Gekrok

  • 0

Foto: Canva

Gekrok

“Wat is fout met jou broer?”
“Niks. Hoekom?”
“Lyk of daar ’n paar letters van sy ABC weg is.”
“Nee man. Al die letters is daar.”
“Hy is net effens gekrok.”

“Tant Let sê jou broer het net ’n harde klap van die windmeul weg.”
“Nee man. Sy wiel draai mooi.”
“Hy is net effens gekrok.”

“Jou suster se oë kyk weer noord en suid.”
“Nee man. My suster kyk mooi.”
“Sy is net effens gekrok.”

“Weet jy wat?”
“Wat?”
Die seuntjie kyk na sy poliobeen.
“Dis okay om gekrok te wees.”

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top