Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Hart verloor

Willem de Swyger Poësie 2024-11-07

"as ek aan Stellenbosch dink
dink ek eerste aan wingerde
hier het ek twee keer my hart verloor"

Wildekooi

Heinrich Matthee Poësie 2024-11-07

"Wat wil jy in dié vlae van nagreën maak, 
die as weer aanlont binne my?
Die duin en wildegras sal oor jou waak."

Visserman

Zebulon Kochk Poësie 2024-10-31

"Jy was uit op die waters
op soek na ’n ligtoring"

Pablo Picasso: Guernica

Martli Slabber Poësie 2024-10-31

"Maria wat haar lot bekla
Vooruitblik op die Pietà
Slap hang die baba oor haar skoot
Die Vredevors, messias, dood."

Verplaas

Jeanne Henning Els Poësie 2024-10-31

"ek by
Huis Môreson
jou goedjies uitpak, 
dit bêre in
’n kassie
langs ’n enkelbed"

Eerste vryvalsprong

Heinrich Matthee Poësie 2024-10-31

"Die dag knal oop in blou en rooi
wanneer die skerm boontoe bol;
ek wenteldans die hemel in
en sirkel in ’n aardse tol."

Klasmaat

Janica Flink Poësie 2024-10-24

"In die klas het jy
langs my gesit 
even my hand vasgehou
wanneer ons bid."

Toorwerk op papier

Johan van der Merwe Poësie 2024-10-24

"wat jy weer opfrommel
saam met die papier
om dit asblik toe te stuur"

Sterflikheid

Jeanne Henning Els Poësie 2024-10-24

"in my kombuis
hou jy my by die
agterdeur dop"

Swart gat

Trisa Hugo Poësie 2024-10-17

"Met elke ikoon wat val
kom daar ’n haal by"

Soveel geluide in my kop

Johan van der Merwe Poësie 2024-10-17

"soveel geluide
wat die kamer
van my kop beset
besmet"

Hartsvanger

Zebulon Kochk Poësie 2024-10-17

"maar ek voel eintlik net die 
klou van jou skaduwee
soos die sterrehemel wegsmelt
oor my rigtinglose skip."

Beroof van sy onskuld

Jasmine Arnolds Poësie 2024-10-17

"Oorkant die kerk op die hoek van die straat,
staan die doodsengel.
En staar hom in sy oë."

Thanatos

Trisa Hugo Poësie 2024-10-10

"Eros, Hypnos en Thanatos vervleg in my kop
Waar begin die een en waar hou die ander op?"

Mamma

Jeanne Henning Els Poësie 2024-10-10

"en jou koekblikke
staan leeg
op my kombuiskas"

Die droogte in Niemandsland

Johan van der Merwe Poësie 2024-10-10

"dit bly droog
niemandsland treur
oor verwaandheid
van die mens"

Prooi van pyn

Michelle van Graan Poësie 2024-10-10

"op die altaar lê ek as prooi van pyn
Dood, slurp my eerder op"

Kwas-en-kleur-simfonie

Pieter Loots Poësie 2024-10-03

"soos deur kwas en kleur gespeel
miskien eendag
geklee in wit
hoor jy ook hul hemelkoor"

Woorde

Jeanne Henning Els Poësie 2024-10-03

"nou is die
kole net as"

See-psige

Zebulon Kochk Poësie 2024-10-03

"Ek het jou as gestrooi in die oseaan
sodat jy mag swem saam met vlindervisse"

Top