluks sake gedoen is.
Jan is oorval deur aanhangers soos Mimie de Vries en Sterna Menge wat boeke wou laat teken en ’n gesprekkie aanknoop.
Dis altyd ’n heerlike geleentheid om met vriende en familie te kuier en nuwe boekwurms te leer ken.
Twee van Jan se susters, Marietjie le Roux en Magda van Tonder, saam met hulle kleinboet, die afluisteraar van hulle kindertyd.
Ilse Breed, Elsabé Venter, Marie Meintjes en Tiekie Cloete vier die goeie ou dae.
’n Soort familiebyeenkoms vir Gertina van Schalkwyk, Ilse-Marie Iding, Carina van der Wall en Celia Maré.
Miemie Matthee, Pops Vorster, Anne Schnell en Enna Steyn
Cecilia Penzhorn en Sunette Hugo
Phyllis Green, Lilla Fourie en Amanda Dombai
Corlia Reitmann en Riekie Burden
Esmé de Jager en Annemarie Wiese
Soos dit ’n Afrikaanse funksie betaam, is daar heerlik gekoek-en-tee met die lekkerste snoepgoed. Wonder of Charlene ? daaroor ook iets te sê gehad het.
Die tyd stap aan – dalk moet ons volgende keer wyn drink.
Johan Talma, koördineerder van die Pretoriase leeskringe, het die byeenkoms afgesluit en beloof dat ons volgende jaar weer so sal maak.
- Foto’s deur Amanda Talma, Tiekie Cloete, Marie Meintjes, Sterna Menge en Gina Malherbe
Kommentaar
'n Allerheerlikste boeke-geleentheid gewees!
Om Jan van Tonder self te hoor vertel vanwaar al sy stories kom en hoe sy manuskrip saamgestel word, was 'n belewenis!
Dit was 'n keurige, feestelike geleentheid.
Wat ‘n heerlike dag saam met leeskringvriendinne. Wonderlik dat soveel lesers Afrikaanse skrywers nog so ondersteun.
Een van die dae opgeteken in my dagboek .
Die dag was weereens 'n dag wat ek so bly is dat en van kleintyd al begin lees het.
Die dag was ook ekstra besonders om die skrywer in lewende lywe te ontmoet wat uitstekende leesgenot verskaf.
Dankie Jan.
Hoe mis ek Pretoria se leeskringe en byeenkomste .
Dankie Monica vir die aanstuur en geluk aan Jakaranda met die aanbieding
Só 'n eenmalige geleentheid kon niemand misloop nie!
Baie dankie Jakaranda leeskring!