Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Aan die oudste vriendskap innie wêreld
2026-06-11"Nie omdat ekkie oor jou wil skryf nie maar waa begin ’n mens met skryf oor ’n vriendskap
van oor duisende leeftye?"
’n Spietkop op puntdiens
2026-06-04"Sy dans op puntdiens is ’n plesier,
word afgewissel volgens gier.
En as sy bewegings soos karate lyk,
het hy waarskynlik kung fu gekyk."
Stof in my oë
2026-06-04"tussen die gerammel
wat my nooit gepla het nie
maar vanoggend
is hier ’n fout"
Hobie 16 Katamaran
2026-05-28"Gryp die tou! Lig die kop agteroor!
Laat jou hande gaan! En die wind is al wat jy hoor."
Die lap agter die toiletpot
2026-05-21"Sy staan eerste op
en gaan laaste slaap.
Sy vat die swaar
sodat haar kinders ligter kan leef."
Die twee laaste mondjies
2026-05-21"Ons het nie eers glase gebruik nie.
Ons het sommer uit die bottel gedrink.
Ek een sluk. Jy een sluk."
Tyd is kosbaar
2026-05-14"ons kom lê en met groot oë staar ons
swygend na die uurwerk se brose binnekant."
Sonnet vir die reën
2026-05-14"Die westerson se skilderwerk in rooi en geel
word met ’n raam van strepiesreën omring."
Tyd loop uit die vertrek uit
2026-05-14"Soos die verderf begin
in die liggaam,
begin die vergeet in gedagtes."
My klimraam is groot
2026-05-14"Ek wil nie blom waar ek geplant is nie maar,
ek sal nie vergeet waar God my kruisie op die kaart gemaak het nie."
