Die lewe duur voort

  • 0

Foto: Canva

Die lewe duur voort

Ek het jou hand vasgehou 
En dit het koud geword 
Hoe duur het suurstof jou gekos
Só duur hierdie lewe en so ook duur dit voort
Darem het jy oud geword. 
Hoeveel jare is oorgenoeg as jy nog baie jare oor het ? 
Jy los hulle hier agter vir my om te troos
Jou vrou sal vir my dankie sê 
En ek sal huis toe gaan 
broos

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top